Vistanewsvi 20140807

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

Restaurant

V-Slot Entertainment

The Goldfields' Choice

Wednesday - Chinese Buffet

- R49-95 Sunday Buffet Adults Children u/10 - R20.00

Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304

DONDERDAG 7 AUGUSTUS 2014

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

Man aangerand Alet van der Walt ROOFTOG, rasvoorval of in die kruisvuur van die vegtende vakbonde Amcu en die NUM? Dít is die vraag waarmee Jan Swanepoel, ’n skofbaas van die Mashimong-myn, worstel nadat twee mans hom ernstig aangerand en beseer het. Een van die mans is glo ’n bekende NUM-lid en ’n werknemer van die Matjhabengmunisipaliteit. Die mans het Swanepoel verlede week op ’n parkeerterrein aangeval. Swanepoel se voet, wat ná ’n mynongeluk byna volkome herstel het, is van voor af beseer en hy kon nie die week terugkeer werk toe nie. Die Swanepoel-egpaar het aan Vista vertel die mans het Jan aanhoudend ’n wit hond en wit vark genoem en gesê hulle gaan hom vrek maak. Swanepoel is by die verteenwoordiging van vakbonde by die myn betrokke en die moontlikheid dat hy in die twis tussen die NUM en Amcu beland het, is ook nie uitgesluit nie. Swanepoel sê hy het skaars op die parkeerterrein naby die ENB-gebou gestop en uit sy motor geklim toe ’n motor wat uit die verkeerde rigting in die eenrigtinglaan op gery het, langs hom gestop het. Die twee mans het uit die voertuig gespring en hom bestorm. Hulle het hom op die grond vasgedruk en een van die mans het hom aan sy keel gegryp en probeer wurg. Terwyl die stoeiery aan die gang was, is hy aanhoudend rassistiese beledigings toegesnou. Jan het losgeruk en by die kantoor van ’n skuldberader ingevlug. Die mans het hom agternagesit en die kantoordeur oopgeruk. Hier het hulle hom weer aangerand en sy hemp heeltemal van sy lyf geskeur. Hy het die mans met traangas gespuit en eers toe het hulle opgehou om hom aan te rand. Nadat die polisie, wat deur ’n omstander gebel is, opgedaag het, is die Swanepoels na die polisiekantoor in Jan Hofmeyrweg om ’n aanrandingsklag te gaan indien. Die mans het ook ’n klag teen Swanepoel ingedien, omdat hy hulle na bewering sonder rede met traangas gespuit het. Die staatsaanklaer het intussen besluit om die saak teen Swanepoel uit te gooi, maar ’n datum is nog nie vir Swanepoel se saak teen die mans vasgestel nie. Walter du Toit, ’n prokureur van Welkom, het aan Vista gesê hy gaan beslis namens Swanepoel ’n siviele eis teen die aanranders instel. Du Toit het ook gesê dit lyk asof alles moontlik gedoen word om te keer dat die mans in die hof verskyn. Die mans se name is aan Vista bekend.

INSTALMENTS TOO HIGH EVERY MONTH? CAN'T AFFORD, RENT, FOOD AND TRANSPORT? SCARED OF HAVING YOUR FURNITURE TAKEN BACK? TOO MANY “UNKNOWN NUMBERS ” PHONE CALLS ?

JAN EN MARIAAN SWANEPOEL het verlede week aan Vista vertel hoe twee mans, van wie een vir die Matjha­ beng­munisipaliteit werk, hom in Wel­ kom aangeval het. Foto: Alet van der Walt

KORT voordat Jan Swanepoel aange­ val is, het dié Toyota teen die verkeer op gejaag en in die ry­ laan gestop. Die in­ sittendes het uitge­ spring en hom aan­ geval.

IS DEBT GIVING YOU A PAIN IN THE HEAD? JUST BRING THESE DOCUMENTS WITH YOU

* ID/ PASSPORT * LATEST SALARY ADVICE * CONTRACT IF MARRIED OUT OF COMMUNITY OF PROPERTY * PROOF OF RESIDENCE * STATEMENT OR ACCOUNT NUMBERS OF ALL KNOWN DEBTS * AS MUCH INFORMATION REGARDING YOUR PERSONAL MONTHLY BUDGET AS POSSIBLE

DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum

WE WILL HELP YOU!!! LET US HELP YOU PAY YOUR DEBT AND HAVE MONEY IN YOUR POCKET EVERY MONTH!!! PAY ALL YOUR DEBT WITH ONE LOWERED INSTALMENT! FREE CONSULTATION LET US HELP FIX YOUR ITC!

