DE GRENDEL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
DISCOUNT AVAILABLE ON SELECTED MODELS
Bellville | Tel: (021) 949 -2900 www.earinstitute.co.za Woensdag, 21 Junie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
GESAMENTLIKE INISIATIEF: GOODWOODGEVANGENES HELP OM ‘IETS TERUG TE GEE’
Rolstoele vir armes CARINA ROUX
T
erwyl baie mense Sondagoggend Vadersdag gevier het, was ’n paar inwoners van die Goodwood-gevangenis in hul oranje oorpakke druk besig om 200 bokse op twee vragmotors te laai. Binne-in die bokse was rolstoele wat Maandag op die trein gelaai sou word – 150 bestem vir Limpopo, Mpumalanga en Noord-Wes, en die ander 50 vir Hanover in die Noord-Kaap. Dít is alles deel van ’n projek wat in 2013 begin is om rolstoele na behoeftiges te versprei – ’n vennootskapsinisiatief van die department van korrektiewe dienste (DKD) en die Hillsong Africa Foundation. Die rolstoele kom van die Free Wheelchair Mission (FWM) in Amerika, wat volgens hul webbladsy al bykans ’n miljoen rolstoele sedert 2001 na ontwikkelende lande versprei het. FWM verskeep die rolstoele kosteloos en maak dan gebruik van humanitêre, geloofsof regeringsorganisasies om dit plaaslik te versprei. Die rolstoele word ontwerp om maklik aanmekaargesit te kan word, en om kostedoeltreffend te wees met onderdele wat algemeen verkrygbaar is. Die koördineerder van die projek is James Ellis, ’n korrektiewe beampte by die Goodwood-gevangenis en ook lidmaat van die Hillsong-kerk. Ellis vertel die rolstoele is gemik op landelike gemeenskappe en behoeftiges wat nie andersins toegang tot ’n rolstoel het nie of soms met uiters gehawende stoele oor die weg moet kom. Dit kan ’n groot verskil maak aan iemand se bewegingsvryheid en ook die versorgers en familie van gestremdes se lewens vergemaklik, sê hy. Die vennootskap werk na twee kante toe, vertel Ellis. “Die rolstoele kom in afsonderlike bokse en moet aanmekaar gesit word voor dit oorhandig kan word aan ’n behoeftige. Dis hier waar die DKD inkom – ’n groep gevangenes sit die stoele aanmekaar en dis ook ’n manier vir hulle om te kan voel hulle gee iets aan die gemeenskap terug. “’n Paar van die gevangenes is opgelei om die stoele aanmekaar te kan sit en daar heers ’n goeie gees onder hulle terwyl hulle besig is daarmee,” sê Ellis. As hulle eers die fynere
James Ellis (DKD) en gevangenes Adam Marthinus (links) en Yaseem Essop is besig om ’n rolstoel ryvaardig te maak. Agter staan Ricardo Stevens. Nog foto’s op bladsy 8. FOTO: CARINA ROUX
kunsies onder die knie het, kan die manne binne sewe minute ’n stoel aanmekaarsit, volgens Ellis. Hyself of een van die DKD-beamptes gaan al die stoele na om seker te maak alles is in orde. Met TygerBurger se besoek Sondag was dit
duidelik dat die gevangenes die taak geniet en almal met wie gesels is, was positief oor die projek. Adam Marthinus het gesê dis lekker om te kan voel jy gee iets terug en dat dit mense soos hy, wat voorheen “slegte dinge” gedoen het, se gewete ’n bietjie sus.
Umar Smith, wat eers onlangs betrokke geraak het, maar nog vier jaar van sy vonnis moet uitdien, het gesê dis vir hom “’n voorreg om iets met deernis te kan doen en terug te kan gee aan die gemeenskap”. V Na bladsy 2.
20% DISCOUNT
ON RETAIL NOW (T’S & C’S APPLY)
BALAU DECKING
3m x 6m WENDY HOUSE
RAILWAY SLEEPER HORIZONTAL FURNITURE FENCING
Chat To Our Experienced Staff Who Will Gladly Assist With Your Project, Saving You Money And Helping You Get It Right The First Time
• STRUCTURAL TIMBER • WENDY HOUSES • BOARDS • POLES 15 Farad street Stikland, Bellville, ( NEXT to the
Garapa Gold 20 x 90
Freeway) TEL: 021 949 5555 •021 425 2555 • www.timbacore CELL: 081 598 0006 X1TMR7UH-AL210617