R estaurant Restaurant
Accommodation Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet – Adults –
R65.00 Children – u/10 R25.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever.
R50
Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large R50
STILL THE BEST PRICES
NEWNEW-VI120117
0 057-357-1304
Donderdag 16 Maart 2017
www.vistanews.co.za
Gratis
Tronkstraf beloop 1 905 j. Vonnis in baanbrekerverhoor van 22 onwettige gouddelwers maak opslae Alet van der Walt
In een van die land se grootste en langste goudverhore is die 22 veroordeelde gouddelwers van die swaarste strawwe nóg vir rampokkery opgelê. Die bende is altesaam 1 905 jaar gevangenisstraf opgelê. Regter Soma Naidoo het Dinsdag (14/03) in die rondgaande hof in Virginia dié 22 gevonnis. Hulle is in Februarie skuldig bevind aan klagte wat gewissel het van rampokkery, oortredings van die Wet op Edelmetale, die Wet op Immigrasie, diefstal, geldwassery en georganiseerde misdaad. Die staat het ook ’n beslagleggingsbevel van R433 700 bekom op die eiendom van die leier van die bende, Lovemore Chaba, en sy vrou, Bongeka Makaula. Chaba sal effektief 25 jaar tronkstraf uitdien en Makaula effektief 20 jaar. Ernie van Rensburg, ’n veiligheidsbeampte van Protea Coin Security, het vroeër vier dae lank ter strafverswaring getuig oor die geweldige negatiewe invloed wat onwettige delwery op die Goudveld, asook die land, se ekonomie het. Van Rensburg het getuig hoe die koste van veiligheidsmaatreëls by die Harmonymyngroep die afgelope paar jaar skerp weens onwettige delwers gestyg het. Dit het die myngroep die afgelope paar jaar R960 miljoen gekos om skagte te beveilig en zama-zamas te keer. Volgens Van Rensburg het die getal zama-zamas wat jaarliks in hegtenis geneem word, van 516 in 2011 tot 2 441 in 2016 toegeneem.
Vanaf 2007 is daar 10 716 onwettige delwers in hegtenis geneem, 691 is beseer en 368 se lyke is ondergronds gevind. Die Masimong-goudverhoor het uit ’n optrede in 2014 deur veiligheidspersoneel by die Masimong-myn gespruit. Veiligheidswagte en beamptes van die Harmony-myngroep het in April 2014 ná klagtes van onwettige mynwerkers ’n ondergrondse klopjag in die myn onderneem. Dié poging het die myngroep R55 miljoen gekos. Beamptes het op selfgemaakte goudwasserye en 1 211 ton goudstof van meer as R120 miljoen afgekom. Dit het twee maande geduur om al die onwettige delwers, wat minstens 1 800 m ondergronds geskuil het, aan te keer. Niekie Oosthuizen, die staat se hoofgetuie en werknemer van Bidvest Protea Coin Security, is vroeër deur Naidoo geloof vir sy “briljante en geloofwaardige getuienis”. Oosthuizen het meer as sewe weke lank getuig. Die res van die vonnisse is soos volg: Simon Mashava Cremora (38) sal effektief 23 jaar tronkstraf uitdien; Ronnie Hlongwane (37), Thomas Mauvu (32), Tsepo Mashaba (30), Ernest Raas Mahlako (40) en Matias Patric Sibizwa (27) is elk effektief tot 22 tronkstraf gevonnis. Godfrey Nduna Madiba (43), Nkosokolo Makaula (40), Lazarus Chitebe (20), Manginke Msimango (21), Jabu Mlambo (21), John Mutumane (22), Wanda Nqwilisi (26), Melikhaya Pere (35), Ngarigai Mthisi (27), Samson Muyambo (26), Johang Qwenzi (25), Isaac Moyekeni Motusi (33),
Met sakke vol dagga betrap Drie verdagtes is op die plaas Donkerkloof in die Welgeleë-distrik, Virginia, met tien sakke dagga betrap. Die polisie in Virginia het met die hulp van die plaaswag die mans, wat Lesotho-burgers is, aangekeer. Hulle is onder ’n boom op die plaas gekry en die dagga is gekonfiskeer. Dié tien sakke dagga van 208,5 kg het ’n straatwaarde van ongeveer R208 500. Daar is geen uitsluitsel oor hoe die dagga op die plaas beland het nie en daar was ook geen verdagte voertuie sigbaar nie. Die verdagtes, van 18 tot 37 jaar oud, bly in Bothaville en bly in aanhouding totdat hulle voor die Virginialanddroshof moet verskyn. Foto: Verskaf
Solomon Muhoma (33) en Tsokoliso Lephailo (36) is effektief tot 20 jaar elk gevonnis. Aanklaer adv. Johan de Nyschen en Van Rensburg het gesê hulle is verheug oor die swaar strawwe. Marian van der Walt, woordvoerder van die Harmonymyngroep, sê die swaar strawwe is ’n bewys dat howe
die omvang en gevaar van onwettige mynbou erken. Advv. Vasiliki Patrinos, Aristotle Mathunzi en Pieter Nel het namens die 22 opgetree en doen tans aansoek om verlof tot appèl. Patrinos sê hoewel sy die hof se uitspraak respekteer, meen sy onwettige delwery is eintlik ’n menseregte- en maatskaplike aangeleentheid
wat nie net uit ’n regsoogpunt beskou kan word nie. Sy sê daar moet gekyk word na maniere om onwettige delwers op te lei en permitte toe te ken sodat hulle wettig kan delf. Volgens haar is dit ook kommerwekkend om te dink onwettige delwers word saam met geharde misdadigers opgesluit.
NEWNEW-VI160217