Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
since
NOW OPEN V-Slot Entertainment
The Goldfields' Choice
Wednesday - Chinese Buffet
Adults - R49-95 Sunday Buffet Children u/10 - R20.00
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, DAGBREEK WELKOM
DONDERDAG 22 AUGUSTUS 2013
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
Skare sak op grond toe Merk onwettig erwe af om agter SUT en hospitaal te plak Redaksiespan GEMOEDERE loop hoog oor die onwettige plakkery van duisende mense agter die Bongani-hospitaal en die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) se Welkom-kampus. Vista is met oproepe van ontstoke inwoners oorval. Ontstelde inwoners het selfs by Vista se kantoor ingestorm. Die kantoor van die stadsbestuurder van Matjhabeng het onmiddellik gereageer en uitsettingsbevele is aan al die grondbesetters oorhandig. Kgojane Matutle, munisipale woordvoerder, sê die plakkers is ingelig daar is prosedures wat gevolg moet word wanneer om grond aansoek gedoen word. Hy sê die meeste plakkers het dadelik gereageer. Diegene wat nie gehoor gegee het nie, is gewaarsku dat teen hulle opgetree sal word. Teen druktyd (gister) het die regspan van die munisipaliteit nog ’n dringende hofbevel teen die besetters probeer kry. ’n Horde mense het verlede week met pikke en grawe na die terrein gestorm om elkeen een van die sowat 5 000 erwe af te baken. Van die inwoners het gesê as die regering nie vir hulle huise wil gee nie, sal hulle dit self bou. “Daarna sal ons op water, riolering en elektrisiteit aandring,” het van die plakkers gesê. Die nuwe “erwe” is deur ’n tydelike komitee uitgelê. Volgens van die plakkers het Maureen Madumise, ’n raadslid, aan hulle toestemming gegee om die nuwe informele onwettige nedersetting te begin. Modumise het dié aantyging afgelag. Die grondbesetters is almal van die informele woonbuurt Phahameng langs die begraafplaas noord van Thabong. Inwoners sê tot tien van hulle bly saam in tweevertrek-plakkershutte en moet daarvoor huur betaal. Hulle is werkloos en het nie ’n inkomste nie. Die plakkers sê: “Dit help nie om vir HOPhuise aansoek te doen nie. Jou naam bly vir ewig op die waglys en jy gaan dood van ouderdom voordat jy ’n huis kry. Dan is daar nog korrupsie ook betrokke. So ons bou self.” Die stuk grond reg agter die Bongani-hospitaal is vir ’n nuwe sportstadion en behuising bestem.
‘Jou naam bly vir ewig op die waglys en jy gaan dood van ouderdom voordat jy ’n huis kry.’ – Plakkers DUISENDE inwoners van Thabong het verlede Donderdag na ’n oop stuk grond aan die noordekant van Welkom gestroom om elkeen ’n nuwe erf te kry. ’n Boom is selfs in die grond gedruk waar die onwettige besetting plaasvind. Foto’s: Tom de Wet
KENNITH MOKHENA, wat aan ’n rolstoel gekluister is, is een van die duisende inwoners van Thabong wat vir hulle erwe vir ’n nuwe woonbuurt op munisipale grond in Welkom gaan afbaken het. By hom is van links van sy helpers en ander voornemende inwoners van dié stuk grond, Elias Linoko, Vincent Khoalibe en Perus Sekaya.
INWONERS van die woonbuurt Thabong steek hul kleims af met die onwettige besetting van grond vir ’n nuwe woonbuurt reg agter die Bonganihospitaal in Welkom. Links is Waltin Ditheko, ’n lid van die tydelike komitee wat die uitlegging van erwe ge doen het.
Darling Maas 2Ltr
Valid from 15th until 29th August 2013 or while stocks last. Super White Golden Cloud Maize Meal 10kg Cake Flour 10kg
Ellis Brown 1kg
De Castro Sugar 2kg
Fusion 1Ltr Assorted
Swiss Polony 1kg
Amalesco Chicken 1.8kg
1199 549
36
99
Darling 500g Yogurt
9
99
6499
2499 Pork 99
31
/kg
16 99 28 99
Turkey
KOO Baked Beans 410g
2599 599 /kg
ZZ2 Tomato Box
1999
1699
Excella Surf Washing Cooking Oil 2Ltr Powder 2kg
3699 3199
LAUNCH
Rotating Dance floor
SAT, 31 AUG
H S A B Y A BIRTHD IGO
e CD e r f a t e g nce to a h c a d n a St 083 688 1189
Nails 4 u
Training and Distribution of Quality products for professionals
Contact Rika at: 057-352 2911 082 976 4477