Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
Wednesday & Sunday Buffet –
since
Adults –
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika DONDERDAG 30 JUNIE 2016
X1RJYAHH-VI300616
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
Nóg gekonkel op berugte plaas
GRATIS
Zamas skep gevaar op plase
Valke ontdek kos vir zamas
Alet van der Walt
Alet van der Walt DIE Valke en ’n mynveiligheidsmaatskappy het verlede week die soveelste keer op ’n plaas wat deur nuwelingboere besit word, toegeslaan. Kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê daar is Donderdag (23/06) op ’n groot hoeveelheid kos in ’n stuk veld op die plaas Adamsonsvlei by Bloudrift beslag gelê. Dit was die vierde keer wat op die plaas toegeslaan is. Adamsonsvlei is deur die regering aan nuwelingboere beskikbaar gestel as deel van ’n grondhervormingsprojek. Vista het in 2014 ook oor dié plaas berig toe ’n kommersiële boer se gesteelde varke op die plaas gevind is. Die varke is in ou klaskamers op die plaas aangehou en vir zama-zamas (onwettige mynwerkers) geslag. Die polisie het buiten die boer se varke ’n groot hoeveelheid kos en drank in die plaasopstal gevind. Die kos en drank was reeds verpak en bestem vir zama-zamas. Ander diere is in haglike omstandighede op ’n ander deel van die plaas gevind en varke wat reeds gevrek het, is net so tussen lewende diere gevind. Die kospakkers het volgens ’n ingeligte die afgelope tyd begin om voorraad in ’n beboste gebied op die plaas te verpak sodat hulle makliker kon vlug wanneer die polisie sou toeslaan. Die polisie kon niemand verlede Donderdag in hegtenis neem nie. Die polisie en die mynveiligheidsmaatskappy het reeds vanjaar op miljoene rand se voorraad, bestem vir zama-zamas, beslag gelê. Die beslagleggings is in Welkom, Ventersburg en op dié plaas tussen Virginia en Welkom gedoen.
R50.00 Children – u/10 R20.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday)- Medium R39.95
The Goldfields' Choice
TEL (057) 357 1304
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
VERPAKKINGSMATERIAAL kan duidelik op die foto gesien word. Onwettige mynwerkers het gevlug toe die polisie en ’n mynmaatskappy op die toneel toegeslaan het. Foto: Verskaf
Tel: 057 396 5695 Tel: 057 388 1269
BOERE en ander grondeienaars in die Goudveld is deur Vrystaat Landbou (VL) en VKB se veiligheidslessenaar gewaarsku om meer paraat te wees en seker te maak mense trek nie in leë geboue op plase in nie. Veral boere in Odendaalsrus, Welkom, Virginia en Allanridge is gewaarsku om op te let vir onwettige mynwerkers (zama-zamas) op plase. ’n Boer en sy gesin van Odendaalsrus is onlangs deur zamas gedreig nadat hy op hul besittings in een van sy leë werkershuise afgekom het. Meer as 100 zamas is ook al by ’n mynskag in die Odendaalsrus-omgewing opgemerk. Die distrik se plaaswagstrukture het intussen hul paraatheid opgeskerp. Daar was ook glo die afgelope tyd twee voorvalle waar zamas ná botsings met mynmaatskappye en die polisie in mielielande gevlug het. Dit kan ’n ernstige gevaar vir boere inhou. Tommie Esterhuyse, voorsitter van die VL se weten-orde-komitee, sê ook in die verklaring plaaswagte en veiligheidstrukture moet veiligheidsplanne hê. Boere in mynbougebiede moet gereeld leë geboue op hul plase nagaan en enige verdagte voorvalle by die polisie, plaaswag en ander veiligheidsorganisasies aanmeld.
Golden Orange & Manny's 179 Power Road Tel: 057 396 5695
Strip Centre, Bok Street, Next to Post Ofce Tel: 061 739 2838
NEVER BEFORE SEEN PRICES...
MASSIVE SAVINGS!!!
SEE PAGE 12 & 13
X1RJPR4H-VI300616
X1RGXXMW-VI090616