Vista News 06-12-12

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

since

Restaurant

BOOK NOW

FOR YOUR ANNUAL CHRISTMAS LUNCH BUFFET

The Goldfields' Choice

Adults: R89,50 Children U10: R30,00 Children Under 3 Eat for free

2 Seatings: 11:00 & 13:30

Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304

Accommodation

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, DAGBREEK WELKOM

DONDERDAG 6 DESEMBER 2012

GRATIS

Topteater doodstil Herstelwerk ná brand sloer Joanie Bergh DIE verhoog van die Ernest Oppenheimerteater wat verlede jaar afgebrand het, is steeds beskadig en geen poging tot die herstel daarvan is sedertdien aangewend nie. Die verlate gebou, wat as een van die ses top-teaters in Suid-Afrika beskou is en kunstenaars van oor die wêreld heen hierheen gelok het, is nou net ’n stil, donker ouditorium waarin voëls vir hulle ’n tuiste gemaak het. Groot dele van die teater is nog onaangeraak ná waterskade en die elektrisiteitsvoorsiening op die verhoog, in die voorportaal en ouditorium is ontkoppel. Die brand wat skokgolwe deur die kunstewêreld gestuur het, het ontstaan tydens ’n vertoning deur die ontklee groep Odyssey International. In ’n dansnommer met vuur het die fluweelgordyne vlamgevat en het dit binne sekondes versprei. Volgens die teaterbeleid moet brandweerpersoneel met elke vertoning agter die verhoog wees, maar tydens dié spesifieke vertoning was niemand aan diens nie. Gerugte doen ook die ronde dat die brandgordyn nie in ’n werkende toestand was nie. Die teater se tegniese personeel het die hoofgordyn laat sak om die brand tot die

DULCIE HARRIS, teaterbestuurder, staan op die verhoog wat verlede jaar afgebrand het, Sy glo die herstelwerk sal binnekort begin. verhoog te beperk. Dulcie Harris, teaterbestuurder, sê onderhandelings tussen Matjhabengse prokureurs en die versekeringsmaatskappy sloer die afgelope jaar vir die moontlike uitbetaling van skadevergoeding. “Ons het gehoop die betrokkenes sou

vinniger skik, maar ek glo dit sal binne die volgende paar maande gebeur,” sê sy. Harris is sedert 1996 die teaterbestuurder. Sedert die brand het die teater miljoene rande in omset verloor en nadat die teater se geld in Junie opgedroog het, sê

Harris, het die munisipaliteit ingespring om agterstallige rekenings te betaal. Modise Mahlatsane, munisipale woordvoerder, sê die munisipaliteit is in die proses om die teater weer op peil te kry en sal probeer om vroeg volgende jaar met herstelwerk te begin en dit spoedig te voltooi. “Die brand was ’n groot verlies vir Welkom en sy mense,” sê Brian Emmenis. “Dit is hartseer om verby die gebou te ry en te weet dat niks ná ’n jaar gedoen is nie.” Brian se pa, Dennis, was van 1967 tot 1994 onder meer teaterbestuurder en hy het van kindsbeen af verskeie pop- en balletgroepe, operettes en musiekblyspele op die verhoog aanskou. “As een gloeilamp geblaas het, is dit onmiddellik vervang. Die teater was ’n sprokieswêreld van gloeilampe. Alles het gewerk, insluitend die brandgordyn.” Brian glo die teater is verniel deur die bestuur wat vroeër deur Sukovs aangestel is. “Harris het net die gemors geërf voordat die teater drasties agteruitgegaan het.” Die teater het van die beste akoestiek in Suid-Afrika gehad, sê hy. “Ek hoop om eendag weer in my gewone plek, M15 in die middel van die teater, te sit en ’n produksie in ons geliefde teater te kan sien. Ons kan net hoop dit gebeur.”

Seksoortreder kry swaarste vonnis nog DIE swaarste vonnis nog in uitbeeld, waarby ook diere betrokke is, Suid-Afrika vir kinderporis as deel van die hofstukke ingedien. nografie-oortredings (waar Charmaine Labuschagne, beheerslagoffers nie bekend is nie) aanklaer, sê die afhandeling van dié is in die hof vir seksuele missaak is vir haar ’n groot verligting. drywe in Welkom opgelê. “Dit was baie traumaties. Ek het elke André Botha, ’n pedofiel en dag wat ek aan die saak gewerk het, oudpolisieman, is deur landfisiek siek geword. Langer as ’n jaar dros Tiloshni Ramdeyal 45 het ek dié saak gelééf.” Sy het in haar jaar tronk toe gestuur, waarbetoog voor vonnisoplegging uit ’n van hy 15 jaar effektief sal aanhaling gesê dié misdrywe deur Bouitdien. Sy kon geen versag- ANDRÉ BOTHA, tha gepleeg, “is die hart van duisterpedofiel en oud­ nis. Die uitbeeldings is méér as skoktende faktore vind nie. Ramdeyal het voor vonnis- polisieman. kend en weersinwekkend. Dit maak oplegging besluit dat dit agter iets in jou dood.” geslote deure sal plaasvind, soos ook ’n Die maksimum vonnis op aanklagte van groot deel van die verhoor. Skokkende fo- vervaardiging, verspreiding en besit van kinto’s wat seksuele dade met naakte kinders derpornografie is in 2004 van vyf jaar tot 30

jaar verhoog. Die maksimum vonnis per enkele aanklag is nou tien jaar, wat dié oortredings van die ernstigste in Suid-Afrika maak. Die voorvalle het in Bloemfontein, Welkom, Johannesburg, Pretoria, Bronkhorstspruit en Durban plaasgevind. Die sake is in Welkom gesentraliseer sodat Labuschagne, wat bekend is om haar suksesse met dié soort sake, dit kan hanteer. Ná Botha se inhegtenisneming is honderde eksplisiete foto’s, video’s en gesprekke op sy selfoon, MXit, BBM en Skype-kletskamers gekry. Volgens bankstate het hy sommige maande tot R8 000 aan die aflaai van kinderpornografie bestee en hy het ’n kleuterskoolonderwyseres R1 000 per naakfoto van kinders aangebied.

Lindi Lush DJLindi 22 DEC

24 DEC

X-MAS PARTY 31 DEC

NEW YEARS

PARTY

MASCARADE

Lots of Specials @ the Bar

IGO

083 688 1189


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vista News 06-12-12 by VistaNews - Issuu