Vistanews 20170706 (1)

Page 1

R estaurant Restaurant

Accommodation Accommodation

TEL: 057 352 5430 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Wednesday & Sunday Buffet – Adults –

R65.00 Children – u/10 R25.00

Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large

STILL THE BEST PRICES

R50

NEWNEW-VI270417

0 057-357-1304

Donderdag 6 Julie 2017

www.vistanews.co.za

Gratis

Landdros: ‘Jy’s ’n boelie’

Hof hoor van beweerde kindermishandelaar se aggressie

Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com

“Mense leef in vrees en voel geïntimideer deur u, want u is ’n boelie, u het min mense ontsien,” het landdros Annaria Camphor in haar uitspraak gesê toe Gerrie Martin (49) borgtog geweier is. Martin en sy verloofde, Jo-Anne Davis (42), van Harmony Virginia, word deur klagte van aanranding, kindermishandeling, die versuim om aanranding op ’n kind aan te meld en poging tot moord op ’n tweejarige kind in die gesig gestaar. Martin het Maandag (03/07) in die Virginia-landdroshof verskyn om om borgtog aansoek te doen. Borgtog is egter geweier. Martin, wat vol selfvertroue by die hof opgedaag het, is deur Davis gedurende die borgtogaansoek ondersteun. Die hofsitting kon nie dadelik begin nie, omdat Martin nie ’n regsverteenwoordiger gehad het nie. Na bewering het hy reeds sy werk by die myn verloor en kon hy nie ’n prokureur bekostig nie. Sabata Charlie van Legal Aid is as Martin se regsverteenwoordiger aangewys. Die staatsaanklaer Charmaine Labuschange het aan Martin sy vorige veroordelings voorgelees, wat diefstal, aanranding, verskeie klagte van gesinsgeweld en ’n beskermingsbevel van sy eksvrou, Karen Martin, insluit. Van dié klagte kon hy glad nie onthou nie, en toe onder kruisverhoor het hy vaagweg onthou. In die hof het Martin aangevoer dat hy borgtog moet kry, omdat hy sy werk terug wil hê en omdat hy sy eksvrou en kinders, asook Jo-Anne se pa, kind en kleinkind, moet onderhou. Hy het ook gesê dat hy skuld het om te betaal. Die ma van die mishandelde seun het, met haar twee seuns (onderskeidelik twee en vyf jaar oud), in Februarie by Martin en Davis in Harmony gaan woon.

In die grumishandeling is die tweejarige se kop verskeie kere teen ’n muur geslaan en die kind is ook deur Martin verskeie kere deur sy gesig geklap.

Gerrie Martin in die hof ten tyde van sy borgtogaansoek Maandag (03/07) in die Virginia-landdroshof. Foto: Marti Will

Die ma van die kind was toe werkloos en sy kon nie finansieel na haarself en die twee kinders omsien nie. Sy het egter net drie dae daar gewoon, omdat sy en Davis nie ’n goeie verhouding gehad het nie. Sy het die twee kinders in Martin en Davis se sorg gelos. Deur die hele borgtogaansoek het die hof aangehoor hoe familielede, vriende en kennisse gedurig in konflik met Martin was of deur hom aangerand is. Dit is ook genoem dat Martin meer aggressief was as hy gedrink het en

hy het dit aan die hof erken. Martin het ook aan die hof gesê dat hy die tweejarige slegs gedissiplineer het. Die kind het gereeld glipse in sy broek gehad en daarom het hy hom geslaan. In die grumishandeling is die tweejarige se kop verskeie kere teen ’n muur geslaan en die kind is ook deur Martin verskeie kere deur sy gesig geklap. Martin het dit erken. Hy het sy gewelddadige optrede teenoor die tweejarige kind as ligte tugtiging afgemaak.

Die hof het ook aan Martin verskeie verklarings voorgelees waarin sleutelgetuies verklaar het dat hy hulle of aangerand, geïntimideer het of verbaal mishandel het. Hy het dit as leuens afgemaak. In een van die voorvalle het sy eksvrou verklaar dat hy gedreig het om ’n gasbottel te ontkoppel en die huis met hulle in aan die brand te steek. By een van die getuies in die huidige saak se huis in Welkom het ’n brand drie dae ná Martin se inhegtenisneming uitgebreek. Labuschagne wou weet of dit toevallig is. Die ondersoekbeampte, Liezel Goosen, was die enigste getuie ten tyde van die borgtogaansoek. Labuschagne het ook aan Martin gesê dat sy vrees vir sy lewe. Sy het dreigende Facebook-boodskappe oor hoe die gemeenskap oor hom en dit wat hy gedoen het voel, aan hom in die hof voorgelees. Die hof het gedurende die verhoor Martin se selfoon verwyder, want dit wou voorkom of hy in gesprek met Davis ten tyde van die hofsitting was. Martin het gereeld oogkontak met Davis gemaak en selfs gebare met haar gedeel. By tye het Martin baie gespanne en ongemaklik voorgekom. Hy het homself ook gereeld weerspreek en die meeste van die aanklagte ontken. ’n Emosionele Martin, wat met tye gelyk het of hy huil, het aan die hof gesê hy sal sy onskuld bewys. ) Die tweejarige is uit die hospitaal ontslaan en albei kinders is in ’n plek van veiligheid.

X1THAGQM-VI040517


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanews 20170706 (1) by VistaNews - Issuu