Vista News 20131003

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

Restaurant

Accommodation

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

since

NOW OPEN V-Slot Entertainment

The Goldfields' Choice

Wednesday - Chinese Buffet

Adults - R49-95 Sunday Buffet Children u/10 - R20.00

Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304

DONDERDAG 3 OKTOBER 2013

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

GRATIS

Twee sonder heenkome Verpleegkundige ontferm haar oor paartjie op sypaadjie Molly Green OM uit ’n huis geskop te word en met jou karige besittings op ’n sypaadjie te sit is traumaties. Veral as dit koud is en jy geen ander heenkome het nie. Boonop is daar niemand wat jou kan help nie. Dit is wat met Ben Botha (33) en sy vriendin, Natalie Steyn (32), gebeur het. Hulle sê hulle was drie maande se huur agterstallig. Die eienaar van die huis in Burenstraat, Flamingopark, Welkom, het hulle die Vrydag gewaarsku: Betaal of . . . Maandag is hul besittings uitgedra en is hulle op die sypaadjie gestrand. Nie ver van die plek waar hulle in wind en weer gesit het nie was ’n taverne. “Ons was te bang om te slaap, want ons het nie geweet wanneer die mense ons goed gaan begin wegdra of ons aanrand nie,” sê Natalie. ’n Verpleegkundige van die MediClinic Welkom het haar Maandagaand oor die paartjie ontferm en vir hulle iets te ete en te drinke gevat. Sy het ook geld op Ben se selfoon gelaai en ’n veiligheidsmaatskappy gevra om deur die nag ’n draai daar te gaan maak. Ben het weens afdankings by die Marikanamyn naby Rustenburg sy werk verloor. “Ek soek oral werk, maar kry niks nie. Ons het geen ander heenkome nie. Ons het ook nie familie of vriende wat in staat is om ons te help nie.” Die paartjie het ook drie katte en twee honde wat van hulle afhanklik is.

“Ek soek oral werk, maar kry niks nie. Ons het geen ander heenkome nie. Ons het ook nie familie of vriende wat in staat is om ons te help nie.” – Natalie Steyn Indien mense kan help, kan hulle Ben by 082-383-8805 bel. Lucas van Biljon, die eienaar van die huis, sê die huurders skuld hom huur vir sowat ses maande. Hy het hulle gewaarsku om te betaal, maar niks het gebeur nie. “Ek knap die huis op en is bereid om die paartjie te help.” Hy sê hy het die polisie en welsyn gebel. Indien nodig sal hy hulle help om by ’n plek soos die Eden-bedieninge op Virginia geholpe te raak. Intussen het Natalie se ma gereël dat die paartjie se besittings gebêre word. Hulle kan tydelik by haar bly, maar hulle sal ander blyplek moet kry.

BEN BOTHA en Natalie Steyn met hul karige besittings op die sypaadjie in Burenstraat.

Foto: Molly Green

LUR, munisipale hoës in hof vir wanbestuur PRESIES tien jaar nadat ’n Welkomse ingenieur ’n klag van poging tot moord weens die wanbestuur van riool teen die bestuur van die Matjhabeng-munisipaliteit by die hof ingedien het, het die hofsaak die week in Welkom begin. Dié bestuurslede het vier jaar gelede die eerste keer in die hof verskyn. Dr. Benny Malakoane, Vrystaatse LUR vir gesondheid en ’n vorige munisipale bestuurder van Matjhabeng, is een van die ses beskuldigdes. Koos Davel, ’n ingenieur wat in afval spesialiseer, het voor streeklanddros Johan Bosch getuig nie die polisie in Welkom of op Odendaalsrus wou in 2004 sy klag van oortredings van omgewingswette registreer nie, omdat dié oortredings nie op hul stelsel was nie. Hy het

toe ’n klag van poging tot moord ingedien. “Geskiedkundig is riool die grootste uitdaging van stede wêreldwyd. Ongesuiwerde riool is nie iets waarmee jy kan speel nie.” Davel het getuig hy het elke dag op pad na sy werk, waar hy met die goudmyne se rioolsuiweringsaanlegte te doen gehad het, by die Witpan-aanleg in Welkom verbygery. Hy het besef dit werk nie. By sy seun se skool het hy te hore gekom van sogenaamde rooi krane waaruit leerlinge nie mag drink nie. Dit was gesuiwerde rioolwater vir sportvelde en tuine. Dit het na rou riool geruik. Hy het dit verder ondersoek en besef die suiweringsaanleg in Welkom en op Odendaalsrus is heeltemal buite werking. “Rou riool is deur

kanale verby die suiweringsaanleg gepomp.” Op Odendaalsrus het dié rou riool in die Losdoringspruit beland. Tog was daar talle vee, waaronder melkkoeie, in die vlei. “Riool is die afskeiding van elke menslike wese en almal word daardeur geraak. Riool het nie status, kleur of ras nie. Riool het ’n drastiese invloed op alles in die omgewing. Patogene kan jare lank in die grond oorleef. Dit sit in die vleis en melk van beeste. Dit kan ernstige skade by mense veroorsaak. Dit lei tot tifus, cholera, E.coli, wurms en wurmeiers. “Ek het besef dat dié ongesuiwerde riool op skoolterreine en in parke en sypaadjies in die Goudveld uitgepomp word. Ek het die munisipale bestuurder gebel, maar sy sekretaresse het besluit dit is nie belangrik genoeg om met

hom daaroor te praat nie. “Ek het ’n brief geskryf en ontvangs daarvan is erken. Daar is beloof om dringend aandag aan die probleem te gee. Dit is nie gedoen nie en ek het strafregtelike klagte ingedien.” Die beskuldigdes, wat die betrokke tyd verskillende poste beklee het, is Johannes Motseki (waarnemende munisipale bestuurder), Malakoane (munisipale bestuurder), dr. Dimakatso Moorosi (waarnemende munisipale bestuurder), Maria Tshabangu, Sello Noniso en Vuyo Adonis. Hulle ontken skuld op die hoof- en alternatiewelike aanklagte van die besoedeling van waterbronne. Twee ander munisipale bestuurders wat ook aangekla was, Nkrumah Pitso en Thabo Pietersen, is intussen oorlede.

IGO

083 688 1189

SATURDAY

26 OCT

HALLOWEEN PARTY

DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum

The "Perfect Pair" ...

Clearly, you can see the difference

VALUE FOR MONEY

LOOSE DIAMONDS AT AFFORDABLE PRICES

2x 2x 2x 2x

Carat 0.10 0.26 0.28 0.43

9ct White Gold 9ct White Gold 9ct White Gold 9ct White Gold

Normal Price Cash Price

R1943.00 R5259.00 R5390.00 R8561.00

R R R R

1 4 4 7

850.00 470.00 581.00 277.00


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.