Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
since
NOW OPEN V-Slot Entertainment
The Goldfields' Choice
Wednesday - Chinese Buffet
Adults - R49-95 Sunday Buffet Children u/10 - R20.00
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
DONDERDAG 14 NOVEMBER 2013
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
Hartseertyd in Goudveld
Verskeie tragiese gebeure in enkele week tref inwoners diep Molly Green en Alet van der Walt DRIE moorde, ’n selfdood, asook ’n ernstige aanranding en twee tragiese ongelukke, het inwoners van die Goudveld die afgelope week geruk. Twee van die moorde is op Virginia gepleeg, terwyl twee vroue van Welkom in die hospitaal opgeneem is nadat hulle tydens ’n huisrooftog met messe gesteek is. ’n Moord en selfdood het ook verlede week tydens ’n voorval van gesinsgeweld in Rheederpark plaasgevind. Zandean Fourie (28) is Maandagoggend in ’n huislike onderonsie met ’n mes doodgesteek. Die polisie het op ’n noodoproep gereageer dat daar probleme by die huis was. Hulle het op Fourie se lyk afgekom. Fourie het op Virginia grootgeword en haar ouers, André en Charlotte Fourie, woon steeds op die dorp. Sy het as apteker by Clicks in die Goldfields Mall gewerk. Haar dogtertjie (2) was tydens die voorval by haar pa. ’n Vriend van Fourie het hom intussen aan die polisie oorgegee en sal vandag in die hof op Virginia verskyn. In Sandania, ’n woonbuurt van Welkom, is Alma de Bruin (56) en haar dogter Sumarie (29) Maandagoggend tydens ’n huisrooftog aangeval. Alma is by haar snoepwinkel, wat sy van haar huis bedryf, oorval. Toe Sumarie haar te hulp wou snel, is sy ook met ’n mes gesteek. ’n Buurvrou wat Sumarie hoor gil het, het
op haar fluitjie geblaas en só hulp ontbied. Munisipale werkers en ander inwoners het dadelik gereageer en die aanvaller is in hegtenis geneem. Alma het baie bloed verloor en word nog in die hospitaal behandel. Sumarie is reeds ontslaan, maar sy kan nog nie haar hande gebruik nie. ’n Vrou van Virginia, Mapeitsi Mpondo (69), is Maandag op ’n plaas naby dié dorp vermoor. Mpondo het op die L17-plaas gewoon en is deur twee jeugdiges in haar huis aangeval. Beamptes van korrektiewe dienste het die twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 19 jaar oud, in hegtenis geneem. Hulle verskyn vandag in die hof. ’n Familietwis ten aanskoue van drie jong kinders het daartoe gelei dat ’n man sy vrou in die agterkop geskiet en homself daarna om die lewe gebring het. Ismael Mseou (39) is op die toneel dood, terwyl sy vrou, Alina (36), in die Medicinic Bloemfontein behandel word. ’n Familielid sê haar toestand is ernstig, maar stabiel. Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê iemand het die polisie Woensdag omstreeks 20:35 gebel en gesê daar is probleme by ’n huis by Uysstraat 15, Rheederpark. ’n Goudveldse seun, Jandré van der Berg (21), is in ’n ongeluk in Bloemfontein oorlede, terwyl Adam Reynecke (46) tydens ’n valskermsprong by die Tempe-lughawe in Bloemfontein ernstige rugbeserings opgedoen het. ) Lees die berig oor Van der Berg op bl. 3 en dié oor Reynecke op bl. 5.
Alma de Bruin ontvang noodbehandeling nadat sy so met ’n mes gesteek is dat sy in die Bonganihospitaal opgeneem moes word.
Zandean Fourie, ’n boorling van Virginia en bekende apteker van Welkom, is Maandagog gend in ’n huishoudelike onderonsie met ’n mes doodgesteek. Foto’s: Verskaf
Valid from 7th November until 25th November 2013 or while stocks last.
Tastic Rice
Jik Assorted
15
Excella Cooking Oil
1x 10kg
1x 500g
KOO Baked Beans 410g
16
99
34
99
Per kg
MULTISAVE BRAAI WORS
24
99
Per kg
99
1x 2kg
1x 750g
1x 2lt
SPAGA BOEREWORS
19
99
BBQ BRAAI WORS
29
99
Per kg
13
99
1 x 700g
37
99
1 x 5lr
BRISKET
19
99
5
49
1 x 1,5 litre
STEWING BEEF
1x 400g
CHUCK
2
COME EARLY AS WE CLOSE @
SAVERITE BOEREWORS
36
99
Per kg
43
99
Per kg
39
BIRD CATCHES Y L TH R
OR M !
29
99
IGO
99
99
Per kg
083 688 1189
EW
48
Rama Margarine
EA
Crosse & Blackwell Mayonnaise 750g
White Star Maize Meal 10kg
Sunshine Orange Squash
All Gold Tomatoe Sauce
42
99
Per kg