Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
Wednesday & Sunday Buffet –
since
Adults –
R50.00 Children – u/10 R20.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday)- Medium R39.95
The Goldfields' Choice Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
X1RJYAHH-VI300616
DONDERDAG 21 JULIE 2016
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
Boerdery ‘pla niemand’
Man wat onwettig met varke boer, kwel nabygeleë besighede Madli Grobbelaar DIE onwettige varkboerdery op grond wat vermoedelik aan die Harmony-myn behoort, dryf sakeondernemings in Almaweg tot raserny. Ongeveer ’n maand gelede is die onwettige boerdery onder Vista se aandag gebring. Aangrensend aan die boerdery is twee restaurante, ’n kwekery, twee veeartspraktyke en die Welkomse Dierebeskermingsvereniging (DBV). Die Matjhabeng-elektrisiteitsafdeling en paneelkloppers is ook daar geleë. Met navrae aan die Harmony-goudmyn het Hendrika Ninham, woordvoerder, gesê dat die myn besig is om ondersoek in te stel en dat hulle sal terugvoer gee sodra die ondersoek afgehandel is. Vista het die eienaar van die varkboerdery, ene Mashego, gekontak en by die boerdery ontmoet. Hy het bevestig dat hy al jare lank in die omgewing boer, sonder die nodige munisipale of myntoestemming. Mashego het bevestig dat die ondernemings in die omgewing van sy boerdery bewus is en dat hy al kontak met van hulle gehad het. Hy sê die myn het hom van hul grond verwyder. Volgens hom is dié varkboerdery eers op die Harmony-goudmyn se grond bedryf, maar ná afset het hy na die munisipale grond verskuif. Die myngrond en die munisipale grond word met ’n smal dienspad geskei, sê hy. Mashego is daarvan oortuig dat sy boerdery niemand in die omgewing pla nie en dat hy alle gesondheidsvereistes nakom. Die DBV van Welkom het ook die saak ondersoek en daar is bevind dat die varke wel gesond is. Daar is geen tekens dat die diere honger ly of sieklik is nie. Volgens Kingsley Nkala, Welkomse DBV-inspekteur, is die droë bene met vet aan en die karkasse wat in ’n sloot daar naby lê, vir hom ’n bekommernis. “Mashego moet egter sy varkhokke skoonmaak. Dit is baie vuil,” het Nkala gesê. Hy het ook gesê dit is nie die DBV se verantwoordelikheid om oor die wettigheid van die boerdery te besin nie en dat die DBV na dieregesondheid omsien. By Vista se besoek is bevind dat die varke net oorskotbene, wat die eienaar van ’n stortingsterrein bekom, eet. Mashego voel egter dat sy boerdery nie ’n veiligheid- of ’n gesondheidsrisiko inhou nie.
BEESKARKASSE lê langs die varkboerdery.
DIE onwettige varkboerdery op die vermoedelike myngrond. “My plaas is higiënies en my varke is gesond,” het Mashego gesê. Hy reken hy oortree geen reëls nie en dat die boere wie se beeste in die woonbuurte wei, groter veiligheid- en gesondheidsrisiko’s inhou. Volgens die Matjhabeng-ordonnansies is die skape, bokke en beeste wat in die woonbuurte rondloop, onwettig. Die beeste het al verskeie motorongelukke veroorsaak. Hoewel daar nie werklik ’n reuk in die lug is nie, kan die ondernemings die varke met tye ruik. Twee van die ondernemings aangrensend aan dié boerdery bedryf restaurante en die eienaars voel dié onwettige boerdery gaan hul kliënte wegdryf. Mashego beweer hy doen “freelance”-boerdery wat niemand in die omgewing skade doen nie. Tóg is dit ingevolge munisipale ordonnansies onwettig. Ongeveer drie weke gelede het die DBV hope vars bene en afval in ’n sloot langs
Tel: 057 396 5695 CRAZY WEDNESDAYS Tel: 057 388 1269 ONLY @ MANNYS BROWN BREAD
4
99
Valid From 21 July until 27 July 2016. Six Star Maize Meal 10kg
6499
Tastic Rice 2kg
Kellogg's Corn Flakes 750g
3699
KOO Baked Beans 410g
Serema Maaas 2Lt
18 99
Pork Bulk Pack
Ricoffy 750g
Harcos Medium Eggs 2.5 Dozen
3299
Bokomo Weet-Bix 450g
21 99
Knorr Soup 45g
7
49
Chicken Leg Quarters
39/kg
399 27 99 3999 /kg each
72
Win a telefunken 32inch tv @ Manny's/Riebeeckstad Every Friday. You must buy for R100.00 or more to enter
99
Handy Andy Trigger 750ml
99
1999
99
Amalesco Chicken 2kg
7
17 99
599
Gydo 1.5kg
&
TRANSEM MILK 2LT
Dragon / Dokta Energy Drink 440ml
Willards Econo Cheese Curls Apples 150g
Excella Cooking Oil 2Lt
29
99
999
dié onwettige boerdery ontdek. Mashego voer die varke hiermee. Dit is intussen verwyder, maar met Vista se besoek is twee beeskarkasse in die voor gevind. Buiten die onwettige boerdery versamel Mashego motorbande om die varkhokke mee toe te bou. Dié bande hou ’n brandgevaar in en mag nie so opgegaar word nie. Met navrae aan die departement van gesondheid in Lejweleputswa het Dewald Kirsten bevestig dat die departement onbewus van die probleem was, maar dat hy onmiddellik ondersoek sal instel. Die Matjhabeng- munisipale ordonnansie se wetstoepassingseenheid is van die probleem bewus. Met Vista se besoek was hulle teenwoordig en besig om die saak te ondersoek. Mashego het aan Vista gesê dat rou riool vanaf die myn-hostel op die myngrond anderkant die dienspad stroom. Volgens hom is die myn besig om dit reg te maak en Mashego reken dié rou riool is
Sunlight 2kg
’n groter gesondheidsrisiko as sy boerdery. Bokvel Pietersen, hoof van die wetstoepassingseenheid, het aan Vista bevestig dat die onwettige varkboerdery en rioolstortings ’n probleem is en dat ’n oplossing gevind moet word. Intussen gaan die varkboerdery ongesteurd voort.
179 Power Road Tel: 057 396 5695
Strip Centre, Bok Street, Next to Post Ofce Tel: 061 739 2838
NO ALCOHOL SOLD TO PERSONS HansaUNDER THE AGE OF 18 YEARS. Red Square Dumpies 4th Street Wine Blue & Red ONLY 6x330ml Rosé 3 Litre 6X275ml
69 99 Hunters Dry / Gold 6x440ml
46Castle Lite 99
Richelieu 750ml
Fusion 5Ltr
99 37 99 23 2999
OPGEHOOPTE motorbande by die vark boerdery skep ’n brandgevaar.
Golden Orange & Manny's
Sta-Soft Standard Variances 2Ltr
2699
Foto’s: Madli Grobbelaar
6699 114 99
54
99
6x440ml
59
99 Castle Lager Dumpies 6x330ml
4699 X1RM6GUR-VI210716
X1RKQD92-VI140716