Vistanews 20170914

Page 1

PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM 0 5 7 Restaurant Restaurant Accommodation Accommodation 3 5 Weekly Specials (book in Advanced) 2 Wednesday Dinner – Sunday Lunch R65.00 Adults – R25.00 U/10 – No charge U/3 5 Every other day Special Menu include 4 Pizza R50.00 per meal 3 0 New high qualified and experienced chef joins us

0 8 4 5 0 3 7 6 4 8

X1TWD8HM-VI070917

0 057-357-1304

Donderdag 14 September 2017

www.vistanews.co.za

Gratis

Mensehandel ondersoek Arbeidsmakelaar in hof ná skok­ontdekking van volwassenes, kinders Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com

’n Saak van mensehandel, kinderarbeid en slawerny word deur verskeie owerhede teen die arbeidsmakelaar Hendrik Reyneke (41) van Wesselsbron ondersoek. Reyneke, wat vermoedelik gereeld volwassenes en kinders van die Noordwes aangery het om onder valse voorwendsels op verskeie plase in die Wesselsbron-distrik te werk, is Donderdag (07/09) omstreeks 06:00 in hegtenis geneem. Die arbeiders, wat volwassenes en kinders insluit, het in haglike omstandighede gewoon en gewerk. Hulle is ook nie vergoed soos ooreengekom nie en moes met die minimum kos oorleef. Arbeiders in soortgelyke omstandighede is ook buite Kroonstad gevind. Rapport het berig dat die leeus op die plaas Driehoek beter vleis as die werkers gekry het. Die leeus is intussen deur die departement van natuurbewaring van die plaas verwyder. Reyneke wat reeds in die Wesselsbronse landdroshof verskyn het, is in aanhouding en het Woensdag (13/09) om borgtog aansoek gedoen. Mensehandel is ’n ernstige misdaad. Dit is die skending van menseregte van mans, vroue en kinders, en mense wêreldwyd is die slagoffers van dié misdaad. Mensehandel is ook ’n werklikheid in Suid-Afrika en die eerste wetgewing teen dié misdaad is in 2013 onderteken. Die Vrystaatse mensehandeltaakspan is op 26 Mei 2016 begin en is deel van die ondersoekspan. Die voorsitter van die Vrystaatse mensehandeltaakspan, adv. Elsa Smith, moedig die publiek aan om

Volwassenes en kinders, wat onder valse voorwendsels as plaasarbeiders gewerf is, is op die plaas Driehoek en ook op ander plase in die Wesselsbron-distrik gevind. Die arbeiders het in haglike en onhigiëniese toestande op Driehoek gewoon en het in dié plastiekstruktuur geslaap. Nog arbeiders in soortgelyke omstandighede is buite Kroonstad gevind. Inlas: Hen-drik Reyneke (41), ’n arbeidsmakelaar van Wesselsbron, het Woensdag (13/09) in verban nd hiermee in die Wesselsbronse landdroshof verskyn om aansoek om borgtog te doen. Foto’s: Versk kaf

mensehandel dadelik by die owerhede aan te meld en te bekamp. Sy beklemtoon dat mensehandel nie beperk is tot mense wat van een land na ’n ander verhandel word nie. Mensehandel sluit ook mense in wat van die platteland na stedelike of ander gebiede onder valse voorwendsels gelok word (soos in die Wesselsbron-geval). Wanneer iemand deur middel van werwing, geweld, dwang, ontvoering

en misleiding, of op enige ander manier uitgebuit word, word dit as mensehandel beskou. Volgens die wetgewing sluit dit slawerny, prostitusie, kinderprostitusie, pornografie, kinderpornografie, kuber-pornografie, dwangarbeid, kinderarbeid, die verwydering van ledemate en organe, die bevrugting van ʼn vrou met die doel om die baba te verkoop, kinderhuwelike en onwettige aannemings in.

X1TX93XM-VI140917

Die departemente van natuurbewaring, arbeid, maatskaplike ontwikkeling, binnelande sake en verskeie polisie-eenhede ondersoek om die saak, sê kapt. S’fiso Nyakane, woordvoerder van die Valke in die Vrystaat. Skakel 0800-222-777 om enige geval van mensehandel aan te meld. ) Teen Vista se druktyd was Reyneke se hofverskyning, om aansoek vir borgtog te doen, nog nie afgehandel nie.

X1THAGQM-VI040517


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.