Vistanewsvi 20141030

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

Restaurant

since

V-Slot Entertainment

Wednesday - Chinese Buffet

The Goldfields' Choice

Sunday Buffet

X1PD1LR5-VI301014

DONDERDAG 30 OKTOBER 2014

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

Baba byna gegryp

Ma waarsku ná nagmerrie in winkelsentrum Marti Will “WAS dit nie vir die Here se beskerming en Sy hand oor Boeta nie, sou daardie vrou hom gevat het. Hy sou nou weg gewees het. “So ampertjies was my baba gegryp. Ek kan dit steeds nie glo nie. Dit is onwerklik – soos ’n nare droom,” sê ’n emosionele en geskokte Nadené Randall, ’n jong moeder van Welkom. Haar lewe en haar emosies is nog ’n warboel nadat ’n vreemde vrou Saterdagoggend in ’n besige deel van die Goldfields Mall in Welkom haar seuntjie probeer gryp het waar hy in ’n inkopiewaentjie gesit het. Randall sê haar suster (wat nie haar naam in die koerant genoem wil hê nie) het Boeta (17 maande) by die huis kom haal om hom saam met haar na die inkopiesentrum te neem. Toe hulle verby Ackermans loop, het die seuntjie ’n Mickey Mouse-hemp gesien. “Hy is heeltemal behep met Mickey Mouse en wou ’n hemp hê. My sussie het gaan staan om na die hempie te kyk toe ’n groot vrou haar hard gestamp het. My sussie se hand het nog die waentjie vasgehou, maar die vrou het probeer om die waentjie by haar af te vat,” vertel Randall. “Sy het op die vrou geskree om die waentjie te los en het met alle mag aan die waentjie vasgeklou. Twee ander vroue het my suster kom help. Die vrou is toe daar weg.” Die klein seuntjie het die hele drama deur met groot oë in die waentjie gesit. Randall sê die vrou wat haar baba probeer gryp het, was swart. Sy was baie groot en het ’n bruin rok gedra. Sy het verder ’n swart kopdoek met wit strepe daarop gedra. “My sussie is nie baie groot nie, maar sy het teruggeveg. “Ek is nog baie emosioneel oor wat gebeur het. Wat sou met hom gebeur het indien die vrou hom gevat het? “Boeta is ná die voorval baie omgekrap en het skielik baie ma-vas geword. Hy soek die hele tyd na my en wanneer hy my stem hoor of my sien, moet ek hom optel. Hy wil net by my wees,” sê Randall. “Ek wil mense waarsku om te alle tye op hul hoede te wees. Pas op vir besige plekke, veral wanneer jy ’n kind by jou het.” ) Tanya Lloyd, bestuurder van die Goldfields Mall, het soos volg gereageer: “Ons is besorg oor die voorval die afgelope naweek in Ackermans. Ons is dankbaar dat die vrou en die kind veilig is. “Ons het die kringtelevisie-opnames gemonitor en die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) is as ’n voorsorgmaatreël in

Adults - R49-95 Children u/10 - R20.00

CASH ONLY NO CREDIT FACILITIES AVAILABLE.

Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304

Accommodation

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT DAGBREEK WELKOM

NADENÉ RANDALL met haar baba veilig in haar arms. kennis gestel. “Ongelukkig vind soortgelyke voorvalle daagliks landwyd plaas. “Wees waaksaam en paraat en weet te alle tye waar jou kind is. Dit is die beste voorsorgmaatreël.” ) Kapt. Stephen Thakeng, woordvoerder van

Foto: Marti Will

die polisie in Welkom, sê geen klag is nog in die verband by die polisie ingedien nie. “Die polisie sal dringend met die bestuur van die winkelsentrum vergader om die kringtelevisiemateriaal te bestudeer. “Ons sal met die ma praat sodat sy ’n klag kan indien.”

GRATIS

Man dies while girl is raped WHILE her lover was bleeding to death in the boot of his car, a young woman was repeatedly raped by men in nearby bushes. According to Capt. Stephen Thakeng, the local couple suffered this terrible fate on Sunday when they were sitting in their car in a secluded area near the Saaiplaas Mine. The four attackers, who were on foot, approached the couple and asked for a cigarette lighter. The driver had to start the engine to light the men’s cigarettes for them. The next moment the car was opened with force and the man was overpowered, stabbed and forced into the car’s boot. The suspects drove to another area near the Bambanani Mine. Here they took the 24-year-old woman into the bush where she was raped by two of the men. After raping the woman the men drove back to the first scene at Saaiplaas where they again stabbed the man before both he and his girlfriend were dumped in the veld. The girlfriend sought help from security officers at a nearby stone crusher company. The men immediately called the Virginia police. The police called paramedics, but the man was certified dead on the scene. Members of the Theunissen police spotted a vehicle matching the description given by the raped woman. Constables Alex Mphore and Tshepo Mbewane asked the driver of the Mazda 323 to stop, but he ignored them and the police fired shots at the suspects. One suspect was wounded in his shoulder and another in his leg. The two policemen managed to arrest all four suspects. They have already appeared in court. Thakeng said the victims would not be identified as yet as a sexual crime had been committed and the woman wanted to remain anonymous. He also issued a stern warning to people not to meet in remote areas as it was very dangerous and many people had fallen victim to criminals who roam these secluded mining areas.

IGO

083 688 1189

Open Thurs, Friday & Sat.

FRI 31 OCT

Lots of specials @The Bar! X1PCQMJH-VI301014

Nomination Bracelets

NOW AVAILABLE

DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum

WATCHES

LESS 20%

X1P9H6B6-VI301014


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.