Vistanewsvi 20150312

Page 1

Die Goudveld se keuse sedert

1971

Restaurant

Wednesday Dinner – Chinese/Italian Buffet

since

Adults –

R49.95 Children – u/10 R20.00

Sunday Lunch Full Buffet

The Goldfields' Choice

Adults –

R49.95 Children – u/10 R20.00

Pizza Special (Only Monday-Friday)- Medium

Wenner van die ATKV-mediaveertjie 2012 vir beste streekkoerant in Suid-Afrika TEL (057) 357 1304

TEL: 057 352 5430/9 OR 084 503 7648, PRETORUISSTRAAT Accommodation DAGBREEK WELKOM

R39.95 X1PUXB5R-VI120315

DONDERDAG 12 MAART 2015

WWW.VISTANEWS.CO.ZA

Vyf vas ná rowe

GRATIS

Speurwerk goed Alet van der Walt

DANKSY goeie speurwerk en die samewerking van die gemeenskap is vyf mans ná twee gewapende rooftogte in die Goudveld aangekeer. Vista het verlede week berig hoe Clynton More Woensdagoggend (04/03) by die More’s se onderneming in Virginia met ’n vuurwapen aangehou is. Hy is van kontant, sy bakkie en selfoon beroof. Die bakkie is dieselfde dag teruggevind. Die Donderdagmiddag was die Sandrivier-padstal op die N1 ’n teiken toe twee mans ook hier ’n vuurwapen op die eienaar gerig het. Die een rower het oor die traliewerk by die toonbank gespring, maar die bejaarde eienaar kon darem daarin slaag om ’n paniekknoppie te druk. Sy het toe aan die rowers gesê daar is reeds hulp op pad waarna hulle op die vlug geslaan het. Hulle het egter die vuurwapen en ’n selfoon verloor. Danksy die doeltreffende gebruik van WhatsApp is die boere se veiligheidsnetwerk

in die omgewing blitsig geaktiveer. Die boere het saam met die polisie gewerk om vier verdagtes buite Meloding aan te keer. Vinnige en uitmuntende speurwerk van die Thabonggroep se trio-taakspan onder kapt. Ernest Hantsi het aan die lig gebring dat dieselfde groep mans ook by die rooftog in Virginia betrokke was. ’n Sekuriteitswag van Meloding is by sy huis in Meloding ondervra. More se selfoon en bakkiesleutels is in die man se besit gekry. Die polisie het ook ’n houer met gassilinders en windbukspatrone by die verdagte gekry. Dit is geskik vir die gaspistool wat deur die mans by die stalletjie laat val is. Die vyf mans is tans in aanhouding en het ook reeds in Ventersburg in die hof verskyn. Genl.maj. Lerato Molale het die boere vir hul hulp bedank en gesê sulke goeie spanwerk tussen die SAPD en plaaslike gemeenskappe sal grootliks help om misdadigers te verdryf.

Alet van der Walt ’n MAN wat reeds gevonnis is vir onder meer die besit van kinderpornografie, is gister ook in die hof skuldig bevind aan verkragting en seksuele aanranding. Pierre Booysen (44) is skuldig daaraan bevind dat hy ’n minderjarige kind oor ’n tydperk seksueel gereedgemaak het, haar verkrag het en onsedelik aangerand het. Booysen se slagoffer was tien jaar oud toe hy begin het om haar seksueel aan te rand. Hy het in ’n stadium by die meisie se gesin

Tekkie fun THESE women were excited to be the first to buy their Tekkie Tax stickers from the Goldfields Hospice on Tuesday (10/03). From the left are Audra Visser (Flamingo Rotary), Vanda Gagiano (Free State Women’s Agricultural Union president), Jean Creasey (Goldsec 100 chairperson) and Pauline Mattana. They are showing their support of Hospice by giving their tekkies oomph for 29 May. Profits from the Welkom campaign will directly benefit Goldfields Hospice patients. Purchase your sticker (R10) or funky shoelaces (Tekkie Tags, R30) from the Goldfields Hospice, 58 Montague Street, Bedelia.

Verkragter skuldig

gewoon en kon so sy slagoffer seksueel teister. Die kind het uit vrees nie haar ouers ingelig oor Booysen se dade met haar nie en begin om haarself te sny. Sy het ’n lemmetjie gebruik om haar bene te kerf. Eers toe haar ma haar daaroor konfronteer, het sy haar van die molestering vertel. Dr. Hester Fourie het vir die staat getuig

dat sy die slagoffer geëvalueer het en dat sy wel trauma beleef het. Sr. Mabel Qhathatsi het ook vir die staat getuig dat die slagoffer ou vaginale beserings het wat ooreenstem met haar getuienis oor die gebeure. Die staat het gesê die slagoffer se getuienis was betroubaar, eerlik, geloofwaardig

en bevredigend. Booysen se bewering dat die kind deur haar ouers voorgesê is omdat hulle nie van sy vriendin gehou het nie, is as ongeloofwaardig beskou. Mariaan du Preez het aangekla. Die saak het voor landdros Colin Nekosi verskyn en Fanie van der Merwe was die ondersoekbeampte. Charmaine Labuschagne van die Welkomse hof vir seksuele misdrywe het haar vreugde oor die skuldigbevinding uitgespreek. Booysen word Donderdag (12/03) gevonnis.

IGO FRIDAYTHE 13 MARCH

083 688 1189

13

TH PARTY

8-10Black SPECIALS Label, Castle, Double Russian Bear Vodka & Coke, Double First Watch , Double Harriers

ALL R10 each! Hendrik us 083 688 1189 Hendikus 083 688 1189

18 Years on the same premises with the same owner X1PUYH5D-VI120315

GREAT SAVINGS AT

188 JAN HOFMEYR ROAD WELKOM TEL (057) 396 5543 FAX: (057) 396 3013

X1PUMLQD-VI120315

SEE PAGE 31

X1PV2DEH-VI120315


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.