estaurant Restaurant R
ccommodation A Accommodation
TEL: 057 352 5430 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet – Adults –
R65.00 Children – u/10 R25.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large
STILL THE BEST PRICES
R50
NEWNEW-VI270417
0 057-357-1304
Donderdag 27 Julie 2017
www.vistanews.co.za
Gratis
‘Ek is onskuldig’
Vermeende moordenaar versoek beskerming Alet van der Walt aletta.vdwalt@24.com
’n Vragmotor van die Matjhabeng-munisipaliteit wat vullis verwyder, het op Donderdagaand (20/07), terwyl dit vullis verwyder het, op ’n onverklaarbare manier aan die brand geslaan. Foto: Riaan Stegmann
Vragmotor slaan aan die brand Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@ volksblad.com
’n Vragmotor van die Matjhabeng-munisipaliteit wat vullis verwyder het Donderdagaand (20/07), terwyl dit vullis verwyder het, op ’n onverklaarbare manier aan die brand geslaan. Daar word vermoed dat ’n smeulende kooltjie in die vullis agter op die vragmotor aan die brand geslaan het. Die bestuurder het kopgehou en inderhaas die vullis op die sirkel by The Strip en die Gold-
fields Casino afgelaai sodat die vragmotor nie heeltemal uitbrand nie. Nooddienste was op die toneel en die brand is geblus. Vista verneem dat slegs vier vragmotors tans al die vullis in die hele Matjhabeng-gebied verwyder. Dit is ook die oorsaak dat vullisverwydering nie stiptelik plaasvind nie. Vista het aan die Matjhabeng-munisipaliteit se woordvoerder, Mlungisi Martins, ’n navraag rakende hierdie situasie gestuur en wag op terugvoer.
R599.99
Die vermeende moordenaar van ’n 15-jarige tienermeisie van Hennenman het Maandag (24/07) aan die hof gesê die polisie moet hom beskerm indien hy borgtog kry, want hy is onskuldig. Marelize Nel, vir die staat, het aan Mohau Michael Qethane (24) gesê daar is ’n kans dat die gemeenskap van Phomolong, Hennenman, reg in eie hande kan neem indien hy borgtog sou kry. In antwoord hierop het Qethane gesê die polisie sal hom dan moet beskerm, aangesien hy onskuldig is. Qethane en sy medebeskuldigde, Tsepo Khoto (31), se aansoek om borgtog is Maandag in die landdroshof in Hennenman aangehoor. Die borgtogaansoek is tot Maandag (31/07) uitgestel. Die twee mans, albei bendelede, staan tereg op die moord op en verkragting van Mohodi Sindiswa Dijana (15). Mohodi se lyk is op 30 Maart gekry kort nadat sy van die skool af by haar ouerhuis opgedaag het. Haar broer, Pule, het ná haar van die skool af gekom en gesien die huis se deur staan oop. ’n Broekie was in haar mond gedruk. Sy was verkrag en is moontlik verwurg. Qethane bly in die huis oorkant die moordhuis terwyl Khoto in ’n huis agter Qethane bly. Nel het aan landdros Ian de Villiers gesê die staat se getuies was aanvanklik te bang om verklarings af te lê uit vrees vir bendelede. Van die mense sal nou óf weier om te getuig óf
Medebeskuldigde Tsepo Khoto (31) gedurende die hofverrigtinge in die Hennenman-landdroshof. Foto’s: Verskaf
Mohau Michael Qethane (24) het gesê daar is ’n kans dat die gemeenskap van Phomolong, Hennenman, reg in eie hande kan neem indien hy borgtog sou kry.
reg in eie hande neem indien die mans borgtog toegestaan word. Nel het ’n brief voorgelees wat die gemeenskap van Phomolong aan die staat oorhandig het. Die gemeenskap eis dat die twee mans in aanhouding bly. In die brief sê die gemeenskap hulle sal reg in eie hande neem indien die polisie nie begin om teen bendes in die township op te tree nie. “Ons plekke van veiligheid het plekke van vrees geword en ons sal reg in eie hande neem. “Ons weet waar hulle bly, waar hul uithangplekke is en waar hulle dwelms gebruik. “Ons sal geen ander keuse hê nie as om self ons strate skoon te maak. Ons eis beter polisiëring.
“Die polisie tree ongeërg teenoor die bendelede op en gaan selfs op gemoedelike voet met die bendes om.” Khoto het gesê hy verdien sy vryheid. Nel het vinnig teruggekap en gesê Mohodi het ook ’n lewe verdien. Die mans is sedert 30 Maart in aanhouding. Qethane het aan Nel gesê hulle het op regsadvies hul aansoek om borgtog vroeër laat vaar. Hul prokureur het gesê hulle moet wag dat die stof gaan lê en gemoedere kalmeer en dan aansoek om borgtog doen. Die hof het gehoor dat die DNS-uitslae nog nie beskikbaar is nie en ’n derde verdagte kon nog nie opgespoor word nie. Jack Motete tree namens die beskuldiges op.
R569.99
R669.99 R1999.99 R689.99
R499.99
R749.99
R469.99
R409.99 R559.99
R180 X1TRCPBR-VI270717
X1THAGQM-VI040517