Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
since
NOW OPEN V-Slot Entertainment
The Goldfields' Choice
Wednesday - Chinese Buffet
Adults - R49-95 Sunday Buffet Children u/10 - R20.00
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
DONDERDAG 17 OKTOBER 2013
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
Span brand om te help Lugskoue nou veiliger danksy gespesialiseerde bestryders WELKOM huisves nou die hoofkantoor van Hazquip Air Show Firefighting. Dié hoogs gespesialiseerde span is toegerus om landwyd op onder meer lugskoue enige gebeurlikheid te kan hanteer. Hazquip Air Show Firefighting het reeds dié akkreditasie van die Suid-Afrikaanse lugskoubeheerliggaam ontvang. Dit is die geesteskind van Welkomiete Brian Emmenis van Capital Sounds en Jean Snyman, ’n sakeman met ’n voorliefde vir vliegtuie. Gebeure soos die vliegongeluk op die Secunda-lugskou verlede naweek is presies waarvoor die toegewyde span van Welkom hulle die afgelope paar maande voorberei het. Snyman sê die rede waarom hy die groot en uitgebreide brandbestrydingsoperasie van Welkom af bestuur, is dieselfde rede waarom Emmenis, ’n internasionale lugskoukommentator, van dié stad werk – dit is die mees sentrale plek in Suid-Afrika. Dié span, gedryf deur ’n passie vir vliegtuie, dissipline en professionaliteit, is nou slaggereed vir enige gebeurlikheid in Suid-Afrika. Volgens beplande wetgewing sal net hoogs opgeleide, goedgekeurde en geakkrediteerde brandbestryders en toerusting binnekort op lugskoue in Suid-Afrika gebruik mag word.
ontvang en verdere opleiding gaan volg. Hazquip beskik oor sewe van die bes toegeruste reddings- en brandbestrydingsvoertuie in Suid-Afrika. Van dié voertuie is brandweerwaens wat vroeër spesiaal vir lughawens gebou is. Snyman en sy span het hierdie voertuie bekom, heeltemal herbou en met die nuutste en beste tegnologie toegerus. Emmenis sê hy het die afgelope jare besef geen munisipaliteit in die land is opgewasse om gebeurlikhede op lugskoue te hanteer nie. “Ek het Jean genader en ons plan was aanvanklik om net op klein dorpe se lugskoue te konsentreer. “Stede het egter ook nie meer die nodige toerusting en kundigheid vir brandbestryding nie en ons moes uitbrei om die hele land te dek,” sê Emmenis. Emmenis sê met hom aan stuur van onder meer kommunikasie op alle lugskoue in Suid-Afrika en die gedugte span van Hazquip aan sy sy, is hulle nou reg vir aksie en slaggereed vir alles wat oor hul pad kan kom. Hazquip spesialiseer reeds in die professionele opruiming van olie en chemikalieë op ongelukstonele, spesialisskoonmaakdienste en die veilige wegdoen van en bestuur van afval.
DIE manne agter die eerste geakkrediteerde en volwaardige brandbestrydingspan van Welkom wat by SuidAfrikaanse lugskoue ingespan gaan word, is (in die middel van die foto) van links Jean Snyman (uitvoerende hoofbeampte van Hazquip), Brian Emmenis (Capital Sounds) en Jannie Scheepers (operasi onele direkteur van Hazquip). Die opgeleide brandbestryders is van links Reggie Mokoena, Johnny Khoali, Akani Mabunda en Tshepang Modisi. Foto: Tom de Wet Hazquip se brandbestryders en toerusting word deur Alan Kukard, bestuurder van oplei-
ding en standaarde van Indizalugvaartbestuur, as die heel beste beskryf.
Brandbestryders het streng opleiding by die Lugvaartbrandbestryding-akademie
Welkomswembad nou silwerskoon Molly Green DIE munisipale swembad in Welkom het ’n algehele gedaanteverwisseling ondergaan. Die water is feitlik skoon en die eerste gala – die Vrystaatse
proewe vir spesiale skole – sal môre daar kan plaasvind. Corlia Heyns van die Amariskool sê munisipale werkers het tot laatnag gewerk om die water van die swembad skoon te kry. Vista het verlede week op die
voorblad berig oor die swak toestand waarin die swembad verkeer het. Foto’s van die haglike toestand van die swembaddens en terrein is ook gepubliseer. Gister het nog net die rante en bodem van die
Valid from 17th October until 24th October 2013 or while stocks last.
D'Lite Oil 1,5Ltr
5899
4799
Lucky Star 400g
KOO Baked Beans 410g
7499 Big C 2Ltr
Crosse & Blackwell Mayonnaise 750g
Transem 2Ltr Milk
Econo Sugar 10kg
Starsave Cake Flour 10kg
White Star 10kg
Jiggies Corn Flakes 1kg
Cheese Curls 150g
derwaterklub sê lede van die klub kan nog nie in die swembad duik nie. Hulle maak tydelik van die geriewe van St. Dominic-kollege in Welkom gebruik. Dié klub het 41 lede.
IGO
083 688 1189
SATURDAY
26 OCT 1799 2299
1499 2199
Turkey
Olimpiesestandaardswembad aandag nodig gehad. Altesaam 98 swemmers van sewe spesiale skole in die Vrystaat neem môre aan die proewe in die swembad deel. Alida Calitz van die Welkom-on-
Brisket
Stewing Beef
SaveRite Boerewors
Sunlight Washing Powder 2kg
7
99
HALLOWEEN PARTY
Bananas
Lambons
Welkom
Jan Hofmeyr 206, Welkom, Tel: 057 355 6308
Fax : 057 3556627
Gareth @ 078 621 2389
5
99
12
99
5
99
24
99 /kg
42
99 /kg
39
99 /kg
34
99 /kg
36
99
3 /kg
99
New Agents:
*SALES *AFTER SALE CARE *SERVICE CENTRE *PARTS