KRAAIFONTEIN
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
DISCOUNT AVAILABLE ON SELECTED MODELS
Bellville | Tel: (021) 949 -2900 www.earinstitute.co.za Woensdag, 21 Junie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Net die regte grootte vir my Onika McNabb (2) van Kraaifontein staan by die Fiat 500, wat die afgelope naweek by die CapeGatewinkelsentrum se Wieleskou die koppe laat draai het. Nog foto’s op bl. 4. FOTO: CARINA ROUX
HS SCOTTSDENE: MA GEBROKE NADAT STRYERY TOT TRAGEDIE LEI
Messteek eis seun SALETTE CLOETE
“H
ulle moet my kind kom begrawe.” Só sê ’n hartseer Maria Lucas van Wallacedene nadat haar seun, Neideolin (15), op Dinsdag 13 Junie by die Hoërskool Scottsdene in Kraaifontein doodgesteek is. Lucas was gebroke toe sy verlede Woensdag gepraat het oor haar seun wat dood is omdat hy moontlik vir sy vriende in die bresse getree het. Neideolin is verlede Dinsdagoggend dood
Convert Unwanted/Broken Jewellery into CASH
nadat hy deur ’n medeleerder in die nek gesteek is. Die stryery by die skool spruit vermoedelik uit ’n vorige voorval toe Neideolin ’n bakleiery tussen sy vriend en die ander leerder se vriend wou keer, sê Maria. In daardie voorval is haar seun glo in die arm gesteek. Lucas sê dié geskil van twee weke gelede buite die skool kon opgelos gewees het as sy opgetree het. “Ek het nie ’n saak gemaak of die skool laat weet nie. Miskien moes ek toe iets gedoen het,” sê sy.
GOLD
WE BUY Ÿ
Ÿ Ÿ Ÿ Ÿ
Unwanted/Broken Gold Jewellery SA Coins Diamonds Medals/Medallions Krugerrands
Shop 21, Fairbridge Mall Old Paarl Rd, Brackenfell
FIND US
Sy en Neideolin se pa, Deon Visagie, voel die skool moes Dinsdag, ten tye van haar seun se sterfte, “onmiddellik opgetree het en haar seun na die hospitaal geneem het, pleks daarvan om te wag vir die ambulans om op te daag”. Volgens Lucas het die ambulans glo ’n halfuur ná die voorval eers by die skool opgedaag, waar haar kind “op ’n koue vloer gelê en doodbloei het”. “Sy tong was blou en daar het bloed by sy mond uitgekom. Hy het gehuil en vir my gesê hy is lief vir my en sy pa,” het sy gesê.
Theresa Cupido, Lucas se skoonsuster, sê sy het self jare gelede ’n kind verloor en die ander party se ouers wou nie verantwoordelikheid aanvaar nie. “As ’n kind ’n moord pleeg, moet hy mos weggestuur word – na ’n plek soos Boys Town? “Maar hy [die vermeende aanvaller] kan aangaan met sy lewe, terwyl ons kind nooit die kans gaan kry nie.” Cupido en Lucas het gesê Neideolin was nie deel van ’n bende nie. V Na bladsy 2.
DIAMOND
˅
HERE
MON - FRI: 9am - 5pm, SAT: 9am - 14pm PUBLIC HOLIDAYS - 9am - 12pm CLOSED ON SUNDAYS
021 982 0280 HOW TO FIND US
Ÿ We are one of the Outside Shop’s at FAIRBRIDGE MALL. Ÿ Our Shop is next to the Entrance at the Food Court
Look on Our Website and Google Maps, for Detailed Directions Ÿ
Email: info@golddiamond.co.za www.golddiamond.co.za