KRAAIFONTEIN
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Ons groot voorraad produkte is nou nog verder uitgebrei met • Nokaste (camshafts) • Turbo-aanjaers
TROTSE DIENS
Woensdag, 5 Julie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
Taurusstraat 10, Brackenfell • Tel (021) 981 4501 www.gho.co.za • info@gho.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
ALTA DU TOIT: SEUN TOON GLO GEDRAGSPROBLEME
Skool wil hom nie meer hê
SALETTE CLOETE
’n
Seun met ’n leergestremdheid wil graag sy skoolloopbaan voltooi, maar sy skool en die WesKaapse onderwysdepartement (WKOD) sê hy is “skoolversadig” en nie verplig om skool te gaan nie. Kevin Liebenberg (16) van Bonnie Brae in Kraaifontein het by geboorte breinskade opgedoen. Hy is op negejarige ouderdom na ’n spesiale skool gestuur, maar sy ouers is teleurgesteld dat hy in die sewe jaar daar, nie eens “kon leer om sy naam te skryf nie”. “Hy raak einde vanjaar 17 en kan skaars sy naam skryf of lees,” sê sy ma, Petro Liebenberg. Petro sê Kevin is van ’n hoofstroomlaerskool oorgeplaas na die Alta du Toit-skool vir leergestremdes in Kuilsrivier. Kevin is sowat ’n maand gelede deur die hoof aangesê dat hy nie terug skool toe hoef te kom nie.
Hoef nie terug te kom “Die skoolbus het Kevin by die huis afgelaai en ek het ’n oproep van die skool gekry dat hy nie hoef terug te kom nie,” sê Petro. Sy sê sy weet ook nie waarna die skool verwys as hulle sê Kevin het gedragsprobleme nie. Kevin beweer die hoof het glo gesê hy is “te groot vir sy skoene”. Maar by die huis gee hy nie probleme nie. “Hy is ’n liewe kind, help altyd, groet en is nie onbeskof met my of sy pa nie.” Sy ma sê hulle het ten duurste betaal
om hom by die Alta du Toit-skool te plaas, maar dit voel nie of dit ’n verskil gemaak het nie. “Hy is nou sowat ’n maand by die huis, en ek het hom in hierdie tyd geleer om sy naam te skryf. Ons doen dit woordjie vir woordjie, dag vir dag.” Intussen is daar werk vir Kevin gesoek, maar hy wag nog om te hoor van iets, sê sy ma. Petro sê Kevin wil baie graag terug skool toe gaan sodat hy sy laaste fase by die skool kan voltooi.
Aangepaste kurrikulum Millicent Merton, ’n woordvoerder van die WKOD, sê leerders aan die Alta du Toit-skool volg ’n aangepaste kurrikulum wat aspekte soos funksionele werk, lees, geletterdheid en skryfwerk insluit. “Hierdie plan word kwartaalliks in die teenwoordigheid van die ouers aangepas. Die betrokke leerder het gedragsprobleme getoon. Sy ouers is gereeld oor sy gedrag ingelig,” sê Merton. Sy sê Kevin se ouers was ook by twee oueraande afwesig. “By ’n vergadering op 22 Maart met sy ouers is daar aan hulle verduidelik dat hy skoolversadig is.” Merton sê Kevin is ook nie meer skoolpligtig nie. Aan die einde van Mei is die Liebenbergs ingelig dat sy (Kevin) se gedrag glad nie verbeter het nie, sê Merton. Hierna is Kevin huis toe, en het nie daarna weer skool bygewoon nie, sê Merton.
Kevin Liebenberg wil graag sy laaste skoolfase voltooi.
FOTO: SALETTE CLOETE
EXPERIENCE VUMA FIBRE CONNECT TO WORLDCLASS OPEN ACCESS UNCAPPED FIBRE BROADBAND FROM AS LITTLE AS R396 PER MONTH*
WWW.VUMATEL.CO.ZA *Terms & Conditions Apply