Vistanews 20170810

Page 1

R estaurant Restaurant

Accommodation Accommodation

TEL: 057 352 5430 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Wednesday & Sunday Buffet – Adults –

R65.00 Children – u/10 R25.00

Come Enjoy The Best Buffet Ever.

R50

Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large R50

STILL THE BEST PRICES

NEWNEW-VI030817

0 057-357-1304

Donderdag 10 Augustus 2017

www.vistanews.co.za

Gratis

Boere besorg oor projek

Nuwe mynbouproses kan dalk water besoedel Molly Green molly.green@volksblad.com

Soaring to stardom The TLB Singing Elite Competition Team's youngest star, Lesego Pilane, has won two international first place awards at Talent America in New York. Lesego (14) competed in Talent America, which took place from 4 to 13 July in New York. “Lesego won the categories Pop and Gospel and came second in R&B. She received a special commendation from the judges for her gospel performance and international talent scouts approached her based on her performance and vocal capabilities,” says Tyrell Bazley, vocal instructor and owner of TLB Singing School. “Our little Lesego has achieved the impossible. She beat the Americans in New York to snap up two international first place awards,” says Bazley. Photo: Supplied

Verskeie eienaars wat plase tussen Virginia en Theunissen besit, is bekommerd oor ’n beoogde projek om elektrisiteit deur die vergassing van steenkool op te wek. Dié mynbouproses staan as “underground coal gasification” (UCG) bekend. Dit is ’n betreklik nuwe mynboumetode, maar is al in verskeie ander lande verban. Van die boere voel hulle is nie behoorlik in die saak geken nie. ’n Grondeienaarsforum is begin en Danie Botha van die prokureursfirma Wessels en Smith is aangestel om die boere se belange te beskerm. ’n Inligtingsvergadering is by die Goldfields-wildsplaas gereël. Verteenwoordigers van Vrystaat Landbou, die grondwaterinstituut van die Universiteit van die Vrystaat, Sandvetwater en die Friends of the Earth-groep was ook teenwoordig. Die maatskappy Africary het reeds by die departement van minerale hulpbronne aansoek vir mynbou- en omgewingsbemagtiging gedoen. Dawie Pretorius, voorsitter van die Africary-grondeienaarsforum, meen daar is geen waarborge dat niks fout sal gaan nie en hulle weet nie of grondwater dalk besoedel kan word nie. Die vereniging sien om na die belange van boere wat moontlik deur Africary se mynbouaktiwiteite geraak kan word. Volgens die ingenieur Johan Brand, een van die direkteure

By die vergadering oor ’n mynbouproses is van links Danie Botha (Wessels en Smith-prokureursfirma), Dawie Pretorius (Africary grondeienaarsforum) en Johan Brand (Africary). Foto: Molly Green

van Africary, het die maatskappy reeds sowat R350 miljoen aan die projek bestee. Brand sê hy het navorsing oor UCG gedoen. Net omdat ander soortgelyke projekte misluk het, beteken nie dit kan nie gedoen word nie, meen hy. Volgens Brand het Eskom by sy Majuba-kragstasie ’n soortgelyke projek begin, maar dit was net ’n proefneming en is nie weens probleme gestaak nie. In die Waterberge in Limpopo is ’n UCG-projek gestaak omdat die maatskappy geldelike probleme ondervind en nie omdat daar probleme met die ontginning van steenkoolgas is nie. Brand meen suurstof word ondergronds in ’n pyp gepomp en die steenkool word aan die brand gesteek. Die steenkool kry net genoeg suurstof om te smeul, maar nie te brand nie. Gas wat so beskikbaar gestel word, staan as singas bekend. Dié gas word bogronds met ’n

pyp gevoer waar dit in groot enjins ontbrand word om krag op te wek wat dan aan Eskom verkoop word. Brand meen meer as die helfte van Suid-Afrika se steenkoolreserwes is van so ’n lae graad dat dit nie die moeite werd is om te ontgin nie. Met dié metode kan dit wel ontgin word. Hy glo dié metode is meer omgewingsvriendelik as wanneer steenkool uit die grond gehaal word om verbrand te word. Van die grondeienaars het gevra dat ’n fonds gestig word wat boere kan vergoed as dinge sou skeefloop en hul waterbronne besoedel word. Brand het beloof om met die res van Africary se bestuur te vergader om so ’n fonds te oorweeg. Die boere in die omgewing gaan nie geldelik by die projek baat nie. Dit sal ook nie tot merkwaardige werkskepping lei nie.

387 STATEWAY, DOORN, WELKOM 057 352 1159 082 632 1796 jetdebtcounsellors@gmail.com

HAND IN HAND WE CAN HELP YOU REACH

YOUR FINANCIAL FREEDOM!!

DEBT STRESSED??

WE CAN HELP!!

• CREDITORS HARASSING YOU WITH • REDUCING YOUR MONTHLY INSTALLMENTS PHONE CALLS & LETTERS OF DEMAND? & INTEREST RATES! • STRUGGLING TO MAKE MONTHLY PAYMENTS? • STOP LEGAL ACTION AGAINST YOU! • SCARED OF LOSING YOUR HOUSE OR CAR? • PROTECT YOUR ASSETS!

NO UPFRONT FEES!! FREE CONSULTATIONS!! ALL YOUR MONTHLY ACCOUNTS IN ONE LOWER INSTALLMENT!!!

NEWNEW-VI100817

X1THAGQM-VI040517


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanews 20170810 by VistaNews - Issuu