Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
NOW OPEN
since
Come and enjoy our V-Slot entertainment
The Goldfields' Choice
Our famous Wednesday and Sunday Buffet as usual.
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, DAGBREEK WELKOM
DONDERDAG 8 NOVEMBER 2012
GRATIS
Bronville nou ‘Drugville’
Koop dit soos melk op die hoek Joanie Bergh
DIE hewige dwelmprobleem in Bronville neem toe en hoewel die meerderheid dwelms hier deur verbruikers gekoop word, word Welkom en die omliggende gebiede ook bestempel as gebiede waar dwelms volop is. Só sê die polisiewoordvoerder van die Thabong-groep, Malebo Khosana. In die ondersoek het Vista vertroulik verneem leerlinge in Welkomse skole ruil dwelms onder mekaar uit en, in ’n uitsonderlike geval, het die onderwyser dit glo saam met hulle gebruik. Mense van alle ouderdomme en rasse raak verstrengel in die gebruik van dwelms terwyl naasbestaandes in die meeste gevalle niks vermoed nie. Kinders so jonk soos sewe jaar oud begin eksperimenteer met verskeie middels wat vrylik beskikbaar is. “Bronville is vrot van die dwelms,” sê ’n 28-jarige verslaafde. “Mense weet nie wat hier gebeur nie. Dit is meer Drugville as Bronville,” sê hy terwyl hy fyngemaakte mandrax in ’n pakkie dagga gooi. “Al dié goed leer jy al op laerskool doen. En dit is ’n duur tydverdryf die,” sê hy. Vir ’n halwe pil rocks betaal jy R50 en R30 vir ’n halwe teelepel mandrax. Hy druk die pakkie dagga in sy pyp, die kop van ’n ou drankbottel wat afgebreek is, steek dit aan die brand en rook dit. “Ek wil dit los,” sê hy met rooi, tranerige oë soos wat hy die rook uitblaas. “Maar dit het ’n houvas op my.” Die smaak van die sterk nikotien in sy mond is ondraaglik en hy spoeg kort-kort op die grond. Later sit sy vriend ’n stukkie rocks in ’n pypie en hulle stry onder mekaar wie die eerste walms gaan inasem. “Die goed vat al jou drome weg. Oor vyf jaar is ek óf in die tronk,
DAGGA is goedkoop genoeg om elke dag te rook. Foto: Joanie Bergh
MANDRAX word met dagga ge meng om dit sterker te maak.
ROCKS, skaars so groot soos ’n vingernael, kos R50. óf in die grond.” sê hy. Die vriende, hoog op hul fix vir die dag, huiwer nie om te sê tot watter uiterstes hulle al gegaan het om geld in die hande te kry nie. “Ons breek by huise en karre in en steel mense op straat se beursies. Ag, ons steel sommer enigiets en gaan verkoop dit vir geld op die skrootwerf.” Hulle sê hulle het nog nooit iemand vir geld doodgemaak nie, maar hulle sal maklik bereid wees om dit te doen. “Dit hang af hoeveel geld die persoon het, want as jy geld het, dink jy nie aan kos nie, jy dink net hoe vinnig jy drugs in die hande kan
kry.” Volgens hulle word die dwelmmiddels van Johannesburg gebring en in Bronville verkoop. Ouers van die gemeenskap het al verskeie komitees gestig om die nimmereindigende probleem te striem, maar sonder enige daadwerklike sukses. “Byna elke straat in Bronville het ’n huis wat dwelms verkoop. Soos wat jy melk by ’n winkel sal koop, so stap jy net in en koop dit wat jy soek,” sê ’n ma wie se drie kinders aan onder meer mandrax, dagga en rocks verslaaf is. Die meeste van die gebied se huise is vervalle, maar dié spesifieke
‘Mense weet nie wat hier gebeur nie. Dit is meer Drugville as Bron ville.’
REFRESHHHH 2LTR
DIE kop van ’n gebreekte bottel word as ’n pyp gebruik. huise waar verskeie dwelmtransaksies daagliks aangegaan word, is netjiese, nuutgeverfde huise wat uitstaan tussen die ander. Die huise het spesifiek ingerigte vertrekke vir verslaafdes om hul drange daagliks te bevredig. “Die Panic Room is ’n vertrek waar mense saamsit en rook en lyne snuif. Ek moes al my kind self daar gaan uithaal,” sê sy. “Dit is hartverskeurend.” Die ma, wat self ’n pensioentrekker is, weier haar seuns gereeld geld net om later te sien hoe haar meubels stuk-stuk verdwyn.
R8,49
TRANSEM FRESH MILK 2LTR
R14,99
Ria Horn van Sanra meen dwelmmisbruik vat pos veral onder skoolkinders en deesdae veral die middel tik. “Hulle begin met sigarette, dan soek hulle iets sterkers soos dagga en gaan dan oor na jou ‘harder’ middels,” sê sy. Gerugte doen die ronde dat polisielede self ook deel van verskeie dwelmtransaksies is. Khosana sê hulle is ten volle bewus van die Panic Room en sy bedrywighede en dat die saak ondersoek word. Hy doen ’n beroep op die gemeenskap om met enige inligting van die huise en die handelaars na vore te kom.
Saturday 24 November
V
one B ag
oy
FARMSTYLE BOEREWORS /KG
R39,99
Bon Voyage to our Boat Trip Cruisers!
SELECT RICE 2KG
R13,99
STARSAVE CAKE FLOUR 10KG
R55,99
RONDO 500G
R6,99
VALID FROM 8 NOVEMBER UNTIL 22 NOVEMBER 2012.
IGO
083 688 1189