Vistanews 20151001

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

Restaurant

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT Accommodation DAGBREEK WELKOM

Wednesday Dinner – Chinese/Italian Buffet

since

Adults –

The Goldfields' Choice

R49.95 Children – u/10 R20.00

Sunday Lunch Full Buffet Adults –

Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika

R49.95 Children – u/10 R20.00

Pizza Special (Only Monday-Friday)- Medium

R39.95 X1QLNT59-VI011015

TEL (057) 357 1304

DONDERDAG 1 OKTOBER 2015

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

DIE kruising waar die ongeluk gebeur het. Op die voorgrond is stukkies van die motorfiets waarop Thysma Carstens gery het. Op die agtergrond is die stopteken wat die motorbestuurder verontagsaam het. INLAS: Thysma Carstens (23). Foto’s: Marti Will

GRATIS

FAMILIE en vriende het ’n gedenkteken opgerig by die plek waar Thysma Carstens (23) verongeluk het.

Kruising eis jong man Daadwerklike optrede gevra vir gevaarlike situasie Marti Will ONSTOKE inwoners eis dat iets daadwerkliks gedoen word aan die situasie by die lewensgevaarlike kruising by die Mediclinic Welkom, waar Meulenstraat met Lateganstraat kruis, nadat ’n jong man in die jongste botsing hier dood is. Thysma Carstens jr. (23) is verlede week op Erfenisdag (24/09) dood nadat hy omstreeks 17:00 op sy motorfiets in ’n ongeluk by dié kruising betrokke was. Volgens inwoners was dit een van ’n reeks ongelukke wat kort-kort by dié kruising gebeur.

’n Verkeersman, wat anoniem wil bly, het aan Vista bevestig dat dié kruising een van die vier gevaarlikste kruisings in die stad is. Hy sê die ander drie is by Volks- en Arraratweg, Tempestweg en Pretoriusstraat, asook die kruising by Muizen- en Meulenstraat. By al vier die kruisings gebeur daar bykans elke tweede dag ernstige ongelukke, sê hy. “Die stadsingenieurs moet oplossings soek vir dié lewensgevaarlike kruisings. Remediërende aksie soos spoedwalle óf ’n vierrigting-stop moet ondersoek word,” het een ontstelde inwoner na dié ongeluk gesê. Carstens jr. was op sy motorfiets in

Lateganstraat onderweg. Hy het in ’n suidoostelike rigting gery toe ’n voertuig die stopteken by die hospitaal verontagsaam het. Carstens jr. was op pad na ’n vleisbraai-geselligheid. “Die motor het reg voor hom ingery. Hy het nie kans gehad om die ongeluk te vermy nie,” sê sy pa, Thysma Carstens sr. Volgens inwoners het hulle glad nie remme gehoor nie, net ’n harde slag. Carstens jr. is op die toneel gestabiliseer voordat hy hospitaal toe gebring is. “Sy toestand was kritiek. Hy is toe na Bloemfontein vervoer vir ’n breinskandering. “Hy is 10 km voor Bloemfontein aan ’n

hartaanval oorlede,” sê sy pa. Die Welkomse polisie het bevestig dat hulle ’n klag van strafbare manslag ondersoek. Carstens sr. het aan Vista bevestig dat hy daarop aangedring het dat die bestuurder van die ander motor van die toneel weggeneem word vir bloedtoetse. Sy seun was ’n oudleerling van die Welkom-Gimnasium. Carstens jr. word benewens sy pa ook deur sy ma, Sandra Lin, en sy twee broers, Em-L en Tian, oorleef. ) Carstens jr. word môre (02/10) om 11:00 uit die Lewende Water-bedieninge in Milnerweg, Welkom, begrawe.

/ PROMOTION VALID FROM 1 OCTOBER UNTIL 7 OCTOBER 2015

GOLDEN ORANGE

OPENING SOON 21 BOK STREET

X1QLR5LW-VI011015

X1QLE93R-VI011015


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanews 20151001 by VistaNews - Issuu