0 5 7 3 5 2 5 4 3 0 0 057-357-1304
Donderdag 9 November 2017
0 8 4 Restaurant Restaurant Accommodation Accommodation 5 0 3 Wednesday Dinner – Sunday Lunch 7 R65.00 Adults – R25.00 U/10 – No charge U/3 Every other day Special Menu include Pizza R50.00 per meal 6 4 8 PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
Weekly Special Buffet book in Advance New high qualified and experienced chef joins us
X1U3H8AH-VI091117
www.vistanews.co.za
Gratis
Residents ‘jailed’ Marti Will
Five prominent residents from Welkom will be “arrested” early on Saturday (11/11) and will be “incarcerated” at the Welkom flea market from 09:00 to 13:30. “Each accused will be charged and found guilty. “They will only be released from custody when each of the accused has complied with their sentences: 20 units of blood each,” says Alta Pienaar, client services manager of the Welkom branch of the South
African National Blood Service (SANBS). This forms part of the annual SANBS Jail-inBleed-out campaign. “Each accused must find 20 people, or even more, to donate blood on their behalf to ensure their release from jail,” says Pienaar. “One unit of blood saves three lives. We desperately need blood donations. The festive season lies ahead,” she says. Contact Pienaar on 082-419-1461 for more information.
The accused, the accuser, the “fuzz” and the judiciary are from the left, front: Alta Pienaar (South African National Blood Service); middle: Rina de Jonge (OOBA Financial Services), Mandla Xaba (Vista), Marlese Lubbe (business woman), Trudie Bona (business woman), WO Andries Coetzee ("arresting officer”) and Ray Goodsell (judge and Goldfields Hospice chairman); back: Frans Botes (Free State Petroleum Distributers) and Marli Young (general manager: Goldfields Hospice). Photo: Marti Will
Goudveld rou oor Sakkie Geliefde in jagkringe en oudburgemeester sterf skielik weens hart Madli Grobbelaar madli.grobbelaar@volksblad.com
’n Geliefde in jagkringe en oudburgemeester van Hennenman, Izak Abram de Villiers (77), beter bekend as Sakkie, is skielik aan ’n hartaanval oorlede. De Villiers, wat die afgelope 56 jaar op die Goudveld gewoon het, was Donderdag (02/11) besig op sy plaas toe hy inmekaargesak het. Een van sy werknemers het hulp ontbied, maar toe die familie opdaag, was De Villiers reeds dood. “My pa se dood was skielik en onverwags, want hy was nie siek nie. Hy het nog die oggend heerlik aan my ma se ontbyt gesmul,” sê sy dogter Deidrè.
De Villiers is in Excelsior gebore en het daar op die familieplaas Leeuspruit grootgeword. Hy het sy skoolloopbaan aan ’n plaasskool in Excelsior begin en het hom ná gr. 10 by die Tegniese Skool in Ficksburg aangesluit. Direk ná skool in 1958 het hy sy ambag as meganiese ingenieur by Barloworld in Bloemfontein begin. In 1969 het hy sy eie firma, Izak de Villiers Diesel Dienste, gestig en in 1974 het hy Hennenman Bande op die been gebring, waarvan hy drie takke, in Hennenman, Welkom en Virginia, oopgemaak het. De Villiers was ’n welbekende inwoner van Hennenman wat vir sy gemeenskap omgegee het. In die vroeë jare 90 was hy
ook burgemeester van die dorp. Hy het in die Laer- en Hoërskool Hennenman se beheerliggaam en in die kerkraad gedien. Sy groot passie en liefde was jag en die jagtersverenigings waarby hy betrokke was. De Villiers was in 1980 een van die stigterslede van die Vrystaatse Jagtersvereniging in Bloemfontein en die aanvoerder van die Noord-Vrystaatse Jagtersvereniging, wat in 1984 gestig is. Hy het as voorsitter en president van die Vrystaatse én Noord-Vrystaatse jagtersvereniging gedien. In 2016 het hy uitgetree as president van die Noord-Vrystaatse jagtersvereniging en ’n medalje vir 32 jaar se bydrae tot dié tak ontvang. “Dit was sy gunsteling-tydver-
dryf om in die veld op die plaas te ry en tussen die diere te wees. My pa het ook gereeld gaan jag en jagters op sy plase ontvang. Hy was lief vir lees en het ’n groot hart gehad wat nooit kon nee sê nie,” sê Deidrè. De Villiers was met Bessie de Villiers (76) getroud. Die egpaar sou op 16 Desember hul 54ste huweliksherdenking gevier het. Hy word oorleef deur Bessie en sy dogters, Rene van Rensburg (50), Irma de Jager (47), die tweeling Izaan Volschenck en Deidrè de Villiers (42), en Melanie Koch (39). Die egpaar se enigste seun, Izak, is in 2003 oorlede. De Villiers se roudiens sal Saterdag (11/11) om 11:00 in die NG Moederkerk Hennenman in Fouriestraat plaasvind.
X1U3L4GH-VI091117
Izak Abram de Villiers (77), ’n Geliefde in jagkringe en oudburgemeester van Hennenman, beter bekend as Sakkie, is weens ’n hartaanval op Donderdag (02/11) oorlede. Foto: Verskaf
X1U015A7-VI191017