VistaNewsVI 20180809

Page 1

0 5 7 3 5

PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

Restaurant

Accommodation

Our Full Buffet book in Advance Wednesday Dinner – Sunday Lunch

2 5 Special R79.00 Adults – R30.00 U/10 – No charge U/3 4 Every other day Special Menu include Pizza R59.00 per meal 3 PRICES EFFECTIVE FROM 1 JUNE 2018. 0 We thank you for all your support

0 8 4 5 0 3

7 6 4 8

NEWNEW-VI090818

0 057-357-1304

Donderdag 9 Augustus 2018

www.vistanews.co.za

Gratis

Die polisie in Virginia het Maandag (06/08) skokgranate gebruik om onwettige grondbesetters van Andries Pienaar se plaas Christiana by Virginia te verdryf. Die pad na Winburg is Maandag deur grondbesetters versper kort nadat die polisie hulle van ’n plaas verdryf het. Hulle het die polisie uitgejou. Foto: Alet van der Walt

Vrees heers

Boer bekommerd oor veiligheid nadat grondbesetters sy plase betree Mike van Rooyen en André Damons

Die besetters van ’n boer van Virginia se plaas word nou deur ’n dringende tussentydse hofbevel van die Vrystaatse hooggeregshof verbied om enige van die boer se drie plase in die distrik te betree. Die besetters sê Nkosinjani Speelman, uitvoerende burgemeester van die Matjhabeng-munisipaliteit, het hulle toestemming gegee. Honderde grondbesetters het Maandag (06/08) op Andries Pienaar se plaas Christiana probeer erwe uitmeet om daar te gaan woon. Luidens die bevele wat waarnemende regter Seef Hefer Dinsdagmiddag (07/08) gemaak het, word hulle verbied om enige van Pienaar se plase – Christiana, Dora en Mooiuitzig – sonder sy skriftelike toestemming te betree en te beset.

Hulle word ook verbied om op enige van die plase strukture op te rig. Pienaar sê in ’n hofverklaring dat daar teen Dinsdagoggend geen besetters op sy plaas was nie. “Die situasie kan egter enige oomblik verander. My ander eiendomme is ook in gevaar en ek het beskerming nodig. “Ek vrees nie net dat my eiendom beskadig sal word nie, maar ook vir my eie veiligheid en dié van my plaaswerkers.” Hy sê die gerugte dat ’n plaaslike politikus aan die inwoners van die Meloding-woonbuurt in Virginia gesê het die eiendom is vir ontwikkeling by hom gekoop, is onwaar. Dié politikus het glo gesê die mense kan die eiendom beset en erwe uitmeet. Van die inwoners het Dinsdag buite die Virginia-landdroshof, waar 11 van hul makkers verskyn het, gesê hulle gaan aanhou om die grond, wat langs

hul township is, te beset omdat Pienaar “ ’n ooreenkoms” met die munisipaliteit het. Die 11 het in die hof verskyn nadat hulle die vorige aand in hegtenis geneem is toe die polisie en honderde grondbesetters slaags geraak het. Volgens kol. Thandi Mbambo, provinsiale polisiewoordvoerder, is twee van die mense op borgtog van R500 elk vrygelaat. Die ander nege is egter borgtog geweier omdat hulle nie “hul nasionaliteit kon bewys nie.” Die verhoor is tot Dinsdag (14/08) vir aansoek om borgtog uitgestel. Sowat 500 mense het Maandagoggend die plaas beset en vir hulle erwe begin afmerk. Volgens die inwoners is ’n ooreenkoms met Pienaar in 2013 aangegaan. Hulle meen hy ontduik hulle sedertdien, en Seun Diphoko, nog ’n raadslid, het Sondag (05/08) gesê hulle kan vir hulle erwe uitlê. Sello Motsei, streekskoördineerder

en raadslid van die ANC, het buite die hof gesê hulle het nie self besluit om erwe uit te meet nie, maar dat Speelman en Diphoko gesê het hulle mag. Hulle soek die grond om huise te bou omdat daar te veel mense in die township is. “Ons wil nie baklei nie, ons is vreedsaam en gedissiplineerd. Ons wil saam met die polisie met hom oor die grond praat,” het Motsei gesê. “Hier is meer as 300 mense wat grond vir behuising nodig het. Ons gaan daar erwe uitlê en as daar nie genoeg is nie, gaan ons geduldig wag vir nog grond om beskikbaar te word.” Volgens die inwoners het die grondbesetting “niks met Julius Malema en die EFF of die ANC te doen nie”. Dit gaan net oor hul behoefte vir grond vir behuising. ) Adv. Jannie Lubbe SC het in opdrag van Pieter Schuurman van Hill, McHardy en Herbst-prokureurs vir Pienaar opgetree.

X1URML9H-VI020818


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.