Vistanews 20161124

Page 1

Restaurant

Accommodation

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Wednesday & Sunday Buffet –

Adults –

R50.00 Children – u/10 R20.00

Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday)- Medium R39.95 NEWNEW-VI110816

0 057-357-1304

Donderdag 24 November 2016

www.vistanews.co.za

Gratis

’n Wag in ’n Njala-voertuig het doodgebrand en nog een is lig gewond toe ’n petrolbom na die Njala en ’n nabye watertenk gegooi is ten tyde van ’n skermutseling by die St Helena-myn se nr. 3-ventilasieskag Dinsdagnag (22/11). Foto: Alet van der Walt

Zama-zamas brand los Veiligheidswag brand dood, een beseer in openlike aggressie Alet van der Walt and Marti Will aletta.vdwalt@volksblad.com en mwill@volksblad.com

In ’n daad van openlike aggressie en oorlogsverklaring het ’n groep swaargewapende onwettige delwers (zama-zamas) Dinsdag (22/11) omstreeks middernag veiligheidswagte van Bidvest Protea Coin by ’n mynskag in St Helena, Welkom, met outomatiese gewere en petrolbomme aangeval. Ten tyde van dié aanval het die polisie omstreeks 23:43 geweerskote gehoor en die veiligheidswagte te hulp gesnel. Hulle was in die omgewing met ’n roetinepatrollie besig toe die aanval gebeur het. Een wag het in ’n Njala-voertuig doodgebrand en nog een is lig gewond.

’n Petrolbom is na die Njala-voertuig en ’n nabye watertenk gegooi. Die zamas het ook op ’n kragopwekker losgebrand. Dié het ook aan die brand geslaan en uitgebrand. Die waarde van die kragopwekker alleen word geraam op R700 000. Dit is vermoedelik gedoen sodat die gebied in donkerte gehul kon word. Die res van die wagte moes vir hul lewe vlug en is te voet van die toneel. Die wagte het hul vuurwapens in ’n mynpan gegooi sodat hul aanvallers dit nie kon buit nie. Nadat hulle die veiligheidswagte verdryf het, het die zamas die mynskag gebruik om toegang tot die myn te verkry. Dit is nie seker hoeveel onwettige delwers daar was nie, maar die wagte

sê dit was ’n groot groep. Die polisie het ’n bloedspoor vanaf die toneel gevolg, etlike meter in die veld in. Hulle vermoed ’n zama is swaar gewond. Niemand is in hegtenis geneem nie. Die mynskag, die nr. 3-ventilasieskag van die St Helena-myn, word al jare lank deur zamas gebruik om onwettig ondergronds te gaan. Die skag loop met ’n skuinshelling na onder en dit maak dit vir die zamas maklik om hier ondergronds te gaan. Die myn is in die proses om die skag heeltemal met verwerkte slik toe te maak. Polisielede op die toneel moes Woensdagoggend inderhaas van oral in die Goudveld kegels gaan haal om die letterlik honderde patroondoppies op die toneel te bewaar totdat forensiese

kenners opgedaag het. Die doppies is volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, AK 47-, R 1-, R 5- en 9 mm-doppies. Ingeligte bronne op die toneel sê hulle vermoed dat ’n groep zamas met wapens ten tyde van die skietvoorval ondergronds gegaan het en nog steeds daar skuil. Marian van der Walt, ’n woordvoerder van die Harmony-myngroep, sê die myngroep en veilgheidswagte behaal ál meer sukses om onwettige delwers uit ou mynskagte te hou en mynterrein te rehabiliteer. “Die nr. 3-skag is duidelik van strategiese belang vir die onwettige delwers en ons glo dit is waarom hulle nou met meer aggressie optree om toegang te verkry,” sê Van der Walt.

APPROVED

While Stocks Last

NEWNEW-VI080916


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.