R estaurant Restaurant
Accommodation Accommodation
TEL: 057 352 5430 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet – Adults –
R65.00 Children – u/10 R25.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever.
R50
Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large R50
STILL THE BEST PRICES
NEWNEW-VI270417
0 057-357-1304
Donderdag 22 Junie 2017
www.vistanews.co.za
Gratis
Kind (2) erg mishandel
Skopboksafrigter rand kinders na bewering al ’n geruime tyd aan Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
Nog ’n hartverskeurende saak het skokgolwe deur die Goudveld gestuur toe ’n tweejarige na bewering gruwelik deur ’n man, wat ook ’n skopboks-afrigter is, aangerand en mishandel is. Gerrie Martin (49) en Jo-Anne Davis (42) van Virginia is Donderdag (15/06) in hegtenis geneem op klagte van kindermishandeling en die versuim om aanranding op ’n kind aan te meld. Martin word deur klagte van aanranding, poging tot moord en kindermishandeling in die gesig gestaar. Die tweejarige kind het hoofbeserings en bloeding op die brein gehad, sy linkerarm was erg opgeswel en die bloedtoevoer na sy hand was afgesny. ’n Plaaslike chirurg het gevrees dat die kind se hand geamputeer sou moes word. Die tweejarige kind was erg getraumatiseer, en weens sy erge beserings moes hy dadelik vanaf die Bongani-hospitaal in Welkom na die Universitas-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas word. Daar is die kind in die pediatriese hoësorgeenheid opgeneem en eers gestabiliseer voordat hy die volgende dag geopereer is. Kennisse van Martin het die saak onder die owerhede se aandag gebring nadat hulle op Vrydag 9 Junie gesien het hoe die tweejarige verniel is. Die kind het blou kolle op sy liggaam en in sy gesig gehad. Owerhede is ingelig en die tweejarige en sy broer van vyf is Maandag 12 Junie uit die sorg van Martin en sy verloofde na ’n plek van veiligheid geneem. Die kinders se ma kon finansieel nie na die kinders omsien nie en het hulle in Martin se sorg geplaas. Die kinders is deur die hof in Martin en sy verloofde se sorg op Woensdag 7 Junie geplaas, net om vyf dae later weer verwyder te word. Daar word tans ondersoek ingestel na die deeglikheid van die ondersoek wat deur die maatskaplike werker gedoen is. Na bewering word die kinders al ’n geruime tyd mishandel en aangerand, wat nie deur die maatskaplike werker
opgemerk is nie. Charmaine Labuschagne, die beheeraanklaer in die hof vir gesinsgeweld en seksuele misdrywe, sê almal wat wel bewus was van die voortdurende aanranding van die kinders, sal ook aangekla word. “Ek bedank graag die partye wat die moeite gedoen het om laat in die nag die polisie te ontbied en toegesien het dat die kinders beveilig word,” sê Labuschagne. Sy moedig ook die gemeenskap aan om nie onbetrokke te bly indien hulle bewus raak van sulke dade nie. Meld dit onmiddellik by die owerhede aan. ’n Emosionele Martin het Maandag (19/06) in die Virginia-landdroshof verskyn. Hy sal weer volgende Maandag (26/06) in die hof verskyn om aansoek om borgtog te doen. Davis is op waarskuwing vrygelaat. ) Martin is ook glo ’n sensei in skopboks en het ook vorige aanrandingsake, asook ’n beskermingsbevel, teen hom gehad.
Die tweejarige kind was erg getraumatiseerd en weens sy erge beserings moes hy dadelik vanaf die Bongani-hospitaal in Welkom na die Universitas-hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas word. Daar is die kind in die pediatriese hoësorgeenheid opgeneem en eers gestabiliseer voordat hy die volgende dag geopereer is. Inlas: Gerrie Martin (49) van Virginia. Foto’s: Verskaf
X1TN5CDW-VI220617
X1THAGQM-VI040517