Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika
1
Restaurant
NOW OPEN
Come and enjoy our V-Slot entertainment Our famous Wednesday and Sunday Buffet as usual.
1971 - 2012
TEL (057) 357 1304
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, DAGBREEK WELKOM
DONDERDAG 4 OKTOBER 2012
GRATIS
Geniet die ruskans by die see DIE September skoolvakansie is vir baie Goudvelders die ideale tyd vir ’n kort wegbreekge leentheid na die see. Jeanine Schoombee, ’n oudleerling van die Hoërskool Rie beeckstad, en Nico le Botha is van die gelukkiges. Hulle is nou op Umhlanga Rocks. Foto: Jenaisher Naidoo
‘Nooddiens reik na gehalte’ ‘Maponya 911voertuie voldoen aan regulasies en vereistes’ Verslaggewer DIE Maponya 911-nooddienste streef gehaltediens na; sy mediese noodwerkers is deeglik opgelei en al sy voertuie voldoen aan regulasies en vereistes. Só sê me. Simphiwe Mahlaba, bestuurder van Maponya 911, in reaksie op die voorbladberig “Diens hou gevaar in; Toestand van voertuie wek kommer” wat op 28 Junie in Vista verskyn het. Oor die verskeie aantygings van swak diens in die berig sê Mahlaba geen klagtes hieroor
het Maponya 911 se hoofkantoor bereik nie. “Maponya 911 hou by die verkeersreëls,” sê sy. Van die aantygings in die berig was dat Maponya 911 skuldig is aan roekelose bestuur en nalatige hantering van pasiënte op ongelukstonele en dat sy ambulanse verkeerde lisensieskywe het. Sy skryf dit daaraan toe dat ander ambulansdienste nie gemaklik met Maponya 911 se mededinging is nie. Vista betreur onakkurate inligting in die berig en gee graag die feite soos nou deur Maponya 911 verskaf is.
Sy voertuie voldoen aan regulasies en ver eistes, sê Maponya 911. Foto: Verskaf
Vista teken verskoning aan dat Maponya 911 ná die aanvanklike berig nie genoeg tyd gegun is vir ’n behoorlike antwoord nie.
Mahlaba sê die ambulanse van die Maponya 911-nooddienste voldoen aan SABS-standaarde en word omgebou deur ’n betroubare maatskappy wat ambulans-ombouings vir ’n aantal nooddienste in die bedryf doen. Voorts kom Maponya 911 die snelheidsperk na. Slegs in die geval van noodsituasies ontstaan die behoefte om teen ’n hoë snelheid te reageer om lewens te red. Selfs dan mag die diens se ambulanse die snelheidsperk net oorskrei indien dit veilig is en met inagneming van ander padgebruikers. Mahlaba ontken ten sterkste dat Maponya ’n bedrag geld kry vir elke pasiënt wat hy hospitaal toe neem. “Dit is heeltemal onwaar. Klaarblyklik is die kwaadwillige bewering daarop gerig om ons beeld en geloofwaardigheid aan te tas. Maponya 911 eis regstreeks van die siekefonds vir bystand aan private pasiënte en van die regering en gekontrakteerde hospitale vir staatspasiënte.”
Sy sê ook al Maponya 911 se personeellede is deeglik opgelei op verskillende vlakke van noodsorg, dieselfde as hul bedryfskollegas. Die bevraagtekening van kwalifikasies is bedoel om twyfel oor hul maatskappy te saai. Al Maponya se voertuie voldoen aan padverkeersvereistes. Inspeksie is welkom. Sy ambulanse voldoen aan SABS-vereistes. Dis kwaadwillig om andersins te beweer. Die meeste van ons ambulanse is as paneelwaens aangekoop en volgens die standaardvereistes omgebou. Die ombouingsertifikate is beskikbaar om dit te bewys. Ons voertuie ondergaan ’n jaarlikse padwaardigheidstoets. Dit is ook kwaadwillig om te beweer dat Maponya 911 se draagbare onveilig is. Afval en spuitnaalde word ingevolge bedryfstandaarde gehanteer. Mahlaba sê die nooddiens het nie petroltenks by takke nie. Ambulanse gooi petrol by vulstasies in. Beskuldigings kan nie bevestig word dat hul noodligte aan is wanneer petrol ingegooi word nie. Maponya 911 is ’n trots Suid-Afrikaanse mediese nooddiens met 100% swart eienaars en bestuur. Dit is ’n nasionale maatskappy met 131 werknemers (en nie 50 soos berig is nie). . Voorheen is verkeerdelik na Mahlaba as “hy” verwys.
SIGNAGE GLASS
083 688 1189
DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum
The "Perfect Pair" ...
Clearly, you can see the difference
VALUE FOR MONEY
LOOSE DIAMONDS AT AFFORDABLE PRICES
Carat
0.32 0.53 0.61 0.62 0.91
Colour
L L O J M
Clarity
VS1 SI1 VVS2 VS2 SI1
IGO
Normal Price
R 6 450.00 R14 977.00 R15 686.00 R14 699.00 R30 550.00
Cash Price
R 5 482.00 R12 731.00 R13 333.00 R12 494.00 R25 561.00