Die Goudveld se keuse sedert
1971
Restaurant
V-Slot Entertainment
The Goldfields' Choice
Wednesday - Chinese Buffet
- R49-95 Sunday Buffet Adults Children u/10 - R20.00
Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
DONDERDAG 31 JULIE 2014
Accommodation
TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM
since
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
BEELDMATERIAAL van ’n goue voertuig wat tydens die rooftog by ’n vulstasie naby die huis geparkeer was. Die bestuurder van die voertuig was bykans 50 minute op sy selfoon. Hy kan moontlik die polisie met hul ondersoek help. Foto’s: Sekuriteitsmateriaal
DIE Meyergesin se woning wat Donderdag beroof is.
Foto: Marti Will
DIE man met die blou hemp kan moontlik die polisie met hul onder soek ná ’n rooftog help.
Kind pleit om ma se lewe
“MOENIE my mamma skiet nie.” Dit was die pleidooi van ’n tweejarige toe vier gewapende mans verlede Donderdagaand sy gesin aangeval en ’n geweer teen sy ma se kop gedruk het. Carli Meyer, haar seuntjie, ma en twee tieners is Donderdag omstreeks 19:00 deur gewapende rowers oorval, gedreig, aangerand en bykans ’n uur lank geterroriseer. Carli is oorval toe sy na buite is om haar suster by die hospitaal te gaan haal. “Iemand ’n geweer teen my kop gedruk. Dit is toe dat ek sien dat daar vier mans met vuurwapens is. Hulle het vir my man, Ollie, die bestuurder van ’n vulstasie, gewag en ek het hulle verras toe ek uitkom,” sê sy. Die mans het eers vir Carli buite gevange gehou terwyl hulle die familie binne die huis vasgebind het.
“Dit was drie bruin mans en ’n swart man. Hulle het my huis geken. Hulle het voor die inbraak by ons huis geverf. “Hulle wou weet waar Ollie is. Ek het gesê hy werk laat en hulle was kwaad en het gesê ek moenie lieg nie. Hulle het gesê dat hulle my huis ken, want hulle het daar geverf. Hulle wou weet waar die kluis en die geld is. Een van die mans het deurgaans met iemand op sy selfoon gepraat. Bykans ’n uur is ek op en af in my kamer, badkamer en toe deur die huis gesleep. My seuntjie was die heeltyd in en uit die kamer. Hy het hulle gesoebat om my nie te skiet nie. Hy het my die heeltyd probeer beskerm,” sê Carli. Toe begin hulle na ’n tweede kluis soek. “Die een man het my geklap en geskree ek moet ophou lieg. Hulle het my na die sitkamer gesleep. Een het gesê ek is hardegat. Hy gaan my met die strykyster brand. Hy kon nie die strykyster kry nie en
NEW
@
wou my toe met kookwater brand. “Hulle het my weer kamer toe gesleep en die een het gedreig om my vingers af te sny omdat ek hulle kwansuis nie van die ander kluis wou sê nie. “Weens haar gesondheid is my moeder afhanklik van suurstof. Toe hulle by ons inbars, was sy nie aan haar masjien gekoppel nie. Toe sy na haar asem begin hyg, het die diewe gesê: ‘Vrek, ou vrou, jy gaan nie suurstof kry nie.’ Sy het haar bewussyn verloor.” Carli se susterskind het dit in ’n stadium tydens die huisbraak reggekry om Ollie op sy selfoon te skakel. Dit is toe hy besef het daar is groot fout by sy huis en hy by die vulstasie weggejaag het. Toe Ollie by sy huis aankom, het een van die rowers uitgegaan en hom met ’n vuurwapen aangehou. Die boewe hom weggehou van sy gesin af totdat hulle self daar weg is.
“Die mans is net voor 20:00 weg met Ollie se bakkie en die geld wat hy by hom gehad het. Ek het losgekom en by my bure die polisie gebel,” sê Carli. “Ek het groot lof vir die polisie. Hulle was binne minute by ons. Hulle was baie professioneel.” Ollie se bakkie is net voor middernag in Bedelia teruggekry. Toe Ollie en die polisie ná die rooftog by die vulstasie aankom, het een van die pompjoggies daar vir hulle vertel van ’n man wat amper 50 minute op die parkeerterrein op sy foon gepraat het. “Toe Meneer (Ollie) hier weggejaag het, het hy ingekom en lugtyd gekoop en is toe hier weg,” het die man vertel. Fotobeelde van ’n man is op die veiligheidskameras gekry en sal die polisie moontlik met hul ondersoek kan help. Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie ’n saak van gewapende huisroof ondersoek.
IGO
SIGNS
Marti Will
Open Thurs, Friday & Sat.
KARAOKE THURSDAY - 31 JULY 2014
Stand a chance to WIN a 7 Nite stay for 2 people @ any SA or International 5 Star Hotel 3 Categories ,T & C's Apply
Richelieu &Double Coke Single
BATTERIES
R15
DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum
083 688 1189
The "Perfect Pair" ...
Clearly, you can see the difference
VALUE FOR MONEY
LOOSE DIAMONDS AT AFFORDABLE PRICES
Carat Colour Clarity 0.39 J SI1 0.47 L VS1 0.51 M SI1 1.01 P SI3 1.04 M SI1
Cut RB RB RB RB CUSHION
R20
Normal Price Cash Price
R12 R13 R13 R34 R35
713.00 708.00 999.00 759.00 215.00
R10 R11 R12 R29 R32
806.00 652.00 607.00 545.00 114.00