BRACKENFELL
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Ons groot voorraad produkte is nou nog verder uitgebrei met • Nokaste (camshafts) • Turbo-aanjaers
TROTSE DIENS
Woensdag, 5 Julie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
Taurusstraat 10, Brackenfell • Tel (021) 981 4501 www.gho.co.za • info@gho.co.za
@TygerBurger
TygerBurger
Groot skenking vir Paarlskool Die Paarlskool vir neurale gestremdes in Brackenfell het verlede week 11 nuwe reke naars ontvang. Agter (van links) is Karel Bestbier, Ryan Uecker mann en Schalk Liebenberg. Voor is Marietha Robbertse (onderwyser) by Devaun Koopman, ’n leerder, wat een van die rekenaars uittoets. Berig op bl. 5.
AFGETREDENE LAAT LYNE GONS: VERFRAAI SYPAADJIE VAN 2,5 KM ALLEEN MET GRAAF
Gee dié man ’n Bells! DESIRÉE RORKE @dezzierorke
’n
Afgetredene van Brackenfell glo ware burgerskap lê daarin dat jy ophou kla en self iets omtrent die probleem
doen. Só het Willie Smit (64) die afgelope vier weke vingeralleen met graaf in die hand, die
sypaadjie van die Brackenfell-boulevard, een van die langste paaie in die noordelike voorstede van Kaapstad, verfraai. Hy het die gras sorgvuldig van die oorgroeide sypaadjie verwyder en ’n netjiese grasrandjie gespit. Sy werk het amper ’n maand gelede op die hoek van Brackenfellboulevard en Proteaweg begin en teen Vrydag het hy klaargemaak waar dit by Bottela-
rypad tot teenaan Kuilsrivier by die Saxdownpad aansluit – ’n hele 2,5 km van sypaadjie. Smit het ’n paar maande gelede afgetree uit sy bestuursposisie by Sanlam. Hy woon in Proteahoogte. “Terwyl ek en my vrou ’n ruk gelede saam met ons honde die pad gestap het, het ek opgelet hoe slordig die sypaadjie lyk,” sê hy. Hy het e-posse na die Stad Kaapstad ge-
stuur, maar later besluit om self die sypaadjies skoon te maak toe dit blyk dat sy klagtes op dowe ore val. “Ek gee ook glad nie om om dit te doen nie. Ek het nog die gesondheid en krag vir die werk,” lag hy. Sedert Willie die massiewe projek aangepak het, is TygerBurger oorval met oproepe en briewe van lede van die gemeenskap. V Na bladsy 2.
EXPERIENCE VUMA FIBRE CONNECT TO WORLDCLASS OPEN ACCESS UNCAPPED FIBRE BROADBAND FROM AS LITTLE AS R396 PER MONTH*
WWW.VUMATEL.CO.ZA *Terms & Conditions Apply