Vistanewsvi 20150305

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

Restaurant

Wednesday Dinner – Chinese/Italian Buffet

since

Adults –

Adults –

R49.95 Children – u/10 R20.00

Pizza Special (Only Monday-Friday)- Medium

Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika

R39.95 X1PU4VP9-VI050315

DONDERDAG 5 MAART 2015

Winkel beroof

Gebied loop glo gereeld deur

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

GRATIS

Goud én silwer ondanks rooftog Alet van der Walt

Alet van der Walt CLYNTON MORE het gisteroggend (04/03) gedink twee mans wil net vinnig iets by die gesin se snoepwinkel in Virginia koop, maar die volgende oomblik het hy in die loop van ’n rewolwer vasgekyk. Hy het gehoor hoe die wapen oorgehaal word, omgedraai en terug in ’n kantoor in gevlug. Hier het hy egter besef die veiligheidshek is nie gesluit nie en die twee mans kan in elk geval inkom. Met sy hande in die lug het hy gesien hoe die twee mans toe wel deur dié hek inkom en die laai van die kasregister uithaal. Hulle het hom met die oorgehaalde vuurwapen wat in sy rug boor na sy kantoor gedwing waar hulle hom op die grond laat lê het. Hier het die een man die vuurwapen teen sy kop gehou en sy bakkiesleutel en selfoon geneem. Hy moes ook vir die mans wys watter sleutel sy bakkie aansluit. Hy is toe met ’n elektriese verlengkoord vasgebind waarna die rowers gevlug het. Hulle het hom liggies vasgebind en hy kon feitlik onmiddellik loskom en het gesien hoe hulle met sy bakkie wegry. Clynton het by die skrootmetaalonderneming langsaan gaan hulp soek en die polisie is ontbied. Volgens die eienaars van dié onderneming het die twee mans eers by hul winkel rondgedrentel voordat hulle op die More’s se winkel toegeslaan het. Die gesin se onderneming verkoop kringtelevisie-stelsels, hekmotors en ander sekuriteitsprodukte terwyl hulle ook ’n snoepwinkel uit dieselfde gebou bedryf. Die polisie was baie vinnig op die toneel en die gesteelde bakkie is in minder as twee uur in Meloding gevind. Die rowers het met ongeveer

R49.95 Children – u/10 R20.00

Sunday Lunch Full Buffet

The Goldfields' Choice

TEL (057) 357 1304

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT Accommodation DAGBREEK WELKOM

CLYNTON MORE by die hek waardeur die rowers ingekom het om hom met ’n vuurwapen aan te hou. R500 en die selfoon gevlug. Volgens Clynton is die een man besonders lank en skraal gebou en het hulle baie goeie Engels gepraat. Hy glo hulle is Suid-Afrikaanse burgers. Die nywerheidsgebied in Virginia loop blykbaar gereeld

onder misdaad deur. Weens kabeldiefstal het sake-ondernemings hier in die afgelope jaar omtrent net vir ’n maand landlyne gehad. ) Clynton het ’n saak van gewapende roof by die Virginia-polisiekantoor ingedien.

ENKELE ure nadat sy in die nag tydens ’n huisrooftog saam met haar ouers vasgebind is, het Cironka Nel op die sportveld laat waai en twee medaljes ingeoes, een goud en een silwer. Dit is boonop danksy haar komkommerkoel optrede dat sy en haar ouers vinnig hulp kon ontbied. Sy het tydens die rooftog haar foon weggesteek toe sy ’n kans gekry het. Cironka het aan Vista gesê dat sy eintlik ’n koshuisbrak in Hennenman is, maar voor groot sportbyeenkomste huis toe gaan. Haar pa is Ronnie Nel van Ron-se-Gat, ’n gewilde hengeloord aan die Sandrivier. Verlede Woensdagaand (25/02) het Cironka by haar ouerhuis buite Virginia oornag. In die nag het sy wakker geword van iemand wat in haar slaapkamer beweeg. Sy het gedink dit is haar pa wat haar wakker maak sodat hulle kon regmaak om te ry. Hulle moes vroeg opstaan sodat sy aan die Lejweleputswa-distrik-atletiekbyeenkoms kon gaan deelneem. Sy het ingesluimer, maar besef vreemdelinge is in die huis. Drie mans het haar ouers na haar slaapkamer gedwing waar hulle met skoenveters vasgebind is. Die rowers het geld gesoek. Hulle het gesê hulle wou niemand seermaak nie. Een het ’n vuurwapen gehad en die ander messe. Die rowers het op die kluissleutel afgekom en toe niemand Cironka dopgehou het nie, het sy haar selfoon se battery uitgehaal. Sy was bang dat die wekker sou lui of dat ’n boodskap sou deurkom. Die Nel-gesin is met elektriese koorde vasgebind voordat die rowers gevlug het. Vuurwapens, kontant, selfone, ’n Playstation, ’n rekenaartablet en Cironka se energie-aanvullings wat sy vir sport gebruik, is gebuit. Die Nels kon hulself bevry. Cironka het haar selfoon aanmekaargesit en ’n buurman gebel. Die polisie en bure het

CIRONKA NEL (17), ’n leerling aan die Hoërskool Hennenman, het verlede week ondanks die trauma van ’n huisroof twee medaljes op die Lejweleput­ swa­distrik­atletiekbyeenkoms gewen. Sy was verlede jaar die Vrystaat se beste diskusgooier in haar ouderdomsgroep en het ’n vierde plek op die Suid­Afri­ kaanse kampioenskap behaal. vinnig opgedaag. Die rowers het volgens Cironka voor die inbraak agter ’n boom geskuil van waar hul spore reguit na die venster waar hulle ingebreek het, gelei het. By die deur waar hulle uit is, het hulle glo in die myn se rigting gevlug. Die Nels se honde het nie veel geblaf nie en die gesin vermoed die honde ken van die mans. Omstreeks 04:30, ná ’n nag van drama, moes Cironka en haar ma, Ciska, met die bus na Potchefstroom reis. Die Lejweleputswa-distrik-atletiekbyeenkoms het daar plaasgevind. Sy sê sy het maar bewerig gevoel, maar vasgebyt. Sy het ’n goue medalje in die o.19-diskusnommer gewen en in gewigstoot ’n tweede plek behaal. Haar afstande was egter nie so goed soos sy gehoop het nie. Die nag se gebeure spook kort-kort by haar, sê sy. Die polisie in Virginia ondersoek ’n saak van huisroof. Teen druktyd was die rowers steeds op vrye voete. Enigeen wat kan help om die mans vas te trek kan ao. David Dlamini by 082-455-6063 bel.

IGO

083 688 1189

8-10 SPECIALS Black Label, Castle, Double Russian Bear Vodka & Coke, Double First Watch , Double Harriers

ALL R10 each!

FRIDAYTHE

13

TH 13 MARCH PARTY 18 Years on the same premises with the same owner Hendrik us 083 688 1189 Hendikus 083 688 1189

X1PTY5KW-VI050315

JUST JUS T ARRIVED! 9ct White & Yellow Gold Chains

NOW IN STOCK!

DN Smith Jewellers - Juweliers Tel. 057 352 1706 Shop/Winkel 32, WELKOM Checkers Centre/Sentrum

BRING IN THIS ADVERT FOR A SPECIAL DISCOUNT!

The "Perfect Pair" ... Diamond Stud Earrings (All sizes)

LESS 20%

X1PTTYB1-VI050315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Vistanewsvi 20150305 by VistaNews - Issuu