VistaNews 27-09-12

Page 1

Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika

1

Restaurant

NOW OPEN

Come and enjoy our V-Slot entertainment Our famous Wednesday and Sunday Buffet as usual.

1971 - 2012

TEL (057) 357 1304

DONDERDAG 27 SEPTEMBER 2012

GRATIS

Diewe mik vir bussies

Fietsryer se dood ’n skok

DIE afgelope maand was sewe organisasies in Welkom die teiken vir motordiefstal, spesifiek van hul bussies. Daar is by onder meer skole en liefdadigheidsorganisasies se wit Toyota Quantums ingebreek en ses bussies is gesteel. Slegs Amari-skool en Pines Children’s Village se bussies is al opgespoor. Hulle is binne 24 uur ná die diefstal naby die Lesotho-grens gevind. “Die mense het ons heining geknip en die Quantum van die erf afgestoot,” sê die algemene bestuurder van Pines Children’s Village, Phil Carmichael. ’n Lesotho-grenspos het Carmichael verwittig nadat hulle die bussie gestrand op ’n berg gevind het. Hulle het ’n geestelike CD met die pastoor se kontakbesonderhede agterop in die bussie gevind. Philip Scott, die hoof van die Amari-skool, sê dat die slot van die hek waaragter hul bussies gestaan het, geknip is, die valhek is afgesaag en twee van hul bussies is gesteel. Die satellietopsporingstelsel in die bussies kon nie opgespoor word nie. Die polisie by Van Wyksvlei naby Wepener het die twee skoolbussies om 05:00 gesien en hulle voorgekeer. Die drie insittendes het hulself dadelik oorgegee. Verder is ’n bussie elk by die Welkom-Volkskool, die Laerskool St. Helena en die Laerskool Rietzpark ook gesteel. Op dieselfde aand is voorvalle van ’n poging tot diefstal van hul bussies by Morning Star Children’s Centre en die Suid-Afrikaanse Raad vir Alkohol- en Dwelmmisbruik aangemeld. Sgt. Puleng Motsoeneng, woordvoerder van die SAPD in Welkom, het die voorvalle bevestig. Geen verdere inhegtenisnemings is verder uitgevoer nie. “Ons is nie seker of dit dieselfde groep mense is wat die bussies uitsoek en of dit ’n sindikaat is wat aktief in Welkom is nie,” sê sy. “Ons versoek egter organisasies met bussies om seker te maak dat hul voertuie te alle tye veilig toegesluit is.” Die ondersoek duur nog voort.

Kry hartaanval op rit ’n AVONTUURLUSTIGE fietsryer van Welkom is aan ’n hartaanval dood tydens die Karoo-tot-kus-bergfietsuitdaagrit waaraan hy deelgeneem het. Volgens dr. Jack Ackermann wat op die toneel was, het die voorval bo-op die laaste heuwel net voor die eindstreep van die uithourit plaasgevind. Gerhard Myburgh het reeds op sy fiets sy bewussyn verloor toe sy hartklop van 130 af skerp gedaal en skielik gestop het. Medici het tevergeefs probeer om sy lewe langs die pad te red. Dr. Piet du Toit, wat ook self aan die rit deelgeneem het, sê Myburgh het ’n uitsonderlik goeie resies gehad en dat hy dit in ’n goeie tyd sou kon voltooi. “Soms gebeur dit dat fietsryers se hart ritmeversteurings ondergaan,” sê hy. Volgens sy hartmonitor het Myburgh hom nooit tydens die rit ooreis nie en het hy elke heuwel “rustig” aangepak. Vir die Myburgh-gesin was die nuus van die onverwagse afsterwe ’n geweldige skok. “Hy was ’n ongelooflik fikse en gesonde man en het aan elke uithourit moontlik deelgeneem,” sê Myburgh se lewensmaat, Estelle de Wet. “Nooit sou ons kon dink dat dit sy laaste rit sou gewees het nie.”

Accommodation

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, DAGBREEK WELKOM

Myburgh, ’n rotsingenieur van Lukas, Brently & Associates, sal deur sy gesin onthou word as ’n man wat ’n lewenslus gehad het. Hy het elke moontlike sportsoort beoefen: van valskermspring, staptoere, sweefvliegtuie vlieg en skubaduik tot 4x4-ritte, abseil en witwatervaarte. “Ek en my pa het gereeld op Phakisa met ons motorfietse gaan jaag,” sê sy dogter Lynette Uys, “maar fietsry was sy groot liefde.” Die merkwaardige man het ’n groot liefde vir die natuur, geskiedenis en sterrekunde gehad. “Hy kon presies vir ons wys waar elke ster lê,” sê Lynette. En benewens die enigste pak slae wat sy in gr. 4 gekry het, was dié pa sy dogters se beste vriend. “Ons is baie hartseer, maar ons weet dat hy iets gedoen het waarvoor hy so lief was ten tyde van sy dood,” sê Estelle. Myburgh word oorleef deur sy ma, twee dogters en vier kleinkinders. Sy roudiens vind môre om 11:00 uit die Lighuis-bedieninge plaas. Hy sal op ’n familieplaas duskant Edenville begrawe word.

GERHARD MYBURGH tydens die Cape Argus­fietsren vroeër vanjaar.

FREE ENTRANCE 10 TILL

Lots of R10 Specials @ the Bar till 10!

I go U go

We all go 2

See Pages 16 & 17

DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum

The "Perfect Pair" ...

Clearly, you can see the difference

VALUE FOR MONEY

LOOSE DIAMONDS AT AFFORDABLE PRICES

Carat

2x0.10 2x0.18 2x0.20 2x0.25 2x0.30

IGO Open Wed,Thurs,Fri &Sat.

Diamond Earrings Normal Price Colour 9ct White Gold 9ct Yellow Gold 18ct White Gold 9ct White Gold 18ct White Gold

R1 943.00 R2 515.00 R3 571.00 R3 020.00 R6 144.00

083 688 1189

Cash Price

R1 R2 R2 R2 R5

651.00 137.00 999.00 567.00 200.00


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
VistaNews 27-09-12 by VistaNews - Issuu