Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT Accommodation DAGBREEK WELKOM
Wednesday Dinner – Chinese/Italian Buffet
since
Adults –
The Goldfields' Choice
R49.95 Children – u/10 R20.00
Sunday Lunch Full Buffet Adults –
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika
R49.95 Children – u/10 R20.00
Pizza Special (Only Monday-Friday)- Medium
R39.95
X1QQ4RYM-VI291015
TEL (057) 357 1304
DONDERDAG 29 OKTOBER 2015
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
Duimspyker eis seun
Veroorsaak bloeding in long drie jaar nadat hy dit ingesluk het Molly Green
MEER as drie jaar nadat ’n tiener per ongeluk ’n duimspyker ingesluk het, het die spyker bloeding in sy long veroorsaak. Sy long is erg beskadig en dit het hom sy lewe gekos. Willem van Wyk (16), ’n leerling van die Goudveld-Hoërskool in Welkom, was in 2012 op ’n veldkamp by Sandra in Mpumalanga. Hy het die duimpyker in sy mond gehad. Toe ’n meisie hom met ’n bal gooi, het hy dit per ongeluk ingesluk. “Hy het ons niks daarvan gesê nie. Hy het blykbaar gedink die spyker sal vanself sy pad uit sy liggaam vind,” sê sy hartseer ma, Bettie Cordier (33). In Maart vanjaar het Willem siek geword. “Dit het gelyk of hy doodgaan. Ons het hom na die Bongani-hospitaal toe gevat waar x-strale geneem is.” ’n Vreemde voorwerp is in sy regterlong opgemerk. Willem het toe eers vir sy ma van die duimspyker wat hy ingesluk het, vertel. Bettie sê ’n dokter het probeer om die duimspyker met behulp van ’n kamera in die waakeenheid uit te haal. Dit was reeds in sy long vasgegroei. In die teater is weer probeer om die duimspyker uit te kry, maar die operasie was nie ’n sukses nie. Hy was sewe uur in die teater. Op 2 April vanjaar is die seun na die Universitas-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas. Weer is probeer om die duimspyker uit te haal, maar sonder sukses. “Ek was die hele tyd by hom in die hospitaal. Ek het in die wagkamer geslaap. “Snags het hy opgestaan om te kyk of ek nog reg is. “Hy was so ’n liefdevolle kind. Altyd besorg oor almal.” Een van die dokters het gesê die duimspyker het aan die long vasgegroei. “Hy sal oud en grys word met die spyker in sy long. Die staat het nie geld vir so ’n duur operasie nie,” sê sy ma. Op 7 April is hy huis toe gestuur. Hy was op sterk antibiotika en is weer skool toe. Op 13 Augustus was hy grieperig. “Hy het skool ge-love. Hy het dikwels gesê: ‘Mamma dis die lekkerste skool waar ek nog was’.” Op 15 Augustus het hy in sy kamer gesit. Hy was baie stil.
WYLE Willem van Wyk, wat dood is nadat hy drie jaar gelede ’n duimspyker ingesluk het.
Foto: Verskaf
DIE duimspyker wat Willem drie jaar gelede ingesluk het.
WILLEM se ouma Shirley Janse van Rensburg en sy ma, Bettie Cordier, hou Willem se kat, Peanut, vas. Hy was baie lief vir diere. Foto: Molly Green
“Die aand het hy geskreeu: ‘Mamma, iets is fout!’ “Ek het opgespring. Hy het daar met ’n handvol bloed gestaan. Toe hy hoes, het die bloed uitgestroom. “Ek het dadelik geweet dit is die duimspyker.” Terwyl die gesin met Willem hospitaal toe gejaag het, het hy gesê: “Mamma ek is lief vir jou en Liewe Jesus, ek wil nie nou al doodgaan nie.” Willem is weer na die Universitas-hospitaal oorgeplaas. Daar was baie bloeding en hy het bloedoortappings ontvang. Bettie het vir drie maande by Marius en Doreen Jones in Bloemfontein gebly.
“Willem was bang om te slaap. Hy was bang hy word nie weer wakker nie.” Op 19 Augustus het sy ma vir die laaste keer haar seun se stem gehoor toe hy gesê het: “Mamma ek is lief vir jou.” Daarna het hy ’n hartstilstand gehad en die dokters het vir ’n uur en ’n half gesukkel om sy hart weer aan die klop te kry. Willem was toe sowat vier weke in ’n koma. Op 6 Oktober het Bettie gehoor haar kind het breinskade. Op 7 Oktober moes sy hoor hy is breindood. “Ek verstaan dit nie. Hy het effens gereageer as ek met hom praat en hy kon
SEE PAGE 11 FOR MORE SAVINGS!!!
DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum
X1QQGDQH-VI291015
Don't miss out !! Visit store for Details
Limited stock !!! Sale ends 10/11/2015
sy kop effens beweeg.” “Op 19 Oktober het een van die dokters gesê ek moet hom groet. “Ek het hom vasgegryp en vir hom Die Here is my Herder gesing.” Kort daarna is hy dood. Bettie sê die Goudveld-Hoërskool het hulle geweldig bygestaan. “Hulle het gereeld gebel en het kos, klere en geld gestuur.” Bettie het verlede jaar ook ’n baba-dogtertjie, Louisa, aan die dood afgestaan, wat met ’n vergrote hart gebore is. Sy het nog ’n seun, PJ (12), en ’n dogter, Doreen (8). “Ek hoop nie dat so iets ooit met iemand anders se kind gebeur nie.”
X1QLE93R-VI011015
Pre Chris tmas sale Christmas X1QLNKKX-VI291015