GRATIS

Diewe kom moses teë

Rassistiese beledigings toegesnou en geslaan

nt geme a n a M Debt Plan

Accommodation

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

since

Alet van der Walt

BOKSTRAAT in Welkom is een van die berugste “jagplekke” van grypdiewe, maar verlede week het ’n groep dapper vroue en vinnige polisiewerk verseker dat twee van dié misdadigers hul moses teëgekom het. Mari Saaiman het aan Vista vertel hoe sy die slagoffer van grypdiewe geword het toe sy vinnig by ’n onderneming in Bokstraat stilgehou het. Sy het reeds haar voertuig oopgesluit, die regterdeur oopgemaak en ingeklim toe ’n man die deur oopgeruk het en probeer het om haar voertuigsleutels te gryp. Saaiman het die deur toegeruk en begin gil. Die volgende oomblik het ’n tweede man die bakkie se linkerdeur oopgemaak en haar handsak, wat sy pas op die sitplek neergesit het, gegryp. Sy het besef die gegryp na haar sleutels was net ’n slenter om haar aandag af te lei en het histeries om hulp geroep. Omstanders, wat volgens Saaiman meestal vroue was, het haar ondersteun en ’n voertuig van die polisie in die straat voorgekeer. Die polisie het ’n tweede voertuig se hulp per radio ingeroep terwyl van die vroue te voet die mans gejaag het wat in die nabygeleë taxistaanplek ingevlug het. Saaiman het intussen haar man en kinders gebel en hulle het saam met haar gery om die saak by die polisiekantoor te gaan aanmeld. Saaiman vertel sy was nog besig om haar verklaring af te lê toe die polisie met die twee diewe daar aankom. Volgens die polisie kon hulle met hul aankoms by die taxistaanplek aan die bohaai en vroue se gegil hoor dat die twee misdadigers reeds gevang is. Die groep vroue het volgens ’n paar ooggetuies die twee mans vuurwarm geklap en toe aan die polisie oorhandig. Saaiman se handsak met alles binne-in is net so by die twee gevind en aan haar teruggegee. Sy het aan Vista gesê dat haar hand nog seer en gekneus is ná die stoeiery met die een dief en die hele gebeurtenis was vir haar baie traumaties en ontstellend. Saaiman het gesê sy wil die polisie bedank vir die vinnige optrede en die groep vroue wat haar te hulp gesnel het, verdien ook ’n spesiale woord van dank.

IGO

083 688 1189

Open Thurs, Friday & Sat.

Debt Counseling Administration Sequestration ITC Clearance Budget Counselling Voluntary Distribution Estate Planning Financial Advice 387 Stateway, Doorn, Welkom Tel: 057 352 1159 Fax: 086 591 4115 Michael: 079 372 4425 Janine: 082 632 1796 Email: jetdebtcouncellors@gmail.com Michael Botha NCRDC 2372 NCR Registered Debt Counsellor

The "Perfect Pair" ...

Clearly, you can see the difference

VALUE FOR MONEY

LOOSE DIAMONDS AT AFFORDABLE PRICES

Carat Colour Clarity 0.25 G VS2 0.47 L VS2 0.49 G SI2 1.01 P SI3 1.04 M SI1

KARAOKE THURSDAY - 7 AUGUST 2014

Stand a chance to WIN a 7 Nite stay for 2 people @ any SA or International 5 Star Hotel 3 Categories ,T & C's Apply

Richelieu &Double Coke Single R15

R20

Normal Price Cash Price Cut PRINCESS R 4 746.00 R 4 034.00 ROUND R13 708.00 R11 652.00 TRILLIANT R12 786.00 R10 868.00 ROUND R34 759.00 R29 545.00 CUSHION R35 215.00 R32 114.00


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.