Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
V-Slot Entertainment
The Goldfields' Choice
Wednesday - Chinese Buffet
- R49-95 Sunday Buffet Adults Children u/10 - R20.00
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
DONDERDAG 26 JUNIE 2014
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
since
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
Riool stuur op ramp af
GRATIS
Probleem word al tien jaar lank deur munisipaliteit geïgnoreer Molly Green
RIOOLSUIWERINGSAANLEGTE wat vir jare al nie meer in Matjhabeng bestaan nie, stuur af op ’n ekologiese ramp. By die groot suiweringsdamme is daar nie meer pype nie, kabels is gesteel en elektriese verdeelborde is oopgebreek en geplunder. Vir honderde diere is dié stinkende rioolwater wat na panne en riviere stroom al waarmee hulle hul dors kan les. Nick Nortjé, wat vir 26 jaar vir die Matjhabeng-munisipaliteit gewerk het, sê hy worstel al drie jaar met die probleem en hy kry geen antwoorde nie. “Gaan iets eers aan die probleem gedoen word wanneer siektes uitbreek en mense begin doodgaan?” Hy sê dit is onaanvaarbaar dat dié besmette water na panne en riviere vloei en niks word aan die saak gedoen nie. Intussen sloer die hofsaak teen drie munisipale bestuurders van Matjhabeng en drie lede van die tenderkomitee al geruime tyd. Die saak word op 21 Julie in die landdroshof op Odendaalsrus hervat. Adv. Antoinette Ferreira kla aan en adv. Johan Nel en adv. Willem Edeling verskyn vir die beskuldigdes. Die Matjhabeng-munisipaliteit het reeds in 2004 van die departement van waterwese en bosbou kennis gekry dat met die stukkende rioolsuiweringsaanlegte verskeie wette oortree word. Volgens getuienis wat Sam Dywili, assistent-direkteur van dié departement, reeds gelewer het, het die munisipaliteit geen of weinig stappe gedoen nie om die saak reg te stel. Drie vorige munisipale bestuurders van Matjhabeng en drie lede van ’n tenderkomitee staan tereg op aanklagte van die besoedeling van waterbronne. Hulle ontken skuld. Die eerste klaer het aanvanklik ’n klag van poging tot moord teen die beskuldigdes ingedien. Dywili, wat in 2004 ’n waterbesoedelingsbeheerbeampte in die departement was, het getuig dat hy ná inspeksies self aan die munisipaliteit ’n skrywe oor die stukkende rioolsuiweringsaanleg in Odendaalsrus gerig het. Die aanleg was toe vir sowat ses maande reeds buite werking en ongesuiwerde riool is in die veld gepomp. Luidens die notule van ’n vergadering
’n ELEKTRIESE verdeelbord by die Ther oniasuiweringsaanleg wat oopgebreek en geplunder is.
NICK NORTJE staan hier in ’n straat in Lakeview, Welkom, waar rioolwater opdam. Kinders speel soms in die stink water. Foto’s: Molly Green
VAN die groot aantal beeste wat van rou ri oolwater afhanklik is.
’n OORSTROOMDE pompkamer by Ther onia wat nie meer werk nie.
’n GEDEELTE van die rioolsuiweringsaanleg by Theronia wat buite werking is.
’n RIVIER rou riool vloei na Flamingopan.
wat in 2004 met die Sandvet-opvangsgebied se komitee gehou is en wat Dywili bygewoon het, is verskeie omgewings- en waterwette deur die plaaslike regering oortree. Verskeie klagtes van boere is toe ook reeds deur die departement ontvang. Die beskuldigdes, wat die betrokke tyd verskillende poste beklee het, is Johannes
Motseki (waarnemende munisipale bestuurder), dr. Benny Malakoane (munisipale bestuurder), dr. Dimakatso Moorosi (waarnemende munisipale bestuurder), Maria Tshabangu, Sello Noniso en Vuyo Adonis. Laasgenoemde drie het ’n tender van sowat R11 miljoen aan ’n kontrakteur toegestaan, terwyl hulle geweet het en
gewaarsku is dat hy nie bevoeg is om die werk te doen nie. Hy is later van die onvoltooide terrein weggejaag nadat hy reeds R5 miljoen ontvang het. Lindiwe Hendricks, destyds minister van waterwese en bosbou, het in 2008 reeds weens die stukkende rioolaanlegte in Matjhabeng ’n direktief aan die munisipale bestuur beteken.
IGO
083 688 1189
Open Thurs, Friday & Sat.
KARAOKE THURSDAY - 26 JUNE 2014
Richelieu &Double Coke Single R10
R15
all nite every nite we are open!
Nomination Bracelets
NOW AVAILABLE
DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum