Die Goudveld se keuse sedert
1971
since
The Goldfields' Choice Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304
DONDERDAG 13 NOVEMBER 2014
WWW.VISTANEWS.CO.ZA
GRATIS
DIE Smitegpaar se pioniershuis in St. Helena was meer as 50 jaar die tuiste van Babsie Smit en haar gesin. Hier het sy haar kinders grootgemaak en vir jare by die ou John Williamsmo tors agter haar huis gewerk. Foto: Marti Will
Moord ’n groot slag
Geliefde egpaar in huis aangeval, man dood Alet van der Walt ’n WOLK van beskerming het Vrydagaand om Babsie Smit gevou toe een van haar man se moordenaars op haar afgestorm het. Smit het herhaaldelik gebid dat Jesus haar lewe moet spaar. Die man het haar toe net in ’n kas geprop en saam met sy medepligtige met hul buit gevlug. Skaars ’n week nadat die plaasmoord op Willie Jansen van Rensburg (69) die Goudveld geruk het, is nog ’n bejaarde man vermoor. Jack Smit (78) is deur twee mans met klapmusse oorval terwyl hy in die tuin gewerk het. Hy is die huis ingedwing. Sy vrou, Babsie (78), wat toe reeds
onraad vermoed het, is by die agterdeur oorweldig. Binne het hulle Smit, wat reeds bebloed en erg beseer was, bo-op sy vrou gegooi en geld van die egpaar geëis. Smit is hier verder aangerand en sy gesig is in die aanval so vergruis dat hy gesterf het. Nadat sy ook erg aangerand is en verskeie kere met ’n skerp voorwerp gesteek is, het die aanvallers ’n trommeltjie kontant gebuit en Babsie is in die kas gedwing. Daar was ongeveer R2 000 in die trommeltjie. Die twee moordenaars het op die vlug geslaan en Babsie kon haar seun Riaan Venter bel. Hy het hom na sy ouerhuis gehaas. Venter het aan Vista vertel hy kon onmiddellik sien sy pa is reeds
oorlede en hy het sy ma te hulp gesnel. Sy het op die vloer gelê en erg gebloei. Dit is net ’n wonderwerk dat haar hart nie raakgesteek is nie, het Venter gesê. Smit is in die hospitaal opgeneem waar sy noodbehandeling moes ontvang. Sy is nog erg getraumatiseer en baie emosioneel en was gister steeds in die hospitaal. Klagte van moord, huisbraak en poging tot moord word deur die polisie ondersoek. Die polisie het gevra dat enigiemand wat iets gesien het hulle in die ondersoek kan help. Volgens inligting het ’n wegkommotor in die straat op die aanvallers gewag.
JACK EN BABSIE SMIT is Vrydag laatmiddag in hul huis in St. Hele na aangeval waar Jack vermoor is. Die egpaar woon al dekades in Welkom en is geliefdes in St. Helena waar albei by die NG kerk betrokke was. Babsie was ook ‘n Sondagskoolonderwyser en albei het in die kerkraad gedien. Foto: Verskaf