Vistanews 20170601

Page 1

R estaurant Restaurant

Accommodation Accommodation

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Wednesday & Sunday Buffet – Adults –

R65.00 Children – u/10 R25.00

Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large

STILL THE BEST PRICES

R50

NEWNEW-VI270417

0 057-357-1304

Donderdag 1 Junie 2017

www.vistanews.co.za

Gratis

Geen einde aan klagtes Inwoners onsteld oor lang wateronderbrekings sonder waarskuwing Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com

Klagtes van oor die Goudveld heen oor waterlekke, rioollekke, stukkende straatligte, slaggate en swak dienslewering stroom daagliks in na Vista se kantoor. Met die aanbreek van die winter kan dae sonder water, krag of behoorlike rioolafvoer chaos in huishoudings veroorsaak. Gedeeltes van Riebeeckstad was sedert Saterdag (27/05) van omstreeks 17:00 tot Maandag (29/05) omstreeks 20:30 sonder water. Vista is met honderde ontstoke inwoners se oproepe oorval, nie weens die doen van herstelwerk nie, maar omdat daar nie genoegsame kennisgewing rakende die herstelwerk gegee is nie. Inwoners kon nie voorberei vir die bykans drie dae sonder water nie. Ingevolge wet mag inwoners wel sonder krag gelaat word, maar onder geen omstandighede sonder water, wat ’n lewensnoodsaaklikheid is, nie, veral nie vir lang tydperke nie. Die munisipaliteit het wel Saterdag ’n kort kennisgewing aan drie radiostasies, Lesedi FM, OFM en die plaaslike stasie Gold FM 104.3, gestuur. “Doen asseblief die herstelwerk, want die hele Matjhabeng het dit nodig, maar gee inwoners vroegtydig kennis om rondom die herstelwerk te beplan,” het ’n inwoner van Riebeeckstad, Chimo Atolo, gesê. Rioolklagtes is amper net soveel soos klagtes oor waterlekke. Inwoners van veral Thabong en Kutlwanong, Odendaalsrus, word hierdeur geraak. Die kwessies word onsuksesvol aan die Matjhabeng-munisipaliteit gerapporteer. Vullis word die afgelope twee maande al teen ’n slakkepas verwyder. By navraag is gesê dat daar nie genoeg vragmotors is om vullis te verwyder nie. ’n Inwoner van Allanridge sê dat hul vullis die afgelope vyf weke nog nie verwyder is nie. “Vir die afgelope drie weke is ons vullis in Flamingo Park nie verwyder

Verwoes deur gulsige vlamme Dinsdagoggend (30/05) is ’n gesin van Hennenman se huis heeltemal deur vuur verwoes. Niemand is beseer nie. Pottie Gouveia en sy vrou, Bianca van Wyk, en hul twee seuns (vier en een jaar oud) het die huis in Van Rensburgstraat gehuur. Volgens Gouveia het ’n elektriese kabel van die munisipaliteit gedurig kortsluitings gemaak, maar dit is nooit behoorlik herstel nie. Die brand het glo ontstaan waar die kabel in die dak ingaan. Boere van Hennenman het die brand probeer blus. Kgojane Matutle, woordvoerder van die Mathjabeng-munisipaliteit, sê hy kan nie kommentaar oor die bewerings lewer nie, omdat die egpaar nog nie die munisipaliteit oor die voorval ingelig het nie. Meer inligting op Vista se Facebook-blad. Foto: Alet van der Walt

nie,” sê Amanda Nel van Flamingo Park in Welkom. Inwoners is dankbaar en opgewonde oor die Matjhabeng Call Centre. Oproepe word beantwoord en ’n verwysingsnommer word gegee. Wanneer daar egter geskakel word om op te volg, is die antwoord altyd dieselfde: Daar is nie geld om herstelwerk te doen nie; ook, daar is nie diensvoertuie beskikbaar nie. Instandhouding en algemene dienslewering soos die sny van gras en vullisverwydering, word gekniehalter

omdat voertuie nie beskikbaar is nie. Die diensvoertuie staan steeds op besigheidsman Jan Bezuidenhout se plaas, omdat hy nog nie betaling van die Matjhabeng-munisipaliteit ontvang het nie. Inwoners is besorg oor beloftes wat verskeie kere deur die burgemeester, Nkosinjani Speelman, in Vista gemaak is. Hy het gesê dat swak dienslewering nie geduld gaan word nie en dat hy amptenare wat hulle daaraan skuldig maak, sal uitskop. Raadslede is die spreekbuis vir die

NEWNEW-VI010617

gemeenskap en met navrae oor belangrike besluite wil dit voorkom asof hulle ook oningelig is. ) Kgojane Matutle, woordvoerder van die Matjhabeng-munisipaliteit, sê dat al die genoemde krisisse in die nuwe begroting van 2017-’18 as voorkeursake beskou word. “Meneer Speelman het die Matjhabeng-munisipaliteit in September 2016 oorgeneem met erge probleme. Hy is besig met beplanning om al die krisisse op te los,” sê Matutle. Die begrotingsvergadering het Woensdag (31/05) plaasgevind.

X1THAGQM-VI040517


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanews 20170601 by VistaNews - Issuu