Die Goudveld se keuse sedert
1971
since
The Goldfields' Choice Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
DONDERDAG 16 MEI 2013
Restaurant
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, DAGBREEK WELKOM
NOW OPEN V-Slot Entertainment
Wednesday - Chinese Buffet
Adults - R49-95 Sunday Buffet Children u/10 - R20.00 WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
Winkel in 15 min. beroof Refilwe Mochoari DIT het net 15 minute geduur om die lekkergoedwinkel Juicy Select in Constantiaweg te beroof. Drie gewapende mans het gister om 07:45 meer as R50 000, ’n swart Mazda Drifter-bakkie, drie trouringe, ’n Blackberry-selfoon, ’n sekuriteitskamera en ’n skootrekenaar by die winkel gesteel. Die drie werkers, Charlene Bam, Eileen-Rose Adams en Jaco Cilliers, wat in die winkel was toe die rooftog plaasgevind het, was steeds geskok toe Vista op die toneel aangekom het. Hulle sê die 15 minute wat die rowers in die winkel was, het soos drie dae gevoel. Bam sê sy het die deur vir die drie mans oopgemaak en het nie gedink dat hulle misdadigers is nie. “Hulle was ordentlike mans wat mooi klere aangehad het. Hulle het gemaak asof hulle lekkers wil koop. Hulle het so ’n bietjie rondgeloop en vir ons vrae oor ons pryse gevra. Maar skielik het hulle vuurwapens uitgehaal en ons op die vloer laat lê. Ons moes nie skree of vir hulle kyk nie. “Alles het baie vinnig gebeur, maar die enigste ding wat ek gedoen het, was om te bid. Ek het hard gebid, want ek weet hulle kon ons doodgeskiet het. Hulle het my kop met die skootrekenaar geslaan toe hulle die bakkie se sleutels wou hê. Ek is baie dankbaar dat al drie van ons nog lewe, al het hulle my bakkie ook gesteel,” het sy gesê. Adams sê sy kan nie glo dat sy nog lewe nie. “Hulle het vir Jaco gesê hy moet die kluis se sleutels vir hulle gee. ’n Vuurwapen is teen my kop gedruk en ek was baie bang hy gaan skiet. Een van hulle het vir ons gesê ons moet kalmeer en net doen wat hulle sê ons moet doen. “Alles was so vinnig en niemand
CHARLENE BAM (links) en EileenRose Adams is besig om ’n verkla ring aan die polisie te gee. Foto: Marti Will DIE polisie op die misdaadtoneel. in die ander winkels daar naby het iets gehoor nie. Dit was stil asof daar niks gebeur nie,” sê sy. Joan van Niekerk, eienaar van Juicy Select, sê sy is ook baie geskok oor die rooftog. “Ek kan dit nie glo nie, maar ek is dankbaar dat niemand beseer is nie,” het sy gesê. Van Niekerk is teleurgesteld dat die polisie eers ’n uur ná die roof-
Foto: Refilwe Mochoari
tog op die toneel aangekom het. “Ons het onmiddellik die polisie gebel, maar hulle het te lank geneem om hier te kom,” sê sy. Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder in Welkom, sê die polisie sal saam met Van Niekerk probeer uitvind watter polisienommer sy gebel het, asook hoekom dit so lank geduur het vir die polisie om op die toneel uit te kom.
SPONTAAN 2013 is hier – Lees meer op bl. 2.
IGO Valid from 16th May until 23rd May 2013 or while stocks last.
Amstel R10
083 688 1189
Double Wellington & Coke Double Moby Dick Rum & Coke Double Russian Bear Vodka & Coke Double Harriers Double First Watch each
R10
Double Richelieu & Coke R15 Brutal Fruit R12 Brutal Fruit Slush Puppy R11
8-12 Wed,Thurs,Fri
Shooters-Kandi,Sidekick,Kiss- R6/tot
128 Constantia Road Welkom 9460
Tel. 057 355 6250 Cell. 082 751 3694
newcrown@absamail.co.za
OF BUYING A NEW LOUNGE SUITE, DO NOT BE FOOLED INSTEADREFURBISH YOUR OLD ONE AT A FRACTION OF THE COST. BY FLY BY NIGHTS!!! Your UPHOLSTERERS IN THE FREE STATE COME SEE THE Kredietkaart Fasiliteite Beskikbaar op budget vir 6 maande en alle PROFESSIONALS!!! fleet en first auto kaarte ook welkom.