TygerBurger Tyger Valley 20170920

Page 1

TYGER VALLEY

WINNER BEST

FREE NEWSPAPER IN SA

SEPTEMBER DISCOUNT AVAILABLE ON SELECTED MODELS

Bellville | Tel: (021) 949 -2900 www.earinstitute.co.za Woensdag, 20 September 2017 | Tel: 021 910 6500 | e­pos: nuus@tygerburger.co.za

@TygerBurger

TygerBurger

KENRIDGE­VEEARTS: DELIKATE OPERASIE OM EIERS TE VERWYDER

Slang onder die mes ESMÉ ERASMUS

@erasmusesme

D

aar is meer as net sekere hoenders wat ’n eier nie gelê kan kry nie. ’n Veearts van Kenridge moes onlangs opereer op ’n slang wat dié takie nie suksesvol kon verrig nie. Dr. Stephen Smith het op 31 Augustus op ’n vroulike boomslang van Bjorn Unger, eienaar van Reptile Garden by Stodels, geopereer om dié se eiers te verwyder. “Van die eiers het agtergebly; die eienaar kon die knoppies in die buik van die slang sien,” vertel Smith. “Ons het eers die boomslang se kop en nek in ’n deurskynende plastiekbuis gesit en haar lyf vasgehou, en toe narkosegas in die ander kant van die buis laat invloei totdat sy geslaap het. Toe het ons ’n buisie in haar lugpyp gesit, en haar opgekoppel aan die narkose-masjien. Ons moes twee lang snitte tussen die skubbe op haar sy maak om al die eiers uit te kry – daar was dertien! “Die weefsel is baie dun en delikaat – dit is moeilike chirurgie. Ek het die eierstokke uitgehaal sodat sy nie weer so sal sukkel nie. Ons het oplosbare steke gebruik om haar toe te werk, sodat ons nie die steke hoef uit te haal nie,” sê hy. Die verpleegsters, Debbie Conradie en Adre Pieterse, moes die narkose fyn dophou. Hulle moes ook namens die slang asemgehaal het deur middel van ’n lugsak op die narkosemasjien, omdat slange nie behoorlik onder narkose asemhaal nie. Dié kalant is maar versigtig hanteer en daar is spottenderwys ná die delikate operasie op die giftige slang op Tygerberg Animal Hospital se Facebook-blad gesê die pasiënt én dokter doen albei goed. Hierdie ongewone operasie was egter nie ’n eerste nie – hy doen gereeld soortgelyke operasies, sê Smith, wat al sedert 1998 ’n veearts by Tygerberg Animal Hospital is en reeds die afgelope 16 jaar by die Kenridgetak. “Ons het in Maart vanjaar lewendige babas uit ’n Gaboen-adder gehaal. Van hulle was albino’s – die eerste albino-Gaboen-adderbabas nog wêreldwyd. Dié slangsoort gee geboorte aan lewendige babas pleks daarvan om eiers te lê. Dit was die eerste keer dat ek

Die boomslang kry hier narkose. só ’n keisersnit gedoen het.” Sy span het ook onlangs ’n papegaai gehelp wat nie haar eier kon lê nie. “Ek het dit onder narkose uitgehaal. Ons het eenkeer ’n rubberspeelding uit ’n brulpadda gehaal. Ek het al op sjimpansees en

leeus geopereer. Ek het selfs op ’n paar visse geopereer!” Buiten operasies, behandel hy gereeld eksotiese troeteldiere soos hasies, rotte, marmotte, slange, verkleurmannetjies, apies – selfs eenkeer ’n tarantula met myte!

Baie van die diere behoort aan instansies soos Giraffe House en Reptile World, wat oor permitte beskik om hulle aan te hou. “Dis belangrik om te weet dat daar vir baie eksotiese diere wat as troeteldiere aangehou word, permitte benodig word,” waarsku hy.

Celebrate

Braai DAY with us

e re ar e a we w n o N n E o P N O OPE h th 5t 25 2 PT S T.. EP SE

Hot DEAL

Chicken Drumsticks

3499 p/kg

The Deal

BIG DEAL

Grabouw Boerewors

6599

A class

Steak Pack

8999 p/kg

p/kg

Braai PACK Tender Tasty Sirloin Chicken Leg 1/4 Albertinia Braaiwors

3500

p/pack

...braai

best buy

Bacon Twister

9999 p/kg

Prices valid at all Brito’s stores from 13 - 25th September 2017. While stocks last. E&OE. Brito’s Meat Centres Customer Information: Tel: 021 950 1000. Cilmor Street, Kaymor, Stikland, 7535. www.britos.co.za

Consist of: Loin Chops Shoulder Chops Rashers

Pork Braaipack

5899 p/kg


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.