Restaurant
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet –
Adults –
R50.00 Children – u/10 R20.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday)- Medium R39.95 NEWNEW-VI110816
0 057-357-1304
Donderdag 27 Oktober 2016
www.vistanews.co.za
Gratis
Oom Boschie toe adel
Bronviller volgens bloedlyn Khoebaha van Koranavolk Marti Will mwill@volksblad.com
Die Khoebaha van die Korana-volk woon hier onder ons neuse in Bronville. Gert Taaibosch (oom Boschie), wie al sedert 1976 in Bronville woon, is volgens sy bloedlyn koning van sy volk. Vista is genooi om by oom Boschie te gaan inloer. By sy woning word daar nie op aandag gestaan nie. Hierdie is mense-mense, sout van die aarde. “Ek is ’n kind van die Here, ek gaan nie verander nie,” sê oom Boschie. Hy en sy vrou Wilhemiena verwerk nog die nuus dat hulle nou eintlik van die adelstand is. “Nou ja, ek is nog ’n bietjie verward, maar sal my samewerking gee. Dit is vir ons ’n groot eer. My vyf seuns is almal baie opgewonde,” sê oom Boschie. Hy vertel toe hy grootgeword het, het hy gehoor sy oumagrootjie en ouma spog dat hulle nou eintlik van koninklike afkoms is. “Hulle het gesê ons het koninklike bloed in ons are. “Ek het nie veel aandag daaraan gegee nie. Hierdie nuus is nou vir my ’n baie groot aanpassing, maar ek sal aanpas, en ek sal leer. “As ’n mens lag is daar vrede, stres maak jou net siek. ’n Mens moet die lewe vat soos wat dit kom. Die goed en die sleg,” sê hy met ’n laggie. Oom Boschie was vir 22 jaar ’n aanlegoperateur by die President Brand-goudmyn
Die Khoebaha van die Korana-volk, Gert Taaibosch (oom Boschie), by sy vrou, Wilhemiena.
in Welkom. Oom Boschie en sy vrou Wilhemiena het vyf seuns en 11 kleinkinders. Hulle kinders is hier gebore en is hier grootgemaak. Volgens past. Leon Swartz, woordvoerder en raadpleger van die Taaibosch-koninklikegesin en bestuurskomitee, is oom Boschie die wetlike leier van die Korana. Hy sê die stamboom van die Taaibosch-familie bewys
dit. Oom Boschie se voorvaders was Jan Taaibosch II (Hanto), Gert Taaibosch en Johannes Taaibosch. Die broers het in 1833 besluit om die Harts- en Vaalrivier te verlaat en om hulle in die Vrystaat te vestig. Daarna is Thomas (die oudste), Hans en Isak Taaibosch gebore. Hulle is op Tafelkop begrawe. Gert Taaibosch is die kleinkind van
Thomas Taaibosch en ’n seun van Johannes (oom Taai) Taaibosch. Swartz is besig om vir oom Boschie met sy aanspraak op die titel by te staan. “Gert Taaibosch is gebore op Tafelkop. Dit is volgens die geboorte- en sterfte registrasie van Tafelkop. “Om te kwalifiseer vir die titel van Khoebaha, moet die persoon uit ’n koninklike familie gebore word, en jy
moet voldoen aan die vereistes van jou land,” sê Swartz. Hy sê die proses om erkenning te gee aan die Khoisan-koninklikes is aan die gang, en openbare verhore omtrent die Tradisonele- en Khoisan-leierskap Wetsontwerp sal binnekort begin. “Dit is krities belangrik dat die feite rondom die familiegeskiedenis van die Taaibosch-gesin reg aan die publiek deurgegee word,” sê Swartz. Hy sê die Taaibosch-familie wil met opreg dank betuig aan Jafta Frederick Taaibosch-Davids vir sy rol wat hy oor die jare gespeel het om die Kei-Korana gemeenskap te bevorder. “Wanneer ons as Kei-Korana-gemeenskap amptelik erkenning as ’n tradisionele gemeenskap geniet, sal ons u vereer.” Taaibosch-Davids word tans as die Khoebaha van die Korana erken. Swartz het namens die Taaibosch-familie ’n dispuut verklaar. Hy sê oom Boschie is direk afkomstig van die Taaiboschvoorvaders en sy stamboom bewys dit. ) Prof. Piet Erasmus, ’n antropoloog, het die boek Kingship of the Korana People geskryf. Hy het aan Swartz bevestig dat volgens sy navorsing Jafta Frederick Taaibosch-Davids nie aanspraak op die tradisionele-leierskap van die Korana-volk kan maak nie. Oom Boschie is volgens sy navorsing die wettige Khoebaha.
NEWNEW-VI080916