TygerBurger Tyger Valley 20170614

Page 1

TYGER VALLEY

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

• Poles, Latte, Droppers • Decking, Balau etc. • Timbacore Fencing

• Wendy houses & Cabins • Railway sleeper furniture • Structural Timber etc.

Clai Cl aim m yo your ur

20% D IS CO

OUNT on re on reta tail, il, no now w T& C's Apply

15 Farad street Stikland, Bellville, (NEXT to the R300 Freeway) T: 021 949 5555 • C: 081 598 0006 • www.timbacore.co.za

X1TM8N2D-AL140617

Woensdag, 14 Junie 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

KASTEEL­BESOEK: UITSTAPPIE LOOP SKEEF

‘Tonnelvloed’ was amper noodlottig NIELEN DE KLERK @nielendk

’n

Kaapse ma het geweet dat as sy haar seuntjie se hand los, hy in die ondergrondse tonnels sou verdrink. “Dit was verskriklik. Ek het nie gedink ons sal uit die tonnels kom nie,” het Elizma de Jager vertel nadat sy en ’n groep vriende en hul kinders Saterdagoggend 10 Junie ’n vreesaanjaende fratsvloed oorleef het. “Jy is ondergronds vasgekeer met water wat om jou styg. En die mense spoel weg. En jy’s onder die grond en jy’t hierdie kindjie wat jy moet probeer red.” Elizma en haar sewejarige seun, Xander, het as deel van ’n maat se verjaarsdagvieringe ’n ondergrondse toer van die tonnels onder Kaapstad by die Kasteel de Goede Hoop onderneem. Die ses seuns – Xander, Janco Beukes, Jan-Willem van Schalkwyk, Janco van Rensburg, Ewald Louw en Nicolas van Wyk – is almal in graad 1 aan die Laerskool Eversdal. Hulle is vergesel deur ses ouers – Elizma en Jackie Beukes, Ewald en Alida van Schalkwyk, Du Pré Louw en Rona van Wyk. Almal woon in die Durbanville- en Bellville-areas. Ongeveer 13 ander mense, van wie die meeste toeriste was, het ook die toer meegemaak. Die tonnels dateer uit die sewen-

tiende eeu en is glo gebruik om water vanaf Tafelberg en omliggende areas aan die Kompanjie-tuine te verskaf. Volgens Elizma sou hulle as deel van hul toerpakket eers die kasteel besoek, maar toe dit begin reën, het hul toerleier gesê hulle gaan eerder eers die tonnels besoek. Die watervlak het egter gou al hoër gestyg en die stroom het al sterker geword. “In ’n stadium het die boodskap gekom dat ons moet terugdraai, maar die waterstroom was toe so sterk dat ’n mens skaars die persoon langs jou kon hoor.” Hulle het teruggedraai en die toerleiers het vooruit gehardloop. Elizma sê hulle was vreesbevange. “Die kinders het begin gil en die mense het paniekerig geraak.” Die ouers het die seuns opgetel en met hulle geloop, maar selfs dit het moeilik geword met die stroom wat teen hulle beur. Skielik het die stroom so sterk geword dat mense omgeval en meegesleur is. Elizma en Xander het oor ’n mede-ouer geval en het in die water beland, maar het weer opgekom. Sy het gesien hoe die ouer wegspoel en het geglo hulle gaan hulle dood tegemoet. Uiteindelik het iemand ’n mangat naby hulle oopgemaak en hulle is gered. V Na bladsy 2.

Elizma de Jager en haar seun, Xander.

@TygerBurger

TygerBurger


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.