Vistanews 20170629 compressed

Page 1

estaurant Restaurant R

Accommodation Accommodation

TEL: 057 352 5430 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Wednesday & Sunday Buffet – Adults –

R65.00 Children – u/10 R25.00

Come Enjoy The Best Buffet Ever.

R50

Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large R50

STILL THE BEST PRICES

NEWNEW-VI270417

0 057-357-1304

Donderdag 29 Junie 2017

www.vistanews.co.za

Gratis

Kuier eindig in riooldam Munisipale werker, vriendin sterf toe motor in water beland Alet van der Walt alettavdwalt@volksblad.com

Die soektog na ’n munisipale werker wat Maandagoggend (26/06) deur sy vrou as vermis aangemeld is, het Dinsdagoggend ten einde gekom toe sy voertuig en sy lyk in ’n riooldam buite Wesselsbron gevind is. Jeremia Vuyisile Nikili (53) se lyk het Dinsdagoggend op die onderstel van sy Volvo S40 in die dam gelê. Die Volvo het op sy dak in die water gelê. Dit volg nadat Nikile se vriendin, Seitatolo Sisinyi (39), se lyk Maandagoggend op die riooldam gedryf het en voertuigspore daarop gedui het dat ’n voertuig in die dam ingery het. Die Nala-munisipaliteit het Maandagmiddag begin om die riooldam leeg te pomp in die soektog na Nikile. Nikili is Vrydag (23/06) laas lewend gesien. Hy en Sisinyi het volgens omstanders gereeld by die rioolplaas, waar hy gewerk het, in sy voertuig gekuier. Polisieduikers van Bloemfontein en Welkom en lede van die polisie se soek- en reddingseenheid was sedert Maandag by die riooldam teenwoordig.

Die soektog na Jeremia Vuyisile Nikili (53),’n munisipale werker van Wesselsbron, wat Maandagoggend (26/06) deur sy vrou as vermis aangemeld is, het Dinsdagoggend geëindig toe sy voertuig en sy lyk in ’n riooldam buite Wesselsbron gevind is. Polisieduikers van Bloemfontein en Welkom en lede van die polisie se soek- en reddingeenheid was sedert Maandag by die riooldam teenwoordig. Foto: Alet van der Walt

’n Suigpomp is by Sedibeng Water geleen om die dam leeg te pomp. Later is ’n tweede pomp van die

Nala-munisipaliteit herstel en ook ingespan om die dam leeg te pomp. Die dam is deur die nag leeggepomp

en Dinsdagoggend vroeg het polisielede, by hul terugkeer na die rioolplaas, gesien die dam is leeg en Nikili se voertuig was sigbaar. Nikili se lyk het op die agterkant van die onderstel van die Volvo gelê. ’n Kombers en bierbottels was in die motor waarin Nikile en sy vriendin hul laaste ure saam deurgebring het. Kabels is ingespan om Nikili teen die steil wal van die riooldam uit te trek. Hierna het die polisieduikers, wat ure lank kniediep in die rou riool moes werk, gehelp om Nikili se motor uit die dam te haal. Die voertuig is met kabels na die kant van die dam getrek, waarna ’n laaigraaf gebruik is om dit teen die wal uit te trek. ’n Skare mense wat sedert Maandag die operasie dopgehou het, het kort nadat die Volvo op sy wiele gekeer, is begin om huiswaarts te keer. Kapt. Stephen Thakeng, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. Geen misdaad word vermoed nie. Die polisie glo Nikili het hom Vrydagaand misreken toe hy naby die dam omgedraai het en teen die skuins wal afgery het.

Paartjie doen aansoek om borgtog, sê glo hulle vrees vir hul lewe Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com

Die paartjie van Virginia wat aangekla word van aanranding, kindermishandeling, poging tot moord en die versuim om aanranding op ’n kind aan te meld, het Maandag (26/06) weer in die Virginia-landdroshof verskyn. Gerrie Martin (49) kon nie borgtog toegestaan word nie, omdat hy nie vir

regshulp kwalifiseer nie en eers sy eie prokureur moet aanstel. Jo-Anne Davis (42), wat intussen gevra is om by haar werk te bedank, het om regshulp aansoek gedoen. Sy sal Woensdag (05/07) in die Virginia-streekshof verskyn. Martin sal weer Maandag (03/07) in die Virginia-distrikshof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Martin was byna onherkenbaar toe

hy met ’n kaalgeskeerde kop in die hof verskyn het en gebukkend gestaan het. Toe die landdros aan hom gevra het wat hom makeer, het Martin gesê dat hy ’n mantelvliesbreuk het. Die paartjie is op Donderdag 15 Junie in hegtenis geneem nadat kennisse die owerhede ontbied het. Daar is vermoed dat hulle kinders in hul sorg erg mishandel.

NEWNEW-VI290617

Dié kinders is in die paartjie se sorg geplaas omdat die biologiese ma nie finansieel na die kinders kon omsien nie. Nadat die berig op verskeie sosiale media-platforms verskyn het, vrees Martin en Davis na bewering vir hul lewe. Die tweejarige kind word steeds in ’n hospitaal in Bloemfontein weens sy beserings behandel.

X1THAGQM-VI040517


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.