Vistanewsvi 20141023

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

since

The Goldfields' Choice Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304

DONDERDAG 23 OKTOBER 2014

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

GRATIS

Perstruie vier sege Molly Green DIE Griffons se harde werk, toewyding en sportmangees is beloon toe hulle as die wenners van die eerste liga van die Curriebeker in Welkom gekroon is. Die tjek van R1 miljoen wat die spelers van Absa ontvang het, het die kroon daarop gespan. Dié geld gaan tussen die spelers verdeel word. Dit was ’n harde wedstryd teen die Valke. Die telling het wipplank gery, maar die wedstryd is kort voordat die eindfluitjie geblaas het, met 23-21 in die guns van die Griffons beklink. Die held van die sege was die skrumskakel Boela Abrahams met ’n skepskop deur die pale sewe minute voordat die eindfluitjie geblaas het. Hy het ook aan die begin van die wedstryd ’n drie gedruk wat die skare in beroering gehad het. Die manne van Kemptonpark het nooit gaan lê nie. Die rooi gevaartes het veral met hul verdediging beïndruk. Met die wind van agter het die Valke goeie balbesit in die eerste helfte gehad en hulle het verdien om rustyd met 16-13 voor te loop.

Die Perstruie het egter in die tweede helfte van die wedstryd hul stem dik gemaak. Die afronding was nie watwonders nie en verskeie drieë het verlore gegaan. Dit het in ’n stadium gelyk of dié onvermoë om af te rond die Noord-Vrystaters se ondergang kon beteken. Die telling het 20 minute 20-21 gebly. Die losskakel Louis Strydom, die held in die halfeindstryd, het twee skepskoppe gemis voordat Abrahams in die kol met syne was. Die drie-drukkers van die Griffons was Abrahams en Norman Nelson. Louis Strydom het met twee strafskoppe geslaag en Abrahams met ’n skepdoel. Vir die Valke het Jacques Fourie en Anrich Richter drieë gedruk. Juan Kotze het met ’n doelskop en twee strafdoele geslaag, terwyl Clinton Swart ’n skepdoel deur die pale gestuur het. Die wedstryd is baie goed ondersteun. Die paviljoen aan die noordekant van die Noordwes-stadion was stampvol en die skare het elke oomblik van die wedstryd geniet.

WENNERS. Vir die Griffons was die triomfantelike sege in die eerste liga van die Curriebeker ’n droom wat bewaarheid is. Dit was die eerste keer dat die eindstryd in Welkom gespeel is. Foto: Molly Green

Amptenare in hegtenis Alet van der Walt

DIE sakeman Hen­ nie Steyn se stryd met die elektrisi­ teitsafdeling het Dinsdag daartoe ge­ lei dat drie werkne­ mers formeel in heg­ tenis geneem en voor die hof gedaag is.

DIE munisipale be­ stuurder, adv. Mo­ thusi Lepheane, was volgens gerug­ te Dinsdag nêrens te vinde toe die balju hom en nog drie mu­ nisipale werkne­ mers in hegtenis moes neem nie.

KORT nadat ’n munisipale amptenaar, Adri Reynolds, glo aan ’n werknemer van ABK-Prokureurs gesê het sy voel f*k*l vir ’n hofbevel, moes sy en nog twee kollegas in die Welkomse landdroshof verskyn op ’n aanklag van minagting van die hof. Ná ’n stryd van meer as drie jaar en die ewige geboelie van munisipale amptenare het Hennie Steyn, ’n plaaslike sakeman, vandeesweek besluit genoeg is genoeg en hom tot die hof gewend om dié werknemers in hegtenis te laat neem. Steyn het aan Vista vertel dat sy hoofbrekens begin het toe hy sy onderneming in Vierdestraat, Welkom, verhuur het. Die Matjhabengse munisipaliteit het beweer die huurders het bedrog met meterlesings gepleeg. Kort nadat Steyn weer sy eie onderneming van die perseel begin bedryf het, is die bedrag waarmee bedrog na

bewering gepleeg is by Steyn se rekening gevoeg. Sedert 2011 word Steyn gedurig gedreig dat sy elektriese toevoer ontkoppel sal word omdat hy die munisipaliteit geld skuld. Hy het hom tot die hof gewend om die munisipaliteit te verbied om sy elektrisiteitstoevoer te ontkoppel alvorens die dispuut opgelos is. Ná meer as 20 skrywes, verskeie vergaderings oor die afgelope drie jaar en selfs ’n versoek dat die munisipaliteit hom moet dagvaar, kon Steyn steeds nie die kwessie opgelos kry nie. Gedurige dreigemente dat hy sonder elektrisiteit sal wees, het Steyn tot breekpunt gedryf en Maandag het hy hom tot die hof gewend en landdros Joe Mhlambi gevra om die hofbevel uit te voer en ’n lasbrief uit te reik. Landdros Mhlambi het volgens Steyn nie gehuiwer om ’n bevel vir inhegtenisname uit te reik nie en drie van die vier amptenare is formeel deur die balju in

Goldfields, with Christmas around the corner, we take this opportunity to thank you, for all your loyal support. Lots of Christmas Specials will follow!

hegtenis geneem en voor die hof gebring. Die tweede deel van die bevel het bepaal dat die vier toegesluit sal word indien hul sou weier om voor die hof te verskyn. Die drie, Reynolds, Marius Gouws en die hoof van rekeninge, Tshitso Bofelo, is op waarskuwing vrygelaat. Die huidige munisipale bestuurder, adv. Mothusi Lepheane, was nie gister op kantoor nie, maar moet saam met die ander drie op 4 November in die hof verskyn. Volgens Steyn word sake-ondernemings met driefase-elektrisiteit feitlik deur die bank deur die munisipaliteit ingeloop omdat die berekenings teen ’n faktor van 80 gedoen moet word, maar amptenare gebruik ’n faktor 120 in hul berekenings. Na bewering het Reynolds verskeie kere aan Steyn en sy regsfirma, ABK, gesê “as sy sê sny, dan sny hulle” en sy “voel niks vir ’n hofbevel nie”. Sterker taal is ook meer as een keer gebruik.

IGO

083 688 1189

Open Thurs, Friday & Sat.

BMW E90 W/Rainsensor 49006700

390330

R870

R1100 Taxi Special

TOYOTA QUANTUM

R550 We do Safety Signs

1225x1225mm

NEW GLASS STOCK

3mm Pacic 1220x1830mm R250

HHalal oweenPart weenParty FRI 31 OCT

Lots of specials @The Bar!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanewsvi 20141023 by VistaNews - Issuu