Vistanewsvi 20141009

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

since

The Goldfields' Choice Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304

DONDERDAG 9 OKTOBER 2014

‘Lastige’ man ontstig kopers

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

GRATIS

Eis kos as mense inkopies doen Molly Green TOE ’n jong man op sy knieë voor haar neergeval en gesmeek het dat sy vir hom en sy honger vrou en kind twee gaar hoenders moet koop, was ’n vrou met ’n sagte hart se eerste gedagte: Ek moet oppas wat ek doen. Leon Schuster se kameras is dalk op my gerig. Van grapjas Schuster was daar geen teken nie en die man wat na drank geruik het, het aangehou om haar te verpes. Die vrou, ’n bekende in Welkom, verkies om anoniem te bly, maar wil ander mense oor die man waarsku. “Ek het toe vir hom gesê ek sal vir hom een hoender en ’n brood koop. Dit is al wat ek kan bekostig.” Die verslonsde man is daar weg. “Met sy terugkoms het hy twee gebraaide hoenders, twee brode, ’n pak met 60 eiers en twee vyfliterhouers vrugtesap by hom gehad wat hy in my trollie wou laai.

DIE man veroorsaak groot onte­ vredenheid by Welkomiete wat hul inkopies doen. Hy steur hom blykbaar nie aan mense wat nee sê vir sy voorbarige eise nie en eis kos en geld van inwoners wat dit dikwels self nie breed het nie. Foto: Verskaf

“Ek het aan hom verduidelik ek kan dit nie bekostig om alles vir hom te koop nie. Ek sal vir één

hoender en ’n brood betaal. “Ek het beskaaf en ordentlik gebly uit vrees dat ek die slagoffer van die Schuster-grap was. “Die man, ek skat hy is in sy vroeë dertigs, het al agter my aangeloop. Ek het vir hom gesê hy moet by ’n kassiere gaan wag. “Toe hy by die betaalpunt gevra is om hom uit die voete te maak het hy gesê ek is sy tannie. “Hy het selfs sy arm om my geslaan. Ek het toe besef hy ruik na drank. “Daarna het hy om elke hoek en draai vir my geloer. “Ek wou nie ’n bohaai in die winkel opskop nie en het maar vir die hoender en brood betaal.” Sy sê ’n veiligheidswag het hom uit die winkel begelei. ’n Ander vrou wat deur dieselfde man lastig geval is, het ’n foto van hom geneem en vir Vista gestuur. Dié vrou sê ’n swanger vrou is ook deur die man lastig geval.

Moments­vier in hof Alet van der Walt

DIE vier beskuldigdes in die Moments-klubsaak is steeds in aanhouding en hul borgtogverhoor word vandag in die Welkomse landdroshof voortgesit. Ao. Mandie Jacobs, die ondersoekbeampte, het Dinsdag getuig dat die staat die aansoek om borgtog teenstaan omdat van die getuies, asook die klaer in die saak, vir hul lewe vrees. Volgens Jacobs is daar inligting dat die beskuldigdes noue bande met Nigeriese dwelmhandelaars

het en daar word gevrees dat hulle met die hulp van die beskuldigdes die klaer of ander getuies leed kan aandoen. Die vier, ’n man en drie vroue, word verdink van verkragting, sameswering tot verkragting, geldwassery, asook die bedryf van ’n bordeel. Die moontlikheid dat nog aanklagte by die klagstaat gevoeg gaan word, is ook nie uitgesluit nie. Die polisie hou op die oomblik ’n wakende oog oor van die getuies terwyl die klaer in die saak, ’n jong vrou, in ’n onbeken-

de plek van veiligheid is. Getuies in die saak word “soos goud opgepas” om seker te maak hulle word nie geïntimideer of aangeval nie. Die saak spruit uit ’n voorval toe ’n jong vrou die polisie gekontak het nadat sy na bewering bedwelm is en die vier gereël het dat sy verkrag word. Die vrou het glo as kroegmeisie by die klub gewerk en wou nie ook as sekswerker diens doen nie. Landdros Magda van der Laan sal na verwagting binnekort in die borgtogaansoek uitspraak lewer.

Brought to book by tactical team THREE “early birds”, policemen of the Thabong Cluster Tactical Response Team (TRT), arrested illegal miners on Tuesday at 04:00. The zama­zamas were waiting for their transport to take them to the mines where they work illegally. The 19 men were lying in the grass near G Hostel and were arrested. Some of them were charged for being illegal immigrants and the mining equipment they had with them was also confiscated. The suspects already appeared in court. Pictured with some of the mining equipment are from the left Constables Motsamai Lebona, Paseka Molifi and Kgothatso Bless of the TRT.

IGO

083 688 1189

Open Thurs, Friday & Sat.

THURS WITH KARAOKE KARAOKE KLEINBOET FERDI FRI 31 OCT

HHalloween alloween Party

4xR500 Bar Vouchers to be won!

Lots of specials @The Bar!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanewsvi 20141009 by VistaNews - Issuu