Restaurant R estaurant
Accommodation A ccommodation
TEL: 057 352 5430 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Wednesday & Sunday Buffet – Adults –
R65.00 Children – u/10 R25.00
Come Enjoy The Best Buffet Ever. Pizza Special (Only Monday-Saturday) - Medium to large
STILL THE BEST PRICES
0 057-357-1304
Donderdag 31 Augustus 2017
Die slaapplek van een van die kinders wat in die plastiekstruktuur moes woon. Foto’s: Verskaf
Basiese higiëne en gesondheidsorg moet volgens die Kinderwet aan elke kind gegee word.
R50
1 ST & 2ND SEPT 2017
D S E L L E LNES C N CA TO IL TONY STEWART E U DTONY DE KING
Limited Seats - R150 Buffet Included.
CALL CAPONERO RESTAURANT - 057 352 5430 FOR BOOKINGS
www.vistanews.co.za
NEWNEW-VI310817
Gratis
Kinders moes in dié plastiese struktuur, wat nie waterdig is nie, slaap. Hulle is in haglike omstandighede op ’n plaas buite Wesselsbron gevind.
Kinders uitgelewer
Seuns en meisies uit haglike werkomstandighede op plaas gered Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
’n Skokkende toneel van kinderarbeid en moontlike slawerny is dié week op ’n plaas net buite Wesselsbron gevind. Minderjarige kinders, asook volwassenes wat onder valse voorwendsels van die Noordwes na die Vrystaat gebring is, is op die plaas Driehoek net buite Wesselsbron in haglike
omstandighede gevind. Weens armoede en die hoë werkloosheidsyfer is mense onder valse voorwendsels vir werksgeleenthede getrek – net om hulself in baie slegter omstandighede te bevind. Die werkers moes na bewering tussen die oorskot van dooie diere woon en werk. Hulle is glo ook vrot vleis gegee om te eet en het party maande slegs ’n salaris van R70
ontvang. Geen minimum loon, soos deur die departement van arbeid voorgeskryf, is aan hulle betaal nie. ’n Klagte van kinderarbeid word teen die 41-jarige boer ondersoek. “Dit is teen die wet om ’n kind van die basiese lewensnoodsaaklikhede soos voeding, voldoende behuising, gesondheidsorg en opvoeding te ontneem,” het ’n ingeligte bron aan Vista gesê. “Dié haglike en onhigiënie-
se toestande is ongrondwetlik.” Kinderarbeid vind oor die wêreld heen plaas en armoede is grootliks die rede waarom kinders gedwing word om in sulke omstandighede te leef. Daar word verneem dat die 22 kinders reeds na ’n plek van veiligheid geneem is. Die saak word deur verskillende owerhede ondersoek. ) Teen druktyd het Vista nog geen terugvoer van die polisie ontvang nie.
Maak reg vir groot Makiti Die grootste fees in Matjhabeng word Vrydag (01/09) en Saterdag (02/09) by die Amari-skool in Welkom gehou. Vista en Radio Rosestad is die mediaborge van die Makiti-kontreifees, wat ’n jaarlikse instelling op die Goudveldse kalender geword het. Die fees bied onder meer ’n groot pretpark, knortjor-ritte (go-carts), bulletjierugby, optredes deur pompon-meisies, volkspele, ’n motorfietsoptog, skoonheidskompetisies, die Sing-’n-slag-sangkompetisie, ’n Strongman-kwalifiseringronde, die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging (SABBS) se Vrystaatse boerboelstreekskou en -keuring, ’n padwedloop van 5 km en 10 km, optredes deur verskeie kunstenaars en ’n groot verskeidenheid stalletjies. Puik Suid-Afrikaanse kunstenaars soos Brendan Peyper, Refentse, Snotkop, Leah, Dillon Lerm en Bok van Blerk tree op. Dillon Lerm (foto), die beskermheer van die fees , het skole in die Goudveld as deel van die Makiti-kontreifees se promosietoer besoek. Hy het ook ’n draai by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus gemaak. Besoek die Makiti-kontreifees se Facebook-blad en Vista Newspaper op Facebook vir meer besonderhede. Foto: Verskaf
387 STATEWAY, DOORN, WELKOM
057 352 1159 082 632 1796 jetdebtcounsellors@gmail.com
HAND IN HAND WE CAN HELP YOU REACH YOUR FINANCIAL FREEDOM!! Cell: 082 744 2974 - 079 372 4425
DEBT STRESSED?? WE CAN HELP!!
• CREDITORS HARASSING YOU WITH PHONE CALLS & LETTERS OF DEMAND? • STRUGGLING TO MAKE MONTHLY PAYMENTS? • SCARED OF LOSING YOUR HOUSE OR CAR?
• REDUCING YOUR MONTHLY INSTALLMENTS & INTEREST RATES! • STOP LEGAL ACTION AGAINST YOU! • PROTECT YOUR ASSETS!
NO UPFRONT FEES!! FREE CONSULTATIONS!! ALL YOUR MONTHLY ACCOUNTS IN ONE LOWER INSTALLMENT!!!
Wood Wholesaler & Carpentry Supplies
OPENING SOON
NEWNEW-VI310817
X1THAGQM-VI040517