Die Goudveld se keuse sedert
1971
since
The Goldfields' Choice Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
DONDERDAG 10 JULIE 2014
Restaurant
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
V-Slot Entertainment
Wednesday - Chinese Buffet
- R49-95 Sunday Buffet Adults Children u/10 - R20.00 WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
Huise vir minderhede Alet van der Walt
OOR die Vrystaat heen heers daar groot opgewondenheid oor ’n beoogde behuisingsprojek vir minderheidsgroepe. Sandlana Smit het verlede week inwoners van Ventersburg en Hennenman toegespreek. Smit,’n direkteur van die departement van landbou en lid van die premier se ingrypingspan wat probleme in die provinsie moet oplos, is aangestel om ’n behoeftebepaling vir behuising aan minderheidsgroepe te doen. Smit het aan Vista gesê nuwe huise se planne word by die groottes van gesinne aangepas en geen huis kleiner as 55 m2 word meer gebou nie. Huise word meer stylvol beplan. Songeisers en ander omgewingsvriendelike kenmerke is deel van bouplanne. Die gebruik van sonkrag bring energiebesparing vir mense in die lae-inkomstegroepe mee. Die vorms wat minder gegoede mense moet invul, is duidelik vir minderheidsgroepe gemerk en die behoeftebepaling waarmee Smith gelas is, is spesifiek vir minderhede. Mense wat wil aansoek doen en van die voorlopige behoeftebepaling deel wil wees, kan hul naam, van en die dorp waarin hulle bly na 082-974-7990 SMS of na 086-590-9781 faks. Die regering doen tans slegs ’n behoeftebepaling, maar is baie ernstig daaroor om ook aan wit mense, Indiërs en bruin mense huise te voorsien.
SANDLANA SMIT wat deur die provinsiale regering van die Vrystaat aangestel is om die behuisingsbehoefte by minderheids groepe te identifiseer. Volgens Smit is die Vrystaatse regering baie ernstig daaroor om behuising aan minderhede te verskaf. Die hele Vrystaat vorm deel van die opname en net inwoners van die provinsie sal vir be huising kwalifiseer.
Bibberweer wys sy tande ’n WATERSPROEIER het Dinsdagoggend ’n stukkie winterbetowering op die Hoërskool Welkom se sportterrein verseker. Motoriste het ure in Tempestweg gestaan om foto’s van die ysprentjie te neem. Volgens Michael Nethazhani van die Bloemfonteinse weerkan toor sal temperature effens styg, maar ’n volgende kouefront sal teen Sondag sy opwagting maak. Dinsdagoggend het inwoners in Virginia teen die Sandrivier 11°C gemeet. Op Hennenman is 8°C gemeet, terwyl Welkomiete 5°C aangeteken het. Gaan kyk by www.vistanews.co.za na nog foto’s wat inwoners van die koue weer gestuur het. Foto: Alet van der Walt
Wat is jou mening?
Gesels saam op Facebook deur te gaan na Vista Newspaper.
IGO
083 688 1189
Open Thurs, Friday & Sat.
KARAOKE THURSDAY - 10 JULY 2014
Richelieu &Double Coke Single R15
R20
all nite every nite we are open!