Restaurant
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet –
Adults –
R50.00 Children – u/10 R20.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday)- Medium R39.95 NEWNEW-VI110816
0 057-357-1304
Donderdag 1 Desember 2016
www.vistanews.co.za
Gratis
Seun verloor vingers Patroon ontplof toe hy dit teen paal kap Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
Darius Hay se regterhand en -skouer is ernstig beseer toe ’n grootkaliberpatroon in sy hand ontplof het.
Foto: Facebook
Darius Hay (13) het ’n noue ontkoming met die dood gehad nadat ’n patroon in sy regterhand ontplof het. Darius, ’n leerling aan die Laerskool Odensia in Odendaalsrus, het Maandagoggend (28/11) ten tyde van pouse saam met nog drie leerlinge ’n grootkaliberpatroon bekyk en ondersoek. Een van die vier, ’n 12-jarige, het glo in Januarie dié 50 mm patroon by sy oupa gekry. Hay het die patroon teen ’n staalvoorwerp geslaan wat die ontploffing in sy hand veroorsaak het. ’n Ooggetuie, wat oorkant die skool woon, sê hy het gesien hoe kap die seun iets teen ’n lamppaal op die skoolterrein. Die volgende oomblik was daar ’n harde slag en ’n bol rook en die seun het geskreeu en weggehardloop.
Darius Hay (13)
Foto: Verskaf
Darius is na die Bongani-hospitaal in Welkom gehaas waar hy gestabiliseer is en toe na die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas om geopereer te word. Hy is Maandag omstreeks 22:00 geopereer. Die operasie het goed afgeloop. Dit is deur die familie en die skoolhoof, Piet Odendaal, bevestig.
Darius het drie van sy regterhand se vingers verloor en ’n gedeelte van sy ringvinger. Hy het ook ’n oop wond aan sy regterskouer gehad, sê sy ma, Erika. Die ander leerlinge is ongedeerd, maar lei aan erge skok. Darius word as ’n vrolike jong seun beskou wat lief is vir rugby en krieket. Dit is sy droom om eendag ’n beroemde krieketspeler te word. ’n Saak onder die Wet op Vuurwapenbeheer, Art. 120(1) (A) is by die polisie vir ondersoek geopen, sê kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van die polisie. Die organisasie ChildMedi ondersteun Erika en Darius geldelik. Erika sê sy is baie bekommerd oor hoe sy haar werk gaan behou én na haar kind omsien. Mense wat hulp wil verleen, kan vir Amor Schoeman by 062-266-0486 bel of www. childmedi.org besoek.
Man gevonnis ná bekentenis oor dade met kind Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
’n Man van Virginia, Eben van Wyk (56), is Dinsdag (29/11) tot vyf jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy skuld beken het op twee klagte van seksuele oortredings. Drie van die vyf jaar is effektiewe tronkstraf, en twee jaar is opgeskort. Die eerste aanklag was seksuele gereedmaking van ’n sewejarige kind en die tweede was seksuele aanranding van ’n minderjarige. Van Wyk is in die Virginia-
streekhof deur landdros Thiloshni Ramdeyal gevonnis. Die beskuldigde het bevriend geraak met die ouers, wat vriende was met die beskuldigde se suster. Hy het finansieël gesukkel en kon in daardie stadium nie blyplek bekostig nie. Die ouers het ingestem om aan Van Wyk tydelike verblyf te bied. Van Wyk het vanaf Oktober 2015 tot en met die aand van die voorval, 4 Februarie vanjaar, daar gewoon. Daardie betrokke aand het die minderjarige se ouers die kind uit Van Wyk se kamer sien kom
met R3 in haar hand. Beide ouers het onraad vermoed en die volgende dag ’n maatskaplike werker om hulp gekontak. Die maatskaplike werker kon ná konsultasie bevestig dat die minderjarige onwelvoeglik op haar privaatdele betas is. Van Wyk is deur die ouers gekonfronteer en gevra om die huis te verlaat en die saak is by die polisie aangemeld. In daardie stadium het die minderjarige aan die ouers gesê dat alles in orde is. Van Wyk het egter skuld op albei die aan-
klagte beken. Ter versagting is aangevoer dat Van Wyk ’n eerste oortreder was en dat hy opreg berou betoon. Die feit dat hy finansieël sukkel en sedert Februarie steeds in aanhouding was, is ook in ag geneem. ) In Julie is ’n gewese hoërskoolonderwyser van ’n bekende hoërskool in Virginia, Rupert Badenhorst (39), tot 14 jaar gevangenisstraf gevonnis, wat in geheel opgeskort is. Hy is op drie aanklagte van seksuele oortreding met kinders Eben van Wyk (56) skuldig bevind.
XMAS APPROVED
BEST PRICES!
2 YEAR GUARANTEE NEWNEW-VI080916