estaurant Restaurant R
Accommodation Accommodation
TEL: 057 352 5430 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet – Adults –
R65.00 Children – u/10 R25.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large
STILL THE BEST PRICES
R50
NEWNEW-VI270417
0 057-357-1304
Donderdag 13 Julie 2017
www.vistanews.co.za
Gratis
Strate ’n mynveld
Munisipaliteit swyg oor verval wat krisisafmetings aanneem
Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
Inwoners in die Goudveld is woedend oor die watervermorsing en die swak dienslewering in die munisipaliteit. Waterpype bars en rioolstelsels oorstroom voortdurend. Donderdag (06/07) is nog ’n voertuig erg beskadig nadat dit in ’n gat in Stateway, Welkom, beland het. Inwoners is duidelik bewus daarvan dat die waterpype en rioolstel-
sels in Welkom dringend aandag moet kry, maar dit kom voor of die munisipaliteit slegs krisisbeheer toepas. Soms word waterlekke herstel, maar ’n dag of wat later bars die pyp weer twee meter verder. Dit is ’n frustrasie waarmee die inwoners daagliks moet saamleef én dit is ’n vermorsing van water. Rioolafvoer is veral laer af in Stateway, Welkom, asook in Thabong en Bronville, ’n groot probleem.
Vrydag (07/07) het riool op die hoek van Koppie Alleenweg en Stateway in die pad af gestroom. In bykans al die woonbuurte is die strate vol slaggate en waterlekke, of inwoners sukkel met rioolafvoerpype wat oorstroom. Vista het op 1 Junie oor dié klagtes berig. Die Matjhabeng-munisipaliteit se woordvoerder, Kgojane Matutle, het toe gesê dat die klagtes so spoedig moontlik ná die begrotingsvergadering aangespreek sou word.
Dié vergadering is op 31 Mei gehou en tot dusver is geen terugvoer gegee oor wanneer, waar en hoe die herstelwerk gaan plaasvind nie. In die begroting van 2017-’18 is daar beplan vir die vervanging van die infrastruktuur. Inwoners wil van burgemeester Nkosinjane Speelman weet wanneer die infrastruktuur herstel gaan word. Teen druktyd het Vista nog op terugvoer van die munisipaliteit gewag.
Inwoners is skrikkerig om in strate te ry waar water of riool in die pad afstroom, omdat hulle nie weet wat die toestand van die pad daaronder is nie.
’n Voertuig het Donderdag (06/07) in ’n gat in Stateway beland. Ná weke dat die water in Stateway afstroom, het die grond onder die teer weggespoel. Foto: Valeska Kruger
Dié vreemde versperring is in Landdrosstraat in Dagbreek opgemerk. Nadat die waterlek herstel is, is die gat toegegooi en dié versperring aangebring.
Dít is die algemene toestand van strate in Welkom. Dié slaggate en waterlekke is in Anthony- en Oswaldstraat in Bedelia, Welkom Foto’s: Verskaf
.
NEWNEW-VI130717
X1THAGQM-VI040517