R estaurant Restaurant
Accommodation Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet – Adults –
R65.00 Children – u/10 R25.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever.
R50
Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large R50
STILL THE BEST PRICES
NEWNEW-VI200417
0 057-357-1304
Donderdag 20 April 2017
www.vistanews.co.za
Gratis
Lykskouings gestaak Madli Grobbelaar en Alet van der Walt
Lykskouings in die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit is gestaak weens dokters in Welkom wat nie hernude of wettige kontrakte van die departement van gesondheid ontvang het nie. Sonder kontrakte is die betrokke dokters ook nie vir hul dienste die afgelope jaar vergoed nie. Die departement van gesondheid sê dat die dokters nie betaal is nie omdat hulle nie die nuwe kontrakte wou teken nie, maar die kontrakte is eensydig en sonder onderhandeling met die betrokke dokters deur die departement van gesondheid verander.
Kontrakte vir dokters onder verdenking Dr. Willie van Heusden, een van die dokters wat lykskouings in Welkom doen, sê die kontrakte wat vir hulle aangebied is, is onwettig volgens die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (SAMV) se arbeidskonsultant en prokureurs. Van Heusden en dr. Flip Nieuwoudt doen onderskeidelik vanaf 1979 en 1986 die lykskouings vir die staat. Volgens Van Heusden het dr. Yusuf Vahed, streekhoof van forensiese dienste van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, hulle verbied om te werk indien hulle nie
wettige kontrakte van die departement van gesondheid ontvang het nie. Dit verhoog druk vir die doen van lykskouings in Bloemfontein, want die lyke van Welkom moet na Bloemfontein hiervoor geneem word. Dié reëling veroorsaak ook chaos vir familielede wat begrafnisreëlings moet tref, dit belemmer die polisie met die ondersoek van sake en hofsake moet uitgestel word. Die 32 sessies per jaar moet deur drie dokters hanteer word en Van Heusden en Nieuwoudt se nuwe
kontrakte het bepaal dat hulle slegs 20 sessies mag doen. Van Heusden sê egter dat dit onmoontlik is vir twee dokters met 20 sessies om al die lykskouings in die Lejweleputswa-gebied te behartig. Al twee die dokters behartig gemiddeld 870 lykskouings per jaar. Die Bothaville-distrik is ook intussen by die Welkomstaatslykhuis se gebied gevoeg. Vista het Vahed gekontak. Volgens hom is daar nie tans ’n probleem nie. “Ons is op soek na geskikte dokters om die betrokke
X1TGDBF1-VI200417
Die Welkom-staatslykhuis. Lykskouings vir Lejweleputswa is hier gestaak. Foto: Madli Grobbelaar
poste te vul. Die dokters wat nou daar is, is van die vorige bedeling. Dié poste sal gevul word,” sê Vahed. Op 15 Maart 2016 het Van Heusden en Nieuwoudt kontrakte vir 32 sessies ontvang wat deur die forensiese bestuurder van die Vrystaatse departement van gesondheid, dr. R.J. Khoali, onderteken is. Van Heusden en Nieuwoudt het in November 2016 ’n grief ingestel en dié saak is tans by die Arbeidshof. Die gemeenskap van die Lejwelputswa-distrik word deur dié gesloer benadeel.
NEWNEW-VI060417