PAROW
WINNER BEST
FREE NEWSPAPER IN SA
Venice Incliner + latch - Fabric : Techno Nubuk
80 only
R2
999
Valid @ all branches until Sunday y 23 2 July 2017 - While stocks last
BELLVILLE - 021 944 3330 BE
Woensdag, 12 Julie 2017 | Tel: 021 910 6500 | epos: nuus@tygerburger.co.za
@TygerBurger
E&OE
TygerBurger
Model winners Parow Centre’s 8th annual kids’ fashion show took place on Saturday 8 July, with 12 junior and senior contestants competing for the top spots. The winners of the competition are from left Simoné Gordon (5) from Bishop Lavis (junior girls’ category), Oina Witbooi (9) from Kuils River (senior girls’ category), Chadley Pasha (11) from Matroosfontein (senior boys’ category) and Brooklyn Ismail (5) from Elsies River (junior boys’ category). PHOTO: HERSCHEL SOLOMON
VRCID: OPE UITNODIGING AAN GEMEENSKAP OM GEBIED TE VERBETER
‘Hou op kla en help’ AVRIL FILLIES
H
ou op kla en kom help om deel te wees van die veranderinge wat jy in Voortrekkerweg in Parow en Bellville wil
sien. Dít is die ope uitnodiging wat die Voortrekkerweg-verbeteringsdistrik (VRCID) rig aan almal wat kla oor die straatmense, misdaad en besoedeling wat in die sentrale sakedistrikte in albei dorpe voorkom. “Danksy die werk van die VRCID en ander organisasies in die gemeenskappe, word die
uitnodiging nou aan gemeenskapslede gerig om te help om die gebied te verbeter,” het Derek Bock, operasionele hoofbestuurder van die VRCID, gesê. Alle gemeenskapslede – hetsy werknemers van een van die talle sakeondernemings wat in die area geleë is, of inwoners wat Parow en Bellville hul tuiste noem – kan nou help met die verbeteringe. “Baie gemeenskapslede vra wat hulle kan doen om dinge te verbeter, en nou bied ons hulle die kans om te sê wat hulle verander wil sien.
N1 City Mall, Louwtjie Rothman St, N1 City, Cape Town
082 540 7767
“Een van die primêre redes waarom mense nie verdagte gedrag of misdaad in hul woonbuurte aanmeld nie, is omdat hulle nie weet wie om te bel nie. “Die VRCID het sy webtuiste opgeknap sodat daar 24 uur iemand aan diens is wanneer die noodnommer (072 792 7168) gebel word,” het Bock gesê. Hy het ook gesê dat slegs die polisie die misdadigers in die gebied kan arresteer, maar dat die VRCID hul vennoot is en kan help om die misdade aan te meld. “Met die oproepe na die noodnommer kan
ons die polisie ondersteun deur misdaadbedrywighede aan te meld en ook die adres aan die polisie deur te gee waar verdagte optredes voorkom. “Die polisie sal dan hul openbare veiligheidsbeamptes na die misdaadtonele kan stuur om die arrestasies te doen. Ek wil die publiek aanmoedig om die VRCID voortaan regstreeks te bel wanneer iets nie vir hulle reg in hul woonbuurt lyk nie. Hulle het dan nie meer die verskoning dat hulle nie weet wie om te bel nie,” het hy gesê. V Na bladsy 4.