Vistanewsvi 20140911

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

since

The Goldfields' Choice Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304

DONDERDAG 11 SEPTEMBER 2014

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

GRATIS

JOHAN CLAASSENS en sy ouma Corrie met die paal wat inbrekers uit die Claassens se groentetuin gevat het. Die paal is gebruik om die diefwering op die inlasfoto oop te dwing. Inbrekers het só helderoordag toegang tot die huis verkry en waardevolle artikels gesteel. Foto: Alet van der Walt

Inbraak nr.18

Claassense versoek hulp om diewe vas te trek Alet van der Walt NÁ 17 inbrake het die Claassens-egpaar gedink hul huis is veiliger as Fort Knox, maar Sondag het diewe die agttiende keer met ’n ses meter lange houtpaal by dié huis in Burenstraat, Welkom, ingebreek. Bertus Claassens, ’n oudburgemeester van Welkom, het Maandag aan Vista vertel hoe hy oor die jare heen deur inbrekers geteister is en telkens bykomende diefwering aangebring en ander voorsorgmaatreëls getref het om inbrake te voorkom. Sondagoggend het Bertus en Corrie oudergewoonte kerk toe gegaan. Hulle het nie die alarm geaktiveer nie, want hulle het net nooit gedink diewe sou in die uur dat hulle weg was,

Vir haar is dit vreeslik om te dink die vreemdes kon met soveel minagting in haar huis rondloop . . . inbreek nie. Ná kerk het ’n baie onaangename verrassing tuis op hulle gewag. Hul drie honde was erg verwilderd en die reusagtige bouvierteef was vol modder soos sy geskop is. In die huis het diewe op soek na waardevolle artikels letterlik alles uit kaste gegooi. ’n Ontstelde Corrie het Maandag vertel hoe huishoudelike ware, persoonlike besittings, klere en linne oor die vloere heen gestrooi gelê het. Vir haar is dit vreeslik om te

dink die vreemdes kon met soveel minagting in haar huis rondloop en deur persoonlike besittings soek. Die skokkendste vir die twee bejaardes was die twee groot kombuismesse wat in die slaapkamers gekry is. Sondagnag het hulle gesukkel om te slaap, want hulle kon nie help om te dink wat sou gebeur het as hulle die misdadigers in die huis betrap het nie. ’n Spitgraaf en pik is ook in die huis gevind. Dit is gebruik om die kluis oop te breek en

twee handwapens en Krugerrande is onder meer uit die kluis geneem. i-Pads, selfone, ’n televisiestel en dekodeerder is ook gesteel. Vriende van die Claassense het Sondagoggend ’n swart sedan buite die huis gesien. ’n Man het iets in die bagasieruim gelaai. Die vriende het aangeneem dit is kuiermense van die Claassense. Bertus het ’n versoek aan inwoners gerig om te help om die inbrekers vas te trek. Hy sal ’n beloning gee indien die skuldiges vasgetrek en in die hof skuldig bevind word. Volgens die mense wat die swart motor gesien het, was die man wat die goed in die bagasieruim gelaai het, lig van gelaat. Dit kan ’n bruin, Indiër- of wit man wees.

Mayor will look into tariff issue THE DA is currently involved in urgent negotiations with the executive mayor of Matjhabeng, Sebenzile Ngangelizwe, to address the illegal electricity tariff increase. Ngangelizwe has undertaken to investigate the tariff debacle and report back to the DA on Thursday. “If the electricity tariff issue is not resolved according to legislation, the matter will be taken further. “The DA will officially notify the public of the outcome of the negotiations and any further steps, if any, by posting on the Vista web page at www.vistanews.co.za by Friday,” says Dr Jan Marais, leader of the Matjhabeng DA caucus. “If no further action is taken, and the matter is successfully resolved, the public will also be notified on this platform.” ) Read letters pertaining to this issue on p 4 of this edition of Vista.

IGO

083 688 1189

Open Thurs, Friday & Sat.

R12 Smirnoff Double Black R14 Double Richelieu R22 & Coke

Amstel Lite

I Go, You Go, We All Go To Igo!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanewsvi 20140911 by VistaNews - Issuu