Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
since
NOW OPEN V-Slot Entertainment
The Goldfields' Choice
Wednesday - Chinese Buffet
Adults - R49-95 Sunday Buffet Children u/10 - R20.00
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
Bl. 60
DONDERDAG 29 AUGUSTUS 2013
Bl. 44
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, DAGBREEK WELKOM
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
Bl. 38
GRATIS
Bl. 22
Krake kan Liberty kelder Molly Green DIE Liberty-sentrum, eens die spog-sakesentrum in die stad, wankel. Talle pilare in die parkeerterrein is erg gekraak en op die oog af lyk dit asof die pilare nie versterk is nie. Die vloeroppervlak is gekraak en lasse in die beton trek oop. Die winkels op die boonste vlak kan deur sommige van die krake gesien word. Trevor Hattingh, ’n bekommerde sakeman, het talle foto’s aan Vista gestuur. Hy sê lasse in die beton trek oop. Hy sien ook geen versterking in die pilare nie. “Seker 90% van die binneste ry pilare, so tussen 30 en 40, trek oop. Daar lê ook stukke beton op die vloer soos dit afval.” Hattingh het die foto’s vir ’n vriend van hom gestuur wat ’n siviele ingenieur is. Die vriend sê struktuur-ingenieurs stel voor ’n strukturele ondersoek word gedoen. “Dit sê vir my die probleem moet dringend aandag kry.” Hattingh sê van die huurders het al telkemale by die bestuur van die Liberty oor die probleme in die sentrum gekla, maar niks word gedoen nie. “Ek hoop die versekering van die sentrum is agtermekaar. “Iemand moet iets doen. As hier ’n skudding kom, kan die gebou inmekaarval, soos in die jare sewentig met Tempesthof gebeur het.” Matthew Osterloh, besturende direkteur van die Centro Property Group, sê die krake in die gebou is by die versekeraars aangemeld. “ ’n Professionele span stel ondersoek in. “Ons weet daar was ’n aardskudding wat die krake veroorsaak het. Die krake word daagliks gemonitor en het nog nie versleg nie. “Ons is nie bewus van enige klagtes van huurders nie. Ons weet ook nie van iemand wat onveilig in die gebou voel nie.” Hy sê die oprigting van die Goldfields Mall in Stateway het ’n negatiewe invloed op ander inkopiesentrums in Welkom gehad. Dit sluit die Liberty-sentrum in.
’n KRAAK waardeur die sonlig buite gesien kan word.
’n KRAAK in die dak van die parkeerterrein waardeur die grondverdieping van die Li bertysentrum in Welkom gesien kan word.
EEN van die sowat 40 gekraakte pilare in die parkeerterrein van die Libertysentrum in Welkom. Foto’s: Trevor Hattingh Osterloh sê ’n nasionale supermark gaan in 2014 in die sentrum oopmaak. “Daar is ook ander huurders wat daarin belang stel om winkels in die sentrum te open,
mits die opening van die supermark ’n werklikheid word. “Die sentrum, asook aangrensende winkels, sal opgeknap word.”
NOG ’n kraak wat sorg wek.
LAUNCH
Rotating Dance floor
SAT, 31 AUG
Massive Savings See Page 21
DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum
Knockout Prices See Page 20 The "Perfect Pair" ...
Clearly, you can see the difference
VALUE FOR MONEY
LOOSE DIAMONDS AT AFFORDABLE PRICES
Carat Colour Clarity 0.30 SI1 I 0.41 SI1 L 0.64 SI1 M 0.95 I1 L 1.01 SI3 P
H S A B Y A BIRTHD IGO
free CD a t e g o t ance Stand a ch 083 688 1189
Normal Price
R 7 R 9 R16 R31 R33
070.00 118.00 051.00 239.00 104.00
Cash Price
R 6 R 7 R13 R26 R28
010.00 751.00 643.00 553.00 138.00