R estaurant Restaurant
Accommodation Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet – Adults –
R65.00 Children – u/10 R25.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever.
R50
Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large R50
STILL THE BEST PRICES
NEWNEW-VI270417
0 057-357-1304
Donderdag 27 April 2017
www.vistanews.co.za
Gratis
Gróót skade ná kragvoorval Trudie Bona
Die ontstaan van ’n lewensgevaarlike situasie in Jacob Daniëlstraat in Odendaalsrus en derduisende rande se skade het inwoners die josie in. Die konsternasie het ongeveer 22:30 plaasgevind toe wind die takke van ’n hoë palmboom, op die sypaadjie voor die huis van Gysie Booyse by Jacob Daniëlstraat 9, in kragdrade laat verstrengel het. Verskeie ontploffings het gevolg. Die voorval het onlangs gebeur. Dr. Meyer de Kock, oudle-
raar en inwoner van Jacob Daniëlstraat 5, sê hy was besig om televisie te kyk toe die gloeilamp bokant sy kop ontplof het en glasskerwe deur die lug getrek het. Die gloeilamp was een van agt gloeilampe wat in sy huis ontplof het. Volgens Adolph Griessel, ’n buurman, het van die oorhoofse kragdrade afgebrand. ’n Volt-oorskryding het ontstaan en die geweldige oorlading van elektrisiteit het verby stroombrekers, wat dit nie kon onderbreek nie, beweeg en in die gronddrade beland. “Kragtoevoer na huise bestaan uit drie drade: neutraal, lewendig en ’n grond-
Wind het die takke van dié hoë palmboom in oorhoofse kragdrade laat verstrengel en het veroorsaak dat inwoners duisende rande se skade gely het. Dié draad was verbind met die elektriese motor van ’n boorgat-waterpomp wat die gees gegee het. Foto’s: Trudie Bona
draad wat met huishoudelike apparate verbind is,” verduidelik dié oudonderwyser in wiskunde en wetenskap. “Die elektriese-stroom wat op daardie tydstip in die gronddraad was, het selfs die aanraking van waterkrane lewensgevaarlik gemaak. Geisers is ook met dié gronddrade verbind,” sê Griessel. Griessel het ongeveer R9 000 se skade gely toe die elektriese motor van sy boorgatpomp en die beheerstelsel van sy buiteligte weens die voorval uitgebrand het. Booyse het egter groter skade, van meer as R20 000, opgedoen. Elektriese apparate verbind met sy hekmotor, alarmstelsel, die roldeur van sy motorhuis, swembadpomp, ’n satellietskottel, twee lugversorgers en ’n haardroër het in die slag gebly. De Kock se skade beloop R16 000. In dié huishouding is verskeie elektroniese toerusting, wat ook ’n alarmstelsel, hekmotor en roldeur van sy motorhuis insluit, asook ’n besproeiingstelsel, beskadig. Ander inwoners in die straat het ook skade gely. Die ontploffings van gloeilampe en buisligte, asook mikrogolfoonde, was glo ’n algemene klagte. Dit is die verantwoordelikheid van plaaslike munisipaliteite om bome op sypaadjies in stand te hou om sulke voorvalle te verhoed. Inwoners van Jacob Daniëlstraat sê verskeie versoeke aan die munisipaliteit om vier hoë bome in die straat te snoei, het op dowe ore geval.
The stolen taxi that was found in a ditch in Thabong after it was stolen at the Oppenheimer filling station in Thabong. Photo: Supplied
Stolen taxi ends up in ditch Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
A taxi owner from Thabong, Welkom, Joseph Malaka (59), is still in shock after one of his taxis ended up in a ditch after being stolen. On Sunday, 16 April, Malaka’s son, David Malaka (29), was driving the Toyota taxi and parked it at the Oppenheimer Park filling station in Thabong, Welkom. David Malaka left with friends and on his return, the taxi was gone. They immediately reported
the case to the Thabong police station and opened a case of car theft. A few hours later, the taxi was found by the community in a ditch in Thabong. The owner was informed and when they arrived at the scene, they discovered that the car’s battery had been stolen. No suspects have been arrested and the case is currently being investigated by the police. Anyone who may have information about the incident must please contact the Thabong police station on 057-910-2300.
NEWNEW-VI060417