Vistanews 20171019

Page 1

0 5 7 3 5 2 5 4 3 0 0 057-357-1304

Donderdag 19 Oktober 2017

0 8 4 Restaurant Restaurant Accommodation Accommodation 5 0 3 Wednesday Dinner – Sunday Lunch 7 R65.00 Adults – R25.00 U/10 – No charge U/3 Every other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal 6 4 8 PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Weekly Special Buffet book in Advance New high qualified and experienced chef joins us

NEWNEW-VI280917

www.vistanews.co.za

Gratis

VS waak teen voëlgriep Een van grootste hoenderplase in provinsie onder kwarantyn geplaas Alet van der Walt

Die departement van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat sê in ’n mediaverklaring dié instansie is ekstra waaksaam nadat voëlgriep op plase in die Goudveld uitgebreek het. Een van die grootste hoenderplase in die Vrystaat is onder kwarantyn geplaas en 400 000 lêhenne op die Harcos-plaas buite Welkom moet nou weens voëlgriep van kant gemaak word. Thys Pottas, een van die eienaars, sê dit is nag. Hy wil nie oor die ramp praat nie. “Ek wil nie somme maak nie. Ek moet meer as 50 mense afbetaal en ek hoor 80 plase oor die land heen is nou met voëlgriep besmet.” Harcos is die tweede grootste eierprodusent in die Vrystaat. Pottas sê die plaas word nou vir twee maande onder kwarantyn geplaas waarna daar weer hoenders aangehou kan word. “Ons sal weer opstaan,” sê ’n ontstelde Pottas. Die plase is tussen Welkom en Odendaalsrus geleë. ’n Woordvoerder van die departement, Zimasa Leputla, sê Pottas het die departement onmiddellik in kennis gestel toe die vrektesyfer van die hoenders skerp gestyg het. Staatsveeartse staan Pottas by en help met die ontsmetting van die hoenderhuise en die vernietiging van die hoenders. Inenting teen die virus word

Twee plase waarop met hoenders geboer word, Harcos en Mooidoorn buite Welkom, is onder kwarantyn geplaas. Harcos is die naasgrootste eierprodusent in die Vrystaat. Foto: Madli Grobbelaar

deur die wet verbied, sê Leputla in die verklaring. Die virus kom in twee vorme voor, naamlik hoogs patogenies of laag patogenies. Die lae patogeniese vorm wys feitlik geen simptome nie, terwyl die hoë patogeniese vorm ’n hoë vrektesyfer veroorsaak. Verskeie voëlspesies, soos tarentale en ander wilde voëls, asook hoenders en kalkoene,

is vatbaar vir die virus. Die virus kan versprei word deur die mis van besmette voëls, asook besmette water, kos, toerusting en klere. Dit kan ook versprei aan voertuie, hoenderhokke en klere wanneer pluimvee of mak voëls tussen plase vervoer word. Hoendervleis wat verkoop word, is veilig vir menslike gebruik, sê die LUR vir landbou, Oupa Khoabane.

Die virus kan ook nie deur eiers versprei word nie. Volgens Leputla het die H5N8-virus sover bekend nog nie ernstige siekte of dood onder mense veroorsaak nie, maar mense wat in noue kontak met ’n groot aantal hoenders is, kan moontlik met die virus besmet word. Mense moet daarop let dat skielike vrektes daarop kan dui dat hoenders met die virus

Welkom: Since 1947

besmet is. Hoenderboere moet streng maatreëls handhaaf, en toegangsbeheer na hoenderhokke en toerusting is baie belangrik. Hokke en toerusting moet ook gereeld ontsmet word. Wanneer onraad vermoed word, moet die departement ingelig word sodat monsters van siek diere geneem en dit vir die virus getoets kan word, sê Leputla.

p.12, 14­15

NEWNEW-VI191017

X1U015A7-VI191017


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